Indien dié bewering waar is, kan hierdie gedrag ‘n nuwe era in Suid-Afrika se post-1994 politiek inlei, sê die SAIRA en die DA.
Die Suid-Afrikaanse Polisiediens Wet van 1995 is baie duidelik dat die polisie ‘n nie-partydige rol in Suid-Afrika moet speel.
Koerante in Suid-Afrika het verlede week berig dat die leier van die Jeugliga, Julius Malema, bevel gegee het aan senior polisie-lede om die Limpopo afgevaardigdes te verwyder uit ‘n kieserskonferensie in April wat teen sy leierskap gekant was.
Die afgevaardigdes het bevestig dat dit teenstanders van mnr Malema was wat sy huidige leierskap in die provinsie betwis.
Die polisie het geweld gebruik, en met rubberkoeëls en haelgewere Malema se mededingers uit die byeenkoms verwyder.
Die Demokratiese Alliansie het sedertdien ‘n klag by die Onafhanklike Klagtedirektoraat (OKD) oor die aangeleentheid gelê.
Die adjunk-minister van polisie is ‘n voormalige hoof van die ANC-Jeugliga en ‘n direkte politieke bondgenoot van Malema.
Fikile Mbalula was na bewering teenwoordig by ‘n geleentheid by Malema se huis, waar Malema na bewering ‘n polisiebeampte aangerand het, maar nie opgetree het nie.
Alhoewel die SAIRA, die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasseaangeleenthede, meen dat die polisie se interne dissipline veel te wense oorlaat, en binnekort ‘n verslag daaroor sal vrystel, het toeriste en besoekers aan Suid-Afrika dié week gesê hulle voel veilig.
‘n Aantal joernaliste en Australiese besoekers is wel die afgelope drie weke oorval en in laasgenoemde geval deur buitelanders, maar geen gevalle van moord teen besoekers is aangemeld nie en die buitelandse media is oor die algemeen beïndruk deur die goeie veiligheidstoestande wat oor die land heers en het die polisie vir hul flinke optrede geloof.
Dat die ANC-leierskap tans die polisie inspan om hulle mag te bestendig, is ‘n flouerige afskynsel vanuit Mbeki se bewind.
Die voormalige president het na bewering die intelligensiedienste misbruik om op sy politieke teenstanders te spioeneer en daarmee ‘n baie skadeliker voorbeeld van magsmisbruik gestel.
Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.