Bullard kruip terug

David Bullard, voormalige rubriekskrywer van die Sunday Times, het sy opregte en diepe spyt bely aan diegene wat gekrenk voel oor sy skrywes.
 
In vandag se Business Day sê Bullard dat die sukses van die rubriek sy kop laat swel het.

Bullard is verlede week afgedank deur redakteur Mondli Makhanya omdat swart lesers gedink het dat sy siening van prekoloniale Afrika rassisties is.

Hy sê nou dat hy die grense te veel getoets het en dat hy enorme respek voel vir die redakteur wat hom afgedank het.

Hy meen verder dat hy die vriendskap van soveel stille vriende verraai het, en dit was onvergeeflik, self vir ‘n ikonoklas soos hy.

earringsлобановский харьков класс