Duisende Moslems in SA betoog teen Israel

Duisende betogers het in Kaapstad voor die parlement betoog teen Israel se optrede sowat 65 km van die Gasa-kus om ‘n flottielje met hulpvrag voor te keer.

Oral ter wêreld in groot stede is soortgelyke optredes teen Israel gehou.

Minstens nege mense is dood tydens die operasie wat deur Israel so bondgenote as ‘n lokval beskryf word. Voorheen het nuusagentskappe, waaronder Sapa, berig dat 19 mense dood is.

Die Moslem Juridiese Raad (MJR), die Media Review Network, die United Ulema Council of South Africa, die Al-Quds Foundation SA, die Palestinian Solidarity Group, Cosatu en die Muslim Youth Movement het die protes gereël om ‘n memorandum aan die regering te oorhandig.

Die organisasies maak almal ten sterkste beswaar teen Israel se optrede.

Die Moslem Juridiese Raad se sekretaris-generaal, Abdul Khaliq Allie eis dat Suid-Afrika bande met Israel moet verbreek. “Boikot Israel soos die apartheidsregering geboikot is. Suid-Afrika moenie stilbly nie,” het hy gesê.

водяного насосаФильчаков

Maak 'n opvolg-bydrae