Skurke en skorriemorrie wat glo dat hulle die organisasie kan afpers deur hulle aanstootlike gedrag sal ongenaakbaar behandel word, het hy gesê.
Onder andere het die Times-koerant ‘n voorbladfoto geplaas van ‘n afgevaardigde wat sy broek voor die kamera by die konferensie aftrek. Volgens Malema pas sulke gedrag nie by die kamerade nie.
