Lindiwe Sisulu, die minister van verdediging, het ooreengekom om die nodige reëlings te tref, het die Jeugliga en die departement in ‘n gesamentlike verklaring gesê.
Sisulu het die voordele van die program uitgelig en het insette van die Jeugliga ontvang oor hoe diensplig geïmplementeer moet word.
“Die diensplig sal werklose jongmense basiese militêre opleiding en belangrike vaardighede leer om hulle toe te rus vir hul toekoms,” het sy gesê.
“Terwyl hulle twee jaar se basiese militêre opleiding in een van die Suid-Afrikaanse verdedigingsmag se dienste – SA weermag, SA lugmag, SA vloot of SA mediese dienste – ondergaan, sal hulle ook verskeie vaardighede leer en praktiese werkservaring opdoen wat hulle in die toekoms kan gebruik.
Sisulu het bygevoeg dat die program deur tersiêre instellings erken sal word.
