Advies vir munisipale geldsake

Die uwe het self jare gelede Ekonomie op Kovsies geneem, maar, so lyk dit my, is dit uitgediende kennis.

Want met daardie kennis maak die R15 miljoen wat ‘n bankrot munisipaliteit vir sokkerkaartjies uitgegee het met geld wat hy nog uit die inwoners moet wurg, op geen manier sin nie. Skynbaar het die raadslede wat so lekker gesing het: “ We are (very rich) communists” nog nie van die gans wat die goue eiers lê gehoor nie. Of liewer, van die gans weet hulle, maar wat gebeur as hulle die gans slag weet hulle niks.

“Hoes of betaal, is die wet vat nie faal,” is die taal wat die spulletjie se besluite bepaal. Dis nou ander wat moet betaal, want by laaste kennisname voor dit ‘n staatsgeheim geword het was ‘n taamlike rits Vrystaatse raadslede self lekker in die rooi met hul munisipale rekenings. Soos die minister onlangs nog was.

Maar die aankoop van die sokkerkaartjies het my laat dink. Hoekom koop die munisipaliteit nie vir die Curriebekerreeks met elke tuiswedstryd twee miljoen rand se kaartjies nie? Buiten met die Fifa-toernooi, behoort die stadion immers aan die munisipaliteit. Dan is die stadion mooi vol, en die munisipaliteit betaal die geld aan homself. Na tsjôtsjô afgetrek is, sal die munisipale kas steeds heelwat stadiger leegloop.

Elkeen wat ‘n gratis kaartjie kry, moet een slaggat opvul (of alternatiewelik ‘n boom daarin plant) en so sal die stad darem binne die volgende 10 jaar die slaggate in Langenhovenpark opgevul kry, en kan ‘n volgende woonbuurt getakel word.

Die borge spandeer meer en die Rugby-unie glimlag breed en kan dan ‘n groter tjekboek aanskaf.

Trouens, die mense op die pawiljoen spandeer ook ‘n gesonde klomp geld. Soos dié keer toe ek gedink het ons het genoeg geld saamgeneem, en ek net na rustyd ‘n halwe Coke by die klein Oortjies moes konfiskeer om iets oor te hê om vir die arme karwag te kan gee. Daai dag het ek agtergekom: As pa meer aandag aan die rugby skenk as aan sy kleingoed se spandeervermoë is selfs ‘n miljoen rand (sou dit in die eerste plek beskikbaar gewees het) iewers na rustyd al geblaas.

Met die verversingstaks vir die rugby-unie is dit kliphard lag al die pad bank toe.

Dan kan die Cheetahs afrigters bekostig en keer dat sy beste spelers gekoop word.

air flow чисткаФильчаков прокуратура харьков

Magsmisbruik kom sedert swart bewind

Die bewering dat die polisie ingespan is om opposisie elemente van die ANC-Jeugliga teen te staan tydens ‘n party-konferensie in Louis Trichardt in April, het opposisielede aan die gons

Indien dié bewering waar is, kan hierdie gedrag ‘n nuwe era in Suid-Afrika se post-1994 politiek inlei, sê die SAIRA en die DA.

Die Suid-Afrikaanse Polisiediens Wet van 1995 is baie duidelik dat die polisie ‘n nie-partydige rol in Suid-Afrika moet speel.

Koerante in Suid-Afrika het verlede week berig dat die leier van die Jeugliga, Julius Malema, bevel gegee het aan senior polisie-lede om die Limpopo afgevaardigdes te verwyder uit ‘n kieserskonferensie in April wat teen sy leierskap gekant was.

Die afgevaardigdes het bevestig dat dit teenstanders van mnr Malema was wat sy huidige leierskap in die provinsie betwis.

Die polisie het geweld gebruik, en met rubberkoeëls en haelgewere Malema se mededingers uit die byeenkoms verwyder.

Die Demokratiese Alliansie het sedertdien ‘n klag by die Onafhanklike Klagtedirektoraat (OKD) oor die aangeleentheid gelê.

Die adjunk-minister van polisie is ‘n voormalige hoof van die ANC-Jeugliga en ‘n direkte politieke bondgenoot van Malema.

Fikile Mbalula was na bewering teenwoordig by ‘n geleentheid by Malema se huis, waar Malema na bewering ‘n polisiebeampte aangerand het, maar nie opgetree het nie.

Alhoewel die SAIRA, die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasseaangeleenthede, meen dat die polisie se interne dissipline veel te wense oorlaat, en binnekort ‘n verslag daaroor sal vrystel, het toeriste en besoekers aan Suid-Afrika dié week gesê hulle voel veilig.

‘n Aantal joernaliste en Australiese besoekers is wel die afgelope drie weke oorval en in laasgenoemde geval deur buitelanders, maar geen gevalle van moord teen besoekers is aangemeld nie en die buitelandse media is oor die algemeen beïndruk deur die goeie veiligheidstoestande wat oor die land heers en het die polisie vir hul flinke optrede geloof.

Dat die ANC-leierskap tans die polisie inspan om hulle mag te bestendig, is ‘n flouerige afskynsel vanuit Mbeki se bewind.

Die voormalige president het na bewering die intelligensiedienste misbruik om op sy politieke teenstanders te spioeneer en daarmee ‘n baie skadeliker voorbeeld van magsmisbruik gestel.

поверхностный самовсасывающий насос для водыФильчаков прокурор харькова

Maxipers op dreef

‘n Rukkie lank was ons uitgespaar van die neerslag van die Maxipers (Naspers se naweekpers met Max), maar dit slaan nou al hoe meer in felheid toe. Toe Max hom verlede naweek so vir die heroprigting van die Koffierepubliek beywer het, het ek my van kommentaar weerhou. Dié keer vra Max egter die lesers moet, en ek haal aan: “”Ons moet ons eie mense ook begin regwys as hulle twak praat.”

Ek glo Max bedoel ook mense wat twak skryf, en daarom begin ek sommer by Max.

En Max, ek gaan sommer lukraak by ‘n punt begin: Max vra of ons ons kan indink watter uitwerking dit sou hê as georganiseerde landbou môre met ‘n ambisieuse, werkbare plan sou kom vir grondhervorming eerder as om net te kla en ‘n Zimbabwe te voorspel.

Nou, Max, wat dan van die Landboumeesterplan wat onder andere deur pres. Thabo Mbeki en ‘n rits ministers saam met die georganiseerde landbou onderteken is, na lank hieraan gewerk is? Die ink van die handtekeninge was nog nie droog nie, toe ruk die destydse minister, Tôkô, ‘n eensydige braaksel in die Oos-Kaap uit, wat basies alles wat in die “ambisieuse plan” tot niet maak. En Max, by die landbouberade waar ek was, was dit mense van die ANC se kant (swart mense as jy dan nou so behep is om wit gewetens teen swart sentimente op te stel), wat onder groot toejuiging gesê het Mugabe moet na Suid-Afrika gebring word om grondhervorming te dryf. En hoeveel jare het Vrystaat Landbou nie sy mentorprogramme aangebied nie? Maar is deur die regering geminag. En miskien moet jy, Max, bietjie TLU SA se mediaverklarings lees (jy weet, dit wat mens doen om inligting via die geskrewe woord te bekom) eerder as om te teer op vooropgesette idees.

En Max, gaan bietjie kerk toe. Ek lei af dis nie iets wat jy eintlik doen nie, want as jy kerk toe gegaan het, sou jy kennis geneem het van hoe swaar dit ekonomies in wit geledere ook gaan.Diakonale hulpfondse wat uitgeput is, klere insamel, kospakkies wat gevra word… Vra ‘n swart karwag wat sy werk is, en hy sê hy soek nog werk. Vra ‘n wit karwag, en hy sê hy is ‘n karwag. Moenie aanneem die een het werk en die ander nie. En moet nou ook nie met die SAKP-Jeug se redenasies kom oor wit mense wat nog so op apartheid teer en van voorspronge nie. By sommiges is dit stellig so, maar … gaan kyk byvoorbeeld na die gemiddelde gesinsgroottes (ook van die Prez) as deel van ‘n strategie om uit armoede te ontsnap. Gaan kyk byvoorbeeld hoeveel Afrikaners is in diaspora om nie ook hier werkloos te sit nie.

Die misdaadslagofferstorie het ook twee kante. Die plaasaanvalstatistiek is al net so “afgesaag” soos die weergawe dat die swart mense in die swart woongebiede erg onder misdaad deurloop. Vir ingeval jy dit gemis het, of al vergeet het. Die wêreldwye moordsyfer is 5 per 100 000 per jaar, en in Europa maar een. In Suid-Afrika is dit omtrent 40 per 100 000 per jaar maar instansies soos die MNR sê dit is beslis meer. Volgens Interpol is die moordsyfer onder boere en hul gesinslede sowat 300 per 100 000 per jaar.

Jy mag dalk reken dis nou nie iets om oor huis toe te skryf nie, maar tradisioneel word die hoogste moordsyfer vir ‘n identifiseerbare groep ter wêreld as die bruin mans in die Wes-Kaap opgegee. Dit is ‘n reuse 90 per 100 000 per jaar. Dit word aan die aktiwiteite van bendes en die dwelmbendes se “kultuur” toegeskryf, naweek-dronkenskap, mesgevegte. Ag man, jy is mos nou al lank genoeg in daai wêreld om te weet waarna die ouens verwys wat dié soort internasionale statistiek byhou.

Hierteenoor is die boere wat vermoor word mense wat ‘n gewone gesinslewe het, wat Sondae kerk toe gaan (en al verskeie kere na kerk vermoor is), wat reeds vreeslike onkostes aangegaan het om hulsel te beveilig, wat nie met dwelms smous en hulle oor naweke aan drank vergryp nie. En waar daar manne is wat die Oog opsoek, het die moorde uiters selde iets daarmee te make.

Sien jy nou, Max, hoekom jy so in die kol is waar ek jou weer aanhaal: “Onkunde is ‘n gevaarlike ding.”

En Max, jy kan nie sommer vir Malema en sy mede-sangers liggies afmaak nie. Nie as die regering (lees: ANC) appèl aanteken teen ‘n hofbeslissing dat die singery van “Skiet die Boere” op haatspraak neerkom nie.

Nie as die regering ‘n stadion na Peter Mokaba vernoem nie. Jy weet, die man wat “Kill the Boer, Kill the farmer,” ‘n treffer gemaak het. En allerlei lofprysings van hom op Fifa se webwerf laat plaas nie.

Nie as ‘n regering “versoening” verstaan as die proses waar die skikking oor plekname verstaan dat alle name met ‘n Afrikaanse herkoms verwyder moet word, en met die swart name vervang moet word nie. Jy weet, daai name wat in gebruik gekom het na die Koi-San, Griekwas, Korannas en selfs die Voortrekkers al ander name aan die plekke gegee het).

Of Suid-Afrika nou ‘n piesangrepubliek is of nie, sal ‘n mens eintlik eers kan bepaal wanneer Fifa sy besettingsmag onttrek het. Waar Fifa wel nog ruimte laat dat die regering iets kan sê kom die piesangrepubliek retoriek steeds mildelik na vore, soos die planne om ‘n sneltrajeklyn soos die Gautrein van Sasolburg na die Gariepdam te bou. Jy weet, in dieselfde provinsie waar die hof nou al verskeie staatstenders tersyde gestel het en selfs hertoegeken het. Jy weet, die provinsie wat soos die ander gereeld in die nuus is oor hoe dit met die hospitale gaan. Jy woon nou in ‘n provinsie wat nie deur die ANC beheer word nie. Spieks dus fôr jôrself as jy menings oor piesangrepubliekstatus wil uitspreek.

Max, as jy ander rubrieke in Naspers lees as jou eie, en dié van Henry Jeffreys, Zelda Jongbloed en kie, sal jy ook agtergekom het dit deug nie om Antjie Somers na te praat oor ‘n “Beg to be black” nie. Nee, die politieke kultuur – as dit by mekaar wil uitkom – moet nie so bitterlik eensydig beoordeel word nie.

Ai man, daar is “nieu-konserwatiewes” wat net begin reken het jy het nou periodiek die lig begin sien. Lyk my toe hoor jy Piet Croukamp” verwys na nou skryfsels as ‘n “gekerm oor wat verkeerd is” en nou probeer jy weer, soos jou fiksasie met Bram Fischer, weer rooier as die pienkes wees.

Ek hoop regtig iemand wie se goed nog deur Naspers gepubliseer word, maak van die “Reg op repliek” gebruik om jou weer ‘n bietjie op die vingers te tik.

Groete van huis tot huis

(Oepsie, jammer, ek moet dit terugtrek. Mev. Oor sê as ek dit nie uithaal nie, slaap ek koud vanaand, en dis snags nou bitterlik koud in die Vrystaat. (Die ou Oranje-Vrystaat waarin jy grootgeword het, maar nou meer bekend as Potholes. Slaggate, soos die ou wat stilhou om nie die hasie te trap wie se ore by die slaggat uitsteek nie. Toe’s dit al die tyd ‘n donkie).

интернет магазины детских игрушек киевДанильченко

Sokker laat die kômmingeit deurslaan

“Eintlik steun ek Brazil ” sê die dame.

Sy is ‘n kliënt, dus help ek haar nie reg nie. Maar sy staan ook nie alleen nie. In Afrikaans kom hulle hier aan en vertel dat hulle vir Argentina duim vashou, en dat die Bafana darem lekker vir France geslag het.

“Heng,” dink ek. Wyle Pa-Jan het doeriejare gelede al die horries gekry as mense van Latvia, Estonia en Luthiania gepraat het.

Of die mamparra wat die radio-omroeper bel en hom uittrap oor hy van Georgië praat, “terwyl almal weet die plek se naam is Georgia.” Skynbaar heel nuus vir hom gewes dat die ou Sowjet-Unie se amptelike tal nie ook Engels was nie. Njet!

Is dit kômmingeit of onkunde? Miskien iets van altwee.

Nou onlangs het die Vrystaat-Griekwa-krieketbedryfsreg die geleentheid gekry om ‘n meer praktiese naam vir die ou Diamond-Eagles te kry.

En, dag ek, terwyl daar nou vir voorstelle gevra word, sal ek self dink aan iets wat in Afrikaans en Engels dieselfde is. Maar uit die voorbeelde, soos Naait Raaiders, was dit duidelik ek en die krieket-indoenas dink nie op dieselfde golflengte nie. En dit was ook so.

Dus nog ‘n bedryfsnaam op die trant van die Boels, die Taaitins, die Laaijôns, die Boeldoks en ander.

Net fênsie, maar kômmin, kômmin…

Soos die ruimtereekse waar die ruimtereisers enige plek in die heelal kom, en ‘n beskawing ontdek wat Engels praat.

Hierdie Engels-bebliksemdes het oor die algemeen nog nie agtergekom dat Nederland, sy Oranje-storm met mini-rokkies en al, as beduidende faktor ook in die land is nie. Miskien, miskien, sal daar liggies aangaan as mens van Holland (in erg Engels uitgespreek), of the Netherlands praat.

купить роликовые конькиФильчаков прокурор отзывы

U rekening, meneer

Die kostes om die sokkerpartytjie te befonds en die toernooi aan te bied is reeds aangegaan. Finale kostes is nog nie bekend nie, maar strek tussen R40 miljard (40,000,000,000) en R52 miljard (52,000,000,000). Kom ons werk op R40 miljard en ons kyk hoe die rekening daarna uitsien. (2009 SAID-jaarverslagdata verwys.)

– Die R40 miljard kostes is ongeveer 6,40% van die hele land se belastinginvorderings in 2009 (R625 miljard) wat indiwidue en besighede insluit.

– Jan Publiek, die salaristrekkende belastingbetaler, betaal ongeveer 56% van die hele land se belasting (R196 miljard Inkomstebelasting en R157 miljard BTW = R353 miljard uit die total poel van R625 miljard)

– Tussen die Jan Publiek-private-indiwidue is daar ‘n groep van ongeveer 5,7 miljoen indiwidue wat die grootste deel van die inkomstebelasting betaal (R190 miljard van die R196 miljard is jou rekening). Dan is daar nog so 5,6 miljoen mense wat die ander R6 miljard van die R196 miljard dra.

Die ander 33,7 miljoen in die land betaal niks inkomstebelasting (IB) nie; Zero, zilch, geen. Dit volg natuurlik dat almal in die land wat iets koop BTW betaal, ook die 33,7 miljoen wat nie IB betaal nie. Maar per afleiding betaal die gemiddelde ou in die 5,7-miljoengroepie egter baie meer BTW op sy internet, selfoon, kruideniersware, ADT-beskerming, Discovery Health-plan en BMW-paaiemente as die ander ouens wat net BTW op pap en sy BMW-paaiement het. (Terloops, daar is nie eers BTW op pap nie).

Ek stel dit dan aan u, dat die gemiddelde private belasting betaler, d.m.v. BTW en IB, die meerderheid van die kostes in Mzansi moet dra. Nou as jy dit kan erken, insien en besef, kom ons kyk wat jou 56% van die 40,000,000,000 vir jou gekoop het.

– Opgegradeerde en nuwe stadions

– Opgegradeerde lughawens

– Opgegradeerde infrastruktuur deur die land

Jy as private indiwidu het egter geen beheer oor hierdie bates en hulle voordele nie. Dit is in beheer van die staat en sy amptenare (wat gewoonlik hulle gades insluit).

– Hulle sal besluit waarvoor die stadions verder aan gebruik gaan word.

– Die staat sal besluit wie kan vergaderings by die stadions hou.

– Die staat sal besluit wat hierdie infrastruktuur gedoop gaan word.

– Die staat sal die doeanebelastings van die nuwe lughawens ontvang.

– Die staat sal die meerderheid van die voordele vanuit hierdie nuwe infrastruktuur ontvang. Jy gaan nie nou gratis op Loftus kan sit vir die volgende twee jaar omdat jy hom help betaal het nie.

– Dink jy ANC-lede moet toegangsfooie betaal vir ‘n sitplek as hulle ‘n Peter Mokaba-viering in Peter Mokaba-stadion in “Polokwane” bywoon?

Nee man, sê jy dalk vir my. Moenie bekommer nie, die land gaan ‘n klomp geld inkry vanaf buitelanse toeriste. Praat ons dalk van die 300,000 van hulle?

Ok, ok, ok sê die afleweraar van die rekening. Ten minste gaan die land se internasionale beeld gepoets en gevryf word. Dink net aan die ontasbare waarde van die beeld wat uitgedra word. Gaan vertel dit vir die 13 lande wie se spanne, mediaspanne en toeriste reeds beroof is. En ons is nog nie eers halfpad nie. Gaan vertel dit vir die internasionale kykers wat hulle TV’s afsit om die klank van die versoeningstrompet uit hulle ore te kry.

As daar landsburgers is wat gelukkig is met die uitgawes en die aangeskafte bates: “Wonderlik vir julle!” Maar as dit ‘n vrywillige betaling geverg het, twyfel ek sterk of die volle R40 miljard bymekaar gemaak sou kon word. Die klomp hêppie hêppie trompletblasende mense sou maar gesukkel het om die R40 miljard sonder die ander se bydraes bymekaar te maak. So as jy nie vrywillig bygedra het nie, hoe is die geld uit jou uit gekry? Jy is gedwing en subtiel gedreig deur die staat, wat ‘n monopolie op gewapende mag het, om dit te doen. Die skrywers van liefdesbriefies aan juffrou Mandela en meneer Bafana in Naspers se koerante en hulle 33,7 miljoen maatjies het die ander belastingbetalers mooi gewys waar Dawid die wortels gegrawe het.

купить липецк стойки трансмиссионныеАлександр Фильчаков Васильевич

Viva Oranje!

Met dié dat Fifa en die polisie so teë is op jong Nederlandse dames in skrapse oranje rokke, kan ek, as Vrystater, straksies raad gee.

Want sien, oranje het ‘n lang geskiedenis in die Vrystaat.

Die republiek en latere provinsie het lank as die Oranje-Vrystaat bekend gestaan.

Hoewel ‘n Vrystaatse president, vermoedelik om ‘n paar Rijksdaalders te probeer bekom, by die Nederlandse regering gesmous het dat die “oranje” met die Huis van Oranje verband hou, is die werklike geskiedenis dalk nie heeltemal so eenvoudig nie.

Die man wat die Oranjerivier sy naam gegee het, het dit volgens die mees betroubare inligting ter ere van die Hertog van Orange vernoem. Dié deel val vandag in Frankryk.

Die misverstande het nogal verder getrek, sodat die Oranje-Vrystaat se wapen ‘n heel gepaste olienboom op het, maar met die mooiste ryp lemoene aan.

En so ver ek kan agterkom, aard lemoene nie juis in die Vrystaat nie. Die Ore het wel ‘n lemoenboom, gekoester tussen twee suurlemoenbome met ook lemmetjie-takke, maar kom dit by die proeslag is dit ‘n rijksdaalder werp om te bepaal wat is die suurste.

Toe die Vrystaat in die nuwe Suid-Afrika ‘n nuwe naam moes kry, was die mees gepaste voorgestelde naam waarskynlik “Potholes” maar uiteindelik het die “oranje” weggeval.

Toe begin die Cheetahs weer by geleentheid ordentlik rugby speel, en die Vrystaters verf die provinsie behoorlik oranje. Voor die een eindstryd het selfs ‘n paar minnibustaksies in skel-oranje vere gepronk.

En toe kom die Vrystaatse LUR vir Sport en verbied oranje.

Wat rugby betref, het omtrent net die Cheetah-rugbybase gehoor gegee, en is oranje nou maar skraps op Cheetahtruie. Die ondersteuners – kom dit sulke tyd – verf egter die provinsie gereeld oranje.

Nou is Fifa en die polisie so rof op oranje. Die sonde is dat ‘n biermaatskappy wat nié een van Fifa se borge is nie, se kleur oranje is. Dit is ook Nederland se kleur, en die sokkerspan staan as Oranje bekend. Die koningshuios terloops ook, maar ek dink daaraan om vir Geert Wilders in die oor te fluister om tog die kongingshuis af te skaf oor die prins so vuvuzela blaas.

Ons Vrystaters het nou al ‘n paar lesse geleer oor hoe om met ‘n verbod op oranje saam te leef. Dus ‘n paar wenke.

Wanneer die dames aangekeer word, trek die gewraakte rokkies uit, en skree kliphard die polisie wil hulle molesteer. Dié advies is nou wel nie oorspronklik Vrystaats nie. Dit kom van die jong man en sy vrou van Onrus wat onwettig gaan perlemoen duik het. Die man is in sy duikpak onder die water in, en die vrou sit op die rubberbootjie, naby die strand, en kywie hou. Skielik, asof uit die niet, pyl ‘n boot van Operasie Neptune op haar af. Sy het nie tyd om haar man te waarsku nie, en maak ‘n plan B. Sy slinger die perlemoen oorboord, en pluk haar bikini uit, en begin luidkeels ten aanhore van die mense op die strand gil oor die klomp perverte polisiemanne wat op haar afpyl.

Operasie Neptune pluk hul boot om en jaag weg.

Dié dames hoef ook nie ander moeilikheid as die koue te vrees nie. Hulle kan bloot aanvoer dat hulle meegevoer is met die Afrika-karakter van die toernooi. Die kleertjies wat oorbly, selfs as daar niks bo is nie, pas mooi by die Zoeloe-kultuur in.

Maar eintlik is ek meer gesout met pawiljoen-advies vir die manne.

Moenie lemoene (met of sonder brandewyn ingespuit) op die pawiljoen probeer neem nie. Dis oranje, en gaan gekonfiskeer word as jy gelukkig is, of jou in die hof laat verskyn en op R10 000 borgtog vrygelaat laat word as jy minder gelukkig is.

En moenie nartjies op die pawiljoen bring nie. Hulle is ook oranje. Boonop proe biltong veel lekkerder sonder nartjiesous.

En selfs al word die nartjies op die pawiljoene gebring om daggarokers en vuvuzela-blasers mee te pot, moenie. Die oranje tel as verswarende omstandighede. Nee, kom kry by die Ore se huis suurlemoene en lemmetjies. Hulle is geel.

Die suurlemoene is effe sagter as die lemmetjies, wat kliphard is. As ‘n daggaroker die eerste keer sy dampie stook, gooi hom dan nou maar as eerste oortreder met ‘n suurlemoen. As hy nie wil luister nie, span die lemmetjie in. Dis gewaarborg om die gewenste uitwerking te hê. Vir die vuvuzelablasers, gebruik maar uit die staanspoor ‘n lemmetjie.

Viva oranje! Viva Oranje!

автодиагностикаtopcargo отзывы сотрудников

Suid-Afrika se wonderlike water

Vuil waterEk verwys na dié week se TV-insetsel oor water.

Verder heg ek ook hierby aan ‘n foto wat ek vanoggend geneem het; die water – glo dit of nie – kom uit my kraan uit. Nou my vraag vandag aan julle is, sal julle die water drink?

Ek glo nogal nie. Ek het ook reeds die water soos ek hier tik by die wasbak afgegooi, waar ek voel julle program ook hoort. Swak.

Ek koop dan eerder die produkte van Nestlé en Coke, soos ek nou al die afgelope 6 maande doen sedert ons terugkeer van die buitleland, want ek kan nie meer doktersrekeninge bekostig vir die behandeling van maagaandoeninge nie.

Julle aanbieders het ons probeer wysmaak dat die Suid-Afrika se drinkwater so wonderlik is. Ek moet bieg ek het na die eerste paar minute die TV afgesit want daar is ook net soveel propaganda wat een mens kan verduur.

Julle program het oor die jare baie goeie inligting aangebied maar ek reken om deesdae in diens van die SABC-ANC te wees, meng mens nogal moeilik die waarheid met propaganda en is ek van mening dat laasgenoemde keer op keer sal seëvier.

Ten laaste, hierdie e-pos sal nooit die lig sien nie, sou dit wel, drink ek daardie vuil SA water (eerder as om my hoed te eet).

генераторы бензиновыеtopcargo отзывы сотрудников

Sowetodag: Jeugdag of Jigdag?

Met die totstandkoming van die NuweSA het 16 Junie van Sowetodag na Jeugdag verander. Baie lesers weet waarskynlik nie waar dié “mooi” en oënskynlike onskuldige benaming vandaan kom nie!

16 Junie elke jaar verteenwoordig een van die mees onskuldige vakansiedae van die “nuwe SA”. Vir die meeste mense is dit maar net nog ‘n vakansiedag onder die “mooi” naam van Jeugdag! Min mense is daarvan bewus dat hierdie dag een van die bykans 50 name in die Suid-Afrikaanse Kommunisteparty se “South African Revolutionary Calendar” is en eers as  “Soweto Uprising – International Day of Solidarity with the Struggling People of South Africa” bekend gestaan het.

Die benaming van hierdie dag op sigself is agterdogwekkend en verteenwoordig ‘n politieke ideologie en doelstelling! Gedurende 1975/76 is hierdie dag dan ook deur die SAKP misbruik om die sg Soweto-opstande teen Afrikaans in swart skole te organiseer en het daarna as Sowetodag rugbaar geraak. Dié dag het eers sedert 1995 as Jeugdag op kalenders begin verskyn.

Die links-liberale media het gewoonlik ‘n groot ophef van hierdie dag gemaak en dit veral in die jare voor die “groot oorgawe” opgeblaas as die dag waarop die “finale vryheidstryd” begin het. Dit was ‘n klein vonkie wat met ‘n klipgooi en aan die brand steek van motorbande en motors begin het, en uiteindelik gelei het tot ‘n groot vuur wat in hierdie land begin brand het.

Die nadelige gevolge wat hierdie dade vir die swart jeug wat destyds daaraan deelgeneem het in hul latere lewe meegebring het, is tot vandag toe nog nie bereken nie! Die swart jeug wat hulle destyds aan daardie dade skuldig gemaak het, is waarskynlik dié wat in die afgelope aantal jare hul skuldig maak aan gewelddadige misdade soos kapings, bankrowe, moorde, inbrake, ens., omdat hulle destyds touwys gemaak is dat dit die blanke, maar spesifiek die Afrikaner is, wat verantwoordeliik was vir dit waarteen hulle betoog het.

Agter hierdie klipgooi het groot internasionale magte gesit wat daarop uit was om Suid-Afrika en by name die Afrikaner aan ‘n swart kommunistiese sg meerderheidsregering oor te gee. Hulle het die swart jeug op ‘n behendige dog subtiele en bedrieglike wyse gebruik om hul doelstellings te bereik. Alhoewel dit op daardie stadium oënskynlik oor Afrikaans as verpligte vak in swart skole en die benaming “Bantoe-onderwys” gegaan het, het dit in werklikheid oor die “sonde van apartheid” gegaan. Die Afrikaner sou uitgesonder word as die groot “sondaar” en hy sou moes boet vir sy “apartheidsonde”.

Dit is nou bykans ses-en-dertig jaar gelede wat hierdie gebeurtenis plaasgevind het en steeds kan die blanke en Afrikaner nie deur die swartman vergeef word vir iets wat hy nie gedoen het nie. Want Afrikaans was nie verpligtend soos wat die magte wat agter die opsweping van die swart jeug van destyds gesit het, voorgegee het nie. Dit was ‘n vrywillige vak soos wat bv Noord-Sotho in blanke skole was en geen leerling hoef dit te geneem het indien dié nie wou nie. Apartheid was ook nie so boos soos wat hulle dit voorgestel het nie.

Die beheptheid met apartheid en menseregte was niks anders nie as ‘n dekmantel vir die magte wat agter Sowetodag, Sharpevilledag ens., gesit het, ten einde SA voor te berei en in ‘n “nuwe wêreldorde” in te lei. Apartheid van destyds het, in teenstelling met die “nuwe SA” se apartheid, ten minste werk, onderdak, vrede en veiligheid vir alle inwoners van die SA van daardie tyd gebied!

сколько стоит циклевка паркеталобановский депутат

So van hoenders gepraat

Die onlangse rubriek deur dr. Dan Roodt, Wanneer gaan die Afrikaner koers kry? het betrekking. Daarin haal hy vir M.T. Steyn aan wat gesê het: “Om Afrikaners te lei, is soos om ‘n klomp hoenders aan te jaag!”

Die kultuurpolitieke beweging PRAAG, soos ek dit verstaan, strewe die doelwitte van Vryheid, Afrikaner-behoud en die beskerming van Afrikaans na.  Ek assossieer in ‘n mate hiermee en is dus lankal reeds ‘n lid van hierdie kultuurpolitieke beweging en sy forums.  Ek deel nie noodwendig dieselfde sieninge as PRAAG of PRAAG-lede met betrekking tot die belangrikheid van my taal nie en ook nie met die party-verhoudinge wat PRAAG noodgedwonge moet handhaaf met ander organisasies nie.  Maar ek deel wel die enkele grootste ooreenstemmende doelwit van vryheid.

Soos wat die wêreld die afgelope paar jaar ‘n nuwe herlewing begin ervaar in die rigting van sogenaamde regse politiek, in lande soos Nederland, België en selfs Duitsland; is daar ‘n soortgelyke wakker-wording in die arena van ekonomiese beleid en teorie.  Die doktrines en beleide van mense soos John Maynard Keynes, Thorstein Veblen en Alfred Marshall begin al hoe meer krake en gate toon in hulle absolute fondamente.  Die neo-klassieke ekonomiese denke waarop ons welsynstate gebou is word daagliks as gefaald uitgewys.  ‘n Wesenlike rigting-verandering na die amper verlore “Oostenrykse Skool” begin plaasvind.  Die “Austrians”, soos Ludwig von Mises, Murray Rothbard, Henry Hazlitt en meer onlangs, Hans Hermann Hoppe se bekroonde werke begin al hoe meer van ‘n aanklank in vrye lande ervaar.  Hulle teoriëe en doktrines bly steeds uitgesproke en onder druk, maar die verdedging daarvan op eie meriete is onbetwyfeld.

Die laissez-faire ekonomiese beginsels van die Oostenrykse skool bewys, onteenseglik, dat die teenwoordigheid van die staat negatief inwerk op die welvaart en uiteindelike vryheids-doelwitte van ‘n gemeenskap.  Die staat is, en sal altyd oop wees vir onbevoeglike invloed, neig tot korrupsie en on-effektiwiteit.  Die staat het die monopolie op mag in die land en kan deur middel van wetgewing, belasting en gewapende mag enige van ons vryhede “wettiglik” ontneem.  As groep A se eindom onteien kan word om tot voordeel van groep B aangewend te word net omdat groep B vinniger aanteel as groep A, wat is die burokrasie anders as die stelers en die delers alles in een?  As daar sulke arbitrêre bepalings gebruik word om mag te misbruik dan ontstaan daar mos aansporings om:

(i)                  Deel van hierdie besluitnemings groep (die staat ) te wil word sodat jy die een kan wees wat die onteiening kan doen.  Verwys elke staats amptenaar wat al van nepotisme of bedrog aangekla is.  Verwys ook Mugabe se oorlogs-veterane.

(ii)                Hierdie groep te beïnvloed sodat hulle nie joue ontneem nie, maar net jou bure se eiendom.  Sien die algemene rampokker in die land wat sy ANC konneksies verkoop en daaroor spog.  Wat geld bydrae tot die verdediging en bevordering van politici sodat hulle die roede gespaar sal wees.  Wat sy politieke vernuf (nie ekonomiese of industriële vernuf nie) gebruik om tenders te wen.

(iii)               Of om jou eie groepie te stig wat eendag maar net dieselfde wil doen sodat jy van groep A kan ontneem om aan groep C te gee.  Verwys COPE, DA end die MDC.

Het ons soveel van ons vryhede al verloor dat ons dit amper nie eers meer mis nie?  Is die skille al vas gegroei aan ons oë?

Die staat kan tog nie die vryheid van sy burgers beloof of beskerm aan die een kant en dit ontneem aan die ander kant nie?  Jou staat kan tog nie ‘n derde van jou salaris neem, die taal beleid van jou kind se skool voorskryf, jou grond onteien, die arbeidspraktyk van jou besigheid bepaal en dit alles doen onder die dekmantel van vryheid nie?  Boonop is die ander kant van die “kontrak” ‘n kamstige lewering van dienste?  Amper alle ekonomiese doktrines bewys dat sulke dienste beter, goedkoper en meer effektief deur die burgers in ‘n vrye mark gelewer sou kon word as wat die staat dit ooit kan doen.

Elke een van ons weet hoe werk jy met jou eie geld as jy vir jouself iets moet koop (‘n nuwe kar).  Jy lê self-beheersing en oorweging aan die dag.  Jy probeer die meeste vir jou begrote rand kry.

Ons weet ook hoe elke een van ons werk wanneer jy met iemand anders se geld vir jouself iets moet koop (jou baas se kredietkaart vir ‘n werksete).  Jy is nog steeds besorgd oor die uitgawe want jy wil darem ‘n goeie diens / produk vir die geld kry.  Daar is ‘n oorweging om ten minste ‘n goeie voordeel uit die transaksie te trek.  Jy het waarskynlik geen probleem om die R100 van jou baas te spandeer nie, maar jy wil darem iets goeds en ordentliks koop daarvoor.  Jy wil nie R100 spandeer op ‘n brood nie.

Derdens weet ons ook hoe jy met jou eie geld vir iemand anders iets koop (bv ‘n geskenk vir iemand anders).  Jy is nie soseer bekommerd oor wat die produk of diens se kwaliteit is nie, jy wil net nie te veel van jou eie begrote rand spandeer nie.  Jou besorgdheid lê inherent in die koste van die transaksie want dit is tog jou geld.

Die laaste groepie is die groep waarin jou regering, die ANC, jou staat, JZ en Malema val.  Hulle spandeer iemand anders se geld op iemand anders.  Dieselfde besorgdheid oor fondse bestaan nie.  Dieselfde besorgdheid oor die kwaliteit van die diens bestaan nie.  En dit is te verstane.  Dit is die aard en natuur van die staat, alhoewel dit net erger en meer opvallend is in Afrika.  Dit is onafwendbaar dat hierdie koei moet dood gemelk word.  Dit kan nie anders nie.

Nêrens is die bewyse van die Oostenrykste skool so ooglopend soos in die Nuwe Suid-Afrika onder die ANC nie.  Hulle ekonomiese teoriëe voorspel, verduidelik en bewys hoekom die staat ‘n groter vergryping van hulle burgers se eiendom sal moet doen.  Dit sal en moét kummulatief net groter word a.g.v die monetêre en fiskale beleid van die ANC.  Die fiskale en monetêre beleid van die DA sal waarskynlik tot op die letter met dié van die ANC saamstem, met dalkies ‘n groter klem op die kwaliteit van die diens.  Groepe sal egter steeds gepaai moet word, gunsies bekom moet word en die welsynstaat gehandhaaf moet word.  Alles met die belasting-betaler se rand.

Kan jy in Suid Afrika:

–          Jou privaat eiendom en lewe met alle middele tot jou beskikking beskerm?

–          Jou inkomste aanwend soos jyself goeddink?

–          By jou afsterwe, jou inkomste oordra aan jou kinders sonder dat die staat ‘n deel van jou afneem?

–          Diamante op jou eiendom ontgin en vir jouself hou?

–          ‘n Selfoon network begin sonder goedkeuring van ‘n staatsamptenaar?

–          ‘n Arbeidskontrak met die proliteriaat sluit op terme wat vir julle aanvaarbaar is?

–          Sê wat jy wil en publiseer wat jy wil?

En ons dink ons het vryheid?

As ek by dr Roodt se aanhaling van MT Steyn mag leen, is die klomp hoenders heeltemal te deur die mis.  Die blanke Afrikaner in Suid Afrika gaan verseker nie enige tyd homself uit sy verknorsing probeer loswikkel nie.  Nie vir sy geloof, sy taal, sy gesin se veiligheid of enige iets anders nie.  Hy sal dit net doen as sy lewensmiddele en inkomste finaal bedreig word.  Die hoenders se mieliepitte moet eers opraak.  Ons wil eers voel voor ons hoor.

рефрижераторныйЛобановский

Brief aan Tim du Plessis van Beeld

Hallo Tim

Ek wou eintlik vanoggend op jou eie koerant se webwerf reageer, maar die kommentaar is gesluit.

Jy skryf: “Ons gaan aanhou berig oor ander groot gebeure.” Dié rubriek is ook by ons in Volksblad geplaas.

Vanoggend gaan koop ek en Pumba die Volksblad by die keraats op die hoek. Dit het taamlik gereën, en sulke haele geval, en benewens die ou slaggat in ons woongebied se “hoofstraat” wat vanoggend soos ‘n binnelandse meer lyk, het daar ‘n entjie weg nog een ontstaan. Dit maar terloops. Ek het in ‘n tuiskoerant gelees die munisipaliteit betaal nie die teermense nie, en dus kan slaggate, oues en nuwes, nie meer reggemaak word nie.

Gelukkig is Pumba ‘n boerboel, want die spanjoel wat ons gehad het sou onderweg, en op pad terug, eers in die slaggate wou waad. Met die lang ore wat so uitgesprei langsaan uitsprei soos dit van die klosse op die water dryf.

By die huis gaan ek deur die Volksblad. Teen dié tyd het ek darem geweet wat die uitslag van die Bafana-wedstryd was, en het ek al self vir ‘n publikasie ‘n wedstrydverslag gestuur. In Engels.

Maar “aanhou berig oor ander groot gebeure” soos jy geskryf het?

Oornag het die buitelandse besoekers blykbaar immuun teen misdaad geword, soos met die Konfed. Toe was die enigste buitelanders wat onheil op die lyf geloop het die besoekers wat saam met die Britse en Ierse Leeus getoer het, en waarvan ‘n mens dikwels maar in oorsese koerante moes lees (jy weet, met die internet en die “alewige blogs”).

Vanoggend se Volksblad laat my dink aan die blonde buurvrou wat vanoggend kom verneem het of daar dan iets aan die gang is. Sy luister nie nuus nie, want dis so “depressing” en is baie verbaas as sy hoor iemand koop nog ‘n koerant.

“Dis net slegte nuus.” Mens is skoon verbaas haar hare bly so blond van die volstruispolitiek.

“Hoekom is daar so ‘n geraas? Asof iemand op iets blaas wat so ‘n aaklige geluid maak. “

Ek wikkel my weg by die rekenaar en die internet. Ek het pas na ‘n taamlike soektog darem die uitslag en wedstrydverslag van die sokkerwedstryd tussen Frankryk en Uruguay gekry. Gelykop. Dié wedstryd se uitslag is vir die Bafana net so belangrik soos die een wat in Soccer City gespeel is, want al het Zuma nie daar Mandela se boodskap gelees nie, is daardie twee spanne in dieselfde groep as die Bafana en Meksiko, en kan die Bafana se lot net sowel daar beslis gewees het. Dié geploeter – so blyk dit uit die verslag – was ook gelykop.

So tussenin het ek ‘n paar buitelandse koerante deurgedraf om te kyk of die res van die wêreld werklik so gaan stilstaan het soos mens uit vandag se Volksblad sou aflei.

Soos dat België môre verkiesing hou. Dis nou wel nie die queen se land nie, maar nou ja, ek is miskien ‘n skwêr wat meer in ons stamlande se wel en weë belangstel as wat die lotjie op die eiland maak. Ek sien in Nederland het die heer Gert Wilders met hul koningin ‘n gesprek gehad, en die “rapporteur” wat ‘n regering moet probeer saamstel, moet nou met Wilders praat om te kyk of ‘n regering moontlik is waarvan Wilders deel is.

Ek kan sien hoekom dit vir Obama belangriker is om met BP oor die olielek te raas, as om te kom sokker kyk.

Iewers sien ek daar was naby Soccer City ‘n kragonderbreking, maar dit is nou een van daai items wat regtig nie meer nuus is nie, en dus lees ek nie of dit ‘n geval was van onwettige aansluitings wat oorlaai geraak het nie.

Asseblief, stuur tog ‘n e-possie die kant toe en vra dat die manne by Volksblad tog ook jou rubrieke lees. Hier is darem mense wat van iets anders as die sokker ook wil weet. Veral van “belangrike nuusgebeure,” soos jy geskryf het.

En o ja, terwyl ek die pen opgeneem het, daar is ook ander partye as die DA, die ANC, die DA, Cope en die DA.

Groetnis

Herman

оборудование для мойки автомобилейпрокурор Фильчаков

Verloor kan tot swart geweld lei

Ek het gister met ‘n gematigde en welsprekende  swart werker by ‘n groot winkel in Johannesburg oor vanmiddag se sokker gesels en hy het my ondubbelsinnig gewaarsku oor lelike dinge wat gaan gebeur indien Bafana teen Meksiko verloor. Hy het duidelik sy oor op die grond.

Dis glashelder dat die geweldige WB-“hype” sy tol kan eis indien dinge vanmiddag vir die tuisspan verkeerd loop.

As gevolg van die totale irrasionele massahisterie is grootskaalse geweld in die lokasies moontlik, of selfs waarskynlik.

Sedert die loting in Kaapstad verlede Desember heers ‘n partytjiestemming in SA en neem amper dag vir dag in intensiteit toe tot  by die huidige totaal histeriese euforie. Dit ken basies geen perke onder die swartes nie en hierdie mense is in so ‘n beswyming dat hulle nie eens daaraan dink dat Bafana vandag teen Meksiko die onderspit kan delf nie.

Dit is juis hierin waar die onheilspellende gevaar lê.

Indien die Bafana vandag, soos enige onbevooroordeelde sokkerkenner verwag, teen Meksiko verloor, gaan die teleurstelling en frustrasie van miljoene besope swart toeskouers gewelddadig op veral minderheidsgroepe, asook die breë publiek losgelaat word. Die SAPD sal weinig daaraan kan doen.

Blankes en vreemdelinge sal dan die uitsoekteikens word.  Miljarde rande se eiendom kan in rook opgaan.

Dit is nie iets wat ek die land toewens nie, maar elke nugtere en verantwoordelike persoon behoort hiervan kennis te neem en sy paraatheid te verskerp.

Die liberale, polities korrekte media sal die groot skuldiges hieraan wees asook onvrantwoordelike politici, want hulle het die afgelope tyd in ‘n al groter mate hierdie malle en onrealistiese verwagtinge aangeblaas.

Selfs in die middelklas-, oorwegend Afrikaanssprekende blanke woonbuurt waar ek bly, blaas amper elke tweede wit snuiter ‘n verdomde vuvuzela!

Vandag kan ‘n werklik donker dag in ons geskiedenis word, nieteenstaande Cele se dom braggadocio.

Dit kan lei tot totale chaos en anargie – aangeblaas deur rassehaat en xenofobie.

Blaam gaan onmiddellik op onskuldige burgerlikes gepak word.

Dit is natuurlik geen uitgemaakte saak dat Meksiko gaan wen nie, want elke skeidsregter het sy prys.

Geweld sal die gevolg wees van die Suid-Afrikaanse swarte se “entitlement mentality” en die sieklike geloof dat die wêreld hom iets skuld. ‘n Psigose wat al geslagte gelede by hom deur die ANC geplant is.

Mandela se droom kan maklik in ‘n nagmerrie ontaard!

игры длядєвочєктопкарго отзыв

ATKV misbruik sy Afrikanerlede

Sakkie Kotze

Beeld het gister (9 Junie) ‘n foto van die ATKV gepubliseer wat ballonne ter ondersteuning vanh Bafana vrygelaat het – by die Voortrekkermonument nogal. Dit wil voorkom of dit Centurion-tak is wat dit gedoen het. Die voorsitter, ene Sakkie Kotze, is glo weer tot die ATKV se bestuur gekies.

Die byskrif by die foto lui: “BAFANA, WEN MONUMENTAAL!  Die ATKV se Centurion-tak het gister ballonne met boodskappe om Bafana Bafana sterkte toe te wens vir WB 2010 by die Voortrekkermonument in Pretoria vrygelaat. Die boodskappe het gewissel van ‘Oos wes, Bafana bes’ tot ‘Moenie verloor nie’. Foto: CORNéL VAN HEERDEN.”

Ek het gelukkig al ‘n hele paar jaar gelede uit die ATKV padgegee, maar ek maak heftig beswaar dat hierdie mense die Voortrekkermonument op hierdie manier besoedel en beswadder.  Die Centurion-tak is een van die voorstes om die Afrikaner se koppe te draai om in een groot mengelmoesgemorspul met swartes in te gaan in die sogenaamde reënboognasie. Wanneer gaan die gewone ATKV-lid wakker word en besef hoe hy misbruik word?

интернет магазин мягких игрушекФільчаков прокурор

Ferdi Greyling se dwaling in Beeld

Van tyd tot tyd gebeur daar iets wat n mens na jou pen laat gryp – soos byvoorbeeld Ferdie Greyling se dwaling vanoggend in Beeld.

Mnr Greyling is van mening die feit dat Engeland die myne in Suid-Afrika afgeneem het en twee Boererepublieke saamgevoeg is as Britse kolonie met die daarstelling van die Unie van Suid-Afrika. Hoewel dit teen die Afrikaner se sin geskied het, meen Greyling: “Maar dit het gebeur en as ’n mens nou terugkyk, was die uitkoms ’n goeie een.”

Greyling beskou 1994 as politieke sukses – “Op albei gebiede is die land vandag n voorbeeld vir baie dele van Afrika.”

Hieruit moet daar dus afgelei word dat dat mnr Greyling die afbreek van landstrukture en infrastruktuur, die plundering van staatsfondse, die besmetting van Suid-Afrika se ondergrondse water, die besmetting van riviere, die vernieting van gesondsheidsdienste, die verval van wet orde, asook blanke volksmoord as voorbeeld vir die res van Afrika voorhou – inderdaad!

Vervolgens beweer Greyling dat die Afrikanervolk die grondwet in 1994 aanvaar het – op watter stadium mnr Greyling?

Die laaste vraag aan mnr Greyling is – wie van sy “twee vriende” is woedend en wie is selfbejammerend? Hy is nie die Afrikaner se vriend nie – en die Afrikaner is nie woedend of selfbejammerend nie – net doelgerig gedetermineerd.

хауз пиломатериалыОлександр Фільчаков прокурор

Orige sokkerballe

Die oorsese spanne wat aan die Fifa-toernooi kom deelneem kla steen en been oor die Jabulani, die bal wat amptelik tydens die toernooi gebruik gaan word. Word al die klagtes bymekaar geklits lui dit min of meer die bal is onvoorspelbaar, verander in die lug van rigting en reageer verskillend op verskillende hoogtes bo seespieël.

Klink amper of die toordokters wat Soccer City met allerlei rituele gaan reinig het, ook iets met die bal aangevang het. Dit is dus heel waarskynlik die tokkelossie wat maak dat daai bal nou so ‘n wil van sy eie het.

So benoud is die spanne hieroor, ‘n hele paar het nou al aansoek gedoen dat die toernooi liefs met ‘n rugbybal gespeel word. Hulle meen die rugbybal se manewales is minder onvoorspelbaar. By voorbaat het Brasilië en Spanje al op Mornë Steyn begin bie.

Mornë is immers beskikbaar, aangesien hy nie soos sy naamgenoot. Frans Steyn, ‘n “uitnodiging” gekry het om vir die Bokke se B-span teen Wallis te speel nie.

Ag ja, en kyk ‘n mens selfs na die Bokke se B-span, dan bloei ‘n mens se hart so oor die spelers wat die Vrystaat vir ander bonde grootmaak. Ruaan op losskakel, Meyer Bosman op die bank…Die dag wat die rugbybase darem ‘n kwotastelsel op rugby van toepassing maak – dat die helfte van die spelers die een of ander band (behalwe ‘n tjekboek) met die bond moet hê, speel die Sharks sowaar saam met die B-bonde.

Van die sokker gepraat. Anders as wat baie mense vrees sal mense nie na die toernooi oor dienslewering kan kla nie. Volgens Zuma se persoonlike dolosgooier is dit omdat daar dan nie meer dienste sal wees om oor te kla nie.

Soos ‘n moedelose boer uit die Molopo aan kongresgangers gevra het: “Wat het Suid-Afrika voor grondpaaie gehad?” Sy antwoord? Teerpaaie.

Hoekom Lekota, self ‘n bedrewe hand met die gaan vang van voorvadergeeste in buurlande om na Vryheidspark te neem, ‘n hofinterdik teen Shilowa gaan kry het, is nie duidelik nie. Sou dit nie doeltreffender gewees het om bloot die tokkelossie op Shilowa los te laat nie? Van ‘n appèl teen ‘n molesmakende tokkielossie het ek nog nooit gehoor nie.

Volgens eerw. Meshoe van die ACDP hang sake natuurlik af van of dit nou “verantwoordelike” voorvaders is of nie. Die verantwoordelike soort, so beduie die eerwaarde, sal nie mense wat weens swak dienslewering uit die ANC dros, soek en siek maak nie.

люстры отечественного производстваДанильченко Харьков