praag.co.za

Tag: Bafana

  • Oranje deur na tweede rondte

    Die Nederlandse sokkerspan, bekend as Oranje, het die eerste span in vanjaar se wêreldbekertoernooi geword wat van ‘n plek in die tweede rondte verseker is.

    Die Nederlanders het reeds twee van hul drie wedstryde suksesvol agter die blad na die toernooi se oorpresteerders, Japan, ook in die slag gebly het. Kameroen, saam met Denemarke in die poel, het by die Dene slae gekry en dit is nou reeds seker dat dié span die eerste rondte nie oorleef het nie.

    Dit gaan nou keer kos om die Oranjegolf te keer. Fifa en die SA Polisie se optrede teen die oranjerokbrigade, saam met sokkerkoors, blaas die Oranje-sentimente sterk aan.

    Intussen bly dit ‘n toernooi van volop verrassings, met sterk spanne wat sukkel om op dreef te kom en aspoestertjiespanne onder die knie te kry. Een van die spanne wat teleurstel is Frankryk, wat boonop nou deur onderlinge twiste en stryd geteister word. Frankryk se probleme is egter nie nuut nie, en hierdie finaliste van die vorige wêreldbeker sou nie eens in die toernooi gewees het, as dit nie vir die berugte handbal teen Ierland was nie.

    Nou agterhaal dié sonde die Franse blykbaar. Die groter prentjie is dat verskeie van Algerië se spelers, wat in Frankryk gebore is en trouens vir die Franse Onder 21-span uitgedraf het, verkies om eerder vir die ongeroemde Algeryne te speel as vir Frankryk, wat as sokkerreus gereken word.

    Dit beteken egter nie dat Bafana-ondersteuners op ‘n verassing in Bloemfontein moet reken nie. Bafana, om nog by die gleufie in die agterdeur deur te glip, moet die Franse met minstens drie doele klop om Uruguay of Meksiko in die stof te laat byt. En selfs al ransel die Bafana Frankryk so erg af, sal dit alles tevergeefs wees as die twee Suid-Amerikaanse spanne gelykop sou speel, en ‘n ligapunt elk sou insamel. In die Bafana-kamp broei dit na berig word ook.

    ‘n Interessante vraag ontstaan nou. Voor die toernooi is die enigste wit speler in die Bafana-groep, Matthew Booth, dikwels as woordvoerder en ambassadeur ingespan. Hy het egter nog nie die uitsoekgroep gehaal nie, en sy stem by nuuskonferensies het stil geword. Booth het egter in die oefeninge die entoesiasme self gebly, is topfiks, en nie ‘n tipiese prima donna wat besluit wanneer hy gaan sweet of nie.

    Boonop is die spelers wat wél die span haal, oor die algemeen maar aan die kort kant, soos veral in die oefenwedstryd teen Colombia geblyk het. Dit benadeel die span se vermoë om van hoek-inskoppe die telbord met kopskote aan die gesels te hou. Booth, ‘n hemelbesem, kan uiters waardevol wees in ‘n wedstryd waar die Bafana baie doele moet aanteken, of selfs met ‘n oorwinning en al in die slag te bly.

    Met die Afrika-karakter wat die organiseerders en die regering op die toernooi afdruk, is dit egter onseker of gewaag sal word om ‘n swart speler vir ‘n wit speler op te offer, veral na die eerstekeusedoelwagter Itumeleng Khune (swart) weens ‘n rooi kaart nie sal kan speel nie en deur ‘n bruin speler vervang gaan word.

    Intussen berig Siya-nuus dat daar onmin in die Bafana-kamp is, en luidens dié berig steek daar waarheid in wat lankal vermoed word – dat afrigter Carlos Alberto Parreira sommige spelers as onaantasbaar beskou, en dat dit juis hulle is wat die span teen Meksiko in die steek gelaat het, en toe teen Uruguay nog erger verbrou het. Gerugte wil dit hê dat Parreira onder geweldige druk is om so veel as moontlik “etniese swart” spelers in te span, wat beteken dat Steven Pienaar nie behoorlik sy voete kan vind nie, en boonop uit sy gunstelingposisies ingespan word. Dit is egter ook moontlik dat hierdie storie sy oorsprong het in die berigte dat minister Makhenkesi Stofile en oud-minister Ngconde Balfour “oorvalle” sou kry as Makaya Ntini se plek in die Proteaspan in die gedrang sou kom, ongeag vorm.

    легоФильчаков прокуратура харьков

  • ‘Net ‘n tydelike terugslag vir Bafana’- minister

    Die Bafana Bafana verkeer op die punt om geskiedenis te maak deur die eerste span van ‘n gasheerheerland te word wat in die eerste rondte van ‘n wêreldsokkertoernooi uitgeskakel word. Maar volgens die minister van sport, Makhenkise Stofile, is dit net ‘n “tydelike terugslag” en moet “Suid-Afrikaners” nie “opgee oor Bafana Bafana” nie.

    Tydens die swart Suid-Afrikaanse span se verpletterende neerlaag van 3-0 teen Uruguay het die doelwagter Itumeleng Khune insgelyks die geskiedenisboeke herskryf deur slegs die tweede doelwagter ooit te word wat ‘n rooi kaart tydens die toernooi ontvang.

    Met Meksiko en Uruguay wat teen mekaar speel in die laaste wedstryd in die huidige rondte, hoef enigeen van dié twee spanne net gelykop te speel om tot die sestiende finaal deur te dring. Suid-Afrika speel teen Frankryk, maar selfs ‘n wen deur enigeen van dié spanne sal nie genoeg wees om sy uitskakeling op dié vroeë stadium te verhoed nie.

    Frankryk het ‘n besonder vrot vertoning teen Meksiko gelewer, wat die voormalige wêreldkampioen met 0-2 laat verloor het.

    Die plaasvervanger Javier Hernandez, wat aanstaande seisoen vir die Britse Manchester United sal speel, het Meksiko in in die 64ste minuut laat voorloop met ‘n doelskop.

    Agterna het die Franse speler Eric Abidal Dablo Barrera naby die doelhok gepootjie, waarna Cuahtemoc Blanco die strafskop sekuur in die hoek van die net ingeskop het om Meksiko te laat wen.

    Sowel die ANC-bewind as die plaaslike reëlingskomitee het “Suid-Afrikaners” aangemoedig om die wêreldsokkerbeker aan te hou ondersteun al gaan die Bafana binnekort van die toneel verdwyn.

    casino gameФильчаков прокурор

  • Verloor kan tot swart geweld lei

    Ek het gister met ‘n gematigde en welsprekende  swart werker by ‘n groot winkel in Johannesburg oor vanmiddag se sokker gesels en hy het my ondubbelsinnig gewaarsku oor lelike dinge wat gaan gebeur indien Bafana teen Meksiko verloor. Hy het duidelik sy oor op die grond.

    Dis glashelder dat die geweldige WB-“hype” sy tol kan eis indien dinge vanmiddag vir die tuisspan verkeerd loop.

    As gevolg van die totale irrasionele massahisterie is grootskaalse geweld in die lokasies moontlik, of selfs waarskynlik.

    Sedert die loting in Kaapstad verlede Desember heers ‘n partytjiestemming in SA en neem amper dag vir dag in intensiteit toe tot  by die huidige totaal histeriese euforie. Dit ken basies geen perke onder die swartes nie en hierdie mense is in so ‘n beswyming dat hulle nie eens daaraan dink dat Bafana vandag teen Meksiko die onderspit kan delf nie.

    Dit is juis hierin waar die onheilspellende gevaar lê.

    Indien die Bafana vandag, soos enige onbevooroordeelde sokkerkenner verwag, teen Meksiko verloor, gaan die teleurstelling en frustrasie van miljoene besope swart toeskouers gewelddadig op veral minderheidsgroepe, asook die breë publiek losgelaat word. Die SAPD sal weinig daaraan kan doen.

    Blankes en vreemdelinge sal dan die uitsoekteikens word.  Miljarde rande se eiendom kan in rook opgaan.

    Dit is nie iets wat ek die land toewens nie, maar elke nugtere en verantwoordelike persoon behoort hiervan kennis te neem en sy paraatheid te verskerp.

    Die liberale, polities korrekte media sal die groot skuldiges hieraan wees asook onvrantwoordelike politici, want hulle het die afgelope tyd in ‘n al groter mate hierdie malle en onrealistiese verwagtinge aangeblaas.

    Selfs in die middelklas-, oorwegend Afrikaanssprekende blanke woonbuurt waar ek bly, blaas amper elke tweede wit snuiter ‘n verdomde vuvuzela!

    Vandag kan ‘n werklik donker dag in ons geskiedenis word, nieteenstaande Cele se dom braggadocio.

    Dit kan lei tot totale chaos en anargie – aangeblaas deur rassehaat en xenofobie.

    Blaam gaan onmiddellik op onskuldige burgerlikes gepak word.

    Dit is natuurlik geen uitgemaakte saak dat Meksiko gaan wen nie, want elke skeidsregter het sy prys.

    Geweld sal die gevolg wees van die Suid-Afrikaanse swarte se “entitlement mentality” en die sieklike geloof dat die wêreld hom iets skuld. ‘n Psigose wat al geslagte gelede by hom deur die ANC geplant is.

    Mandela se droom kan maklik in ‘n nagmerrie ontaard!

    игры длядєвочєктопкарго отзыв

  • ATKV misbruik sy Afrikanerlede

    ATKV misbruik sy Afrikanerlede

    Sakkie Kotze

    Beeld het gister (9 Junie) ‘n foto van die ATKV gepubliseer wat ballonne ter ondersteuning vanh Bafana vrygelaat het – by die Voortrekkermonument nogal. Dit wil voorkom of dit Centurion-tak is wat dit gedoen het. Die voorsitter, ene Sakkie Kotze, is glo weer tot die ATKV se bestuur gekies.

    Die byskrif by die foto lui: “BAFANA, WEN MONUMENTAAL!  Die ATKV se Centurion-tak het gister ballonne met boodskappe om Bafana Bafana sterkte toe te wens vir WB 2010 by die Voortrekkermonument in Pretoria vrygelaat. Die boodskappe het gewissel van ‘Oos wes, Bafana bes’ tot ‘Moenie verloor nie’. Foto: CORNéL VAN HEERDEN.”

    Ek het gelukkig al ‘n hele paar jaar gelede uit die ATKV padgegee, maar ek maak heftig beswaar dat hierdie mense die Voortrekkermonument op hierdie manier besoedel en beswadder.  Die Centurion-tak is een van die voorstes om die Afrikaner se koppe te draai om in een groot mengelmoesgemorspul met swartes in te gaan in die sogenaamde reënboognasie. Wanneer gaan die gewone ATKV-lid wakker word en besef hoe hy misbruik word?

    интернет магазин мягких игрушекФільчаков прокурор

  • Bafana pos hul afrigter

    Daar is slegs 235 dae voordat die Wêreldbekersokkertoernooi afskop, en Suid-Afrika se sokkerspan sit sonder ‘n afrigter.

    Die Brasiliaan Joel Santana het die trekpas gekry vir Bafana Bafana se ellendige vertonings waarin hulle agt van hul laaste nege wedstryde verloor het.

    Die hulpafrigters Jairo Leal en Pitso Mosimane dien tans as waarnemende afrigters.

    Ten spyte van sy powere vertoning, was Santana verlede week nog seker dat hy sy werk sou behou. Suid-Afrika het onlangs met 0-1 teen Ysland verloor toe Ysland 23 plekke onder Bafana op die wêreldranglys was.

    “Ek bly net waar ek is. Ek het nog nooit van ’n afrigter gehoor wat gepos word as hy vriendskaplike wedstryde verloor nie,” het hy by die span se terugkoms uit Reykjavik aan die media gesê.

    Santana spog met die onderskeiding dat hy die eerste Bafana-afrigter geword wie se span ses agtereenvolgende wedstryde verloor het.

    Daarbenewens het Bafana ook twee keer onder hom tot op die 85ste plek op die wêreldranglys gedaal.

    In 1996 was Bafana op die 16de plek op dié lys. Dit is hul swakste posisie in 15 jaar.

     

    bridal jewelleryпрокурор харьковской области