Eerste Nasionale Bank se eiendomsbarometer toon dat die persentasie van eiendomsverkopers wat emigreer gestyg het. In die eerste kwartaal vanjaar was 12 persent van alle verkopers van plan om te emigreer, teenoor nege persent wat in die vierde kwartaal van verlede jaar besig was om te emigreer.
Die toename in emigrasie vind veral in die duurder buurte plaas waar huise meer as R2,5 mijoen werd is. Nie minder nie as 18% van alle verkopers in dié kategorie is van plan om te emigreer. Trouens, emigrasie is die enkele grootste rede waarom mense in die luuksemark hul huise verkoop.
Ook eiendomsagente bevestig dat daar ‘n onrusbarende toename in die aantal mense is wat van hul eiendomme weens emigrasieplanne ontslae wil raak. Volgens die voorsitter van Seeff, mnr. Samuel Seeff, wil 25% tot 30% van huidige verkopers van huise emigreer. Volgens hom gaan nie alle eiendomme verkoop nie en sal ‘n hele aantal mense dus verplig wees om in die land aan te bly.
Volgens Standardbank het gemiddelde huispryse met 5,2% gedaal oor die afgelope jaar. Indien die mark verder deur voornemende emigrante met huise oorstroom word, sal pryse nóg daal.
печка для бани своими руками фотолобановский александр компромат