Orige sokkerballe

Die oorsese spanne wat aan die Fifa-toernooi kom deelneem kla steen en been oor die Jabulani, die bal wat amptelik tydens die toernooi gebruik gaan word. Word al die klagtes bymekaar geklits lui dit min of meer die bal is onvoorspelbaar, verander in die lug van rigting en reageer verskillend op verskillende hoogtes bo seespieël.

Klink amper of die toordokters wat Soccer City met allerlei rituele gaan reinig het, ook iets met die bal aangevang het. Dit is dus heel waarskynlik die tokkelossie wat maak dat daai bal nou so ‘n wil van sy eie het.

So benoud is die spanne hieroor, ‘n hele paar het nou al aansoek gedoen dat die toernooi liefs met ‘n rugbybal gespeel word. Hulle meen die rugbybal se manewales is minder onvoorspelbaar. By voorbaat het Brasilië en Spanje al op Mornë Steyn begin bie.

Mornë is immers beskikbaar, aangesien hy nie soos sy naamgenoot. Frans Steyn, ‘n “uitnodiging” gekry het om vir die Bokke se B-span teen Wallis te speel nie.

Ag ja, en kyk ‘n mens selfs na die Bokke se B-span, dan bloei ‘n mens se hart so oor die spelers wat die Vrystaat vir ander bonde grootmaak. Ruaan op losskakel, Meyer Bosman op die bank…Die dag wat die rugbybase darem ‘n kwotastelsel op rugby van toepassing maak – dat die helfte van die spelers die een of ander band (behalwe ‘n tjekboek) met die bond moet hê, speel die Sharks sowaar saam met die B-bonde.

Van die sokker gepraat. Anders as wat baie mense vrees sal mense nie na die toernooi oor dienslewering kan kla nie. Volgens Zuma se persoonlike dolosgooier is dit omdat daar dan nie meer dienste sal wees om oor te kla nie.

Soos ‘n moedelose boer uit die Molopo aan kongresgangers gevra het: “Wat het Suid-Afrika voor grondpaaie gehad?” Sy antwoord? Teerpaaie.

Hoekom Lekota, self ‘n bedrewe hand met die gaan vang van voorvadergeeste in buurlande om na Vryheidspark te neem, ‘n hofinterdik teen Shilowa gaan kry het, is nie duidelik nie. Sou dit nie doeltreffender gewees het om bloot die tokkelossie op Shilowa los te laat nie? Van ‘n appèl teen ‘n molesmakende tokkielossie het ek nog nooit gehoor nie.

Volgens eerw. Meshoe van die ACDP hang sake natuurlik af van of dit nou “verantwoordelike” voorvaders is of nie. Die verantwoordelike soort, so beduie die eerwaarde, sal nie mense wat weens swak dienslewering uit die ANC dros, soek en siek maak nie.

люстры отечественного производстваДанильченко Харьков

Maak 'n opvolg-bydrae