‘n Massabegrafnis is Donderdag vir agt van die nege mense wat dood is tydens ‘n Israeli-operasie op noodlenigingskepe wat na Gasa onderweg was, gehou.
Honderde mense het in Istanboel se Fatih-moskee byeengekom vir die begrafnis.
Die slagoffers se kiste is met Turkse en Palestynse vlae bedek.
“Israel het ‘n reuse-fout begaan. Vandag staan die hele Turkye saam,” het Bulent Yildirim, hoof van die Turkse NRO IHH wat die hulpskepe geborg het, gesê.
Baie mense het hul woede met Israel uitgespreek deur “moor Israel” en “skop Israel uit die Midde-ooste” te skreeu.
