Lacea Loader het gesê dat mediaberigte gister die indruk geskep het dat die UVS die besluit geneem het om Reitz nie te sluit nie, maar dit is nie korrek nie.
Die Bond van oud-Reitz-manne het oor die naweek in Bloemfontein vergader om die die moontlike sluiting van die koshuis te bespreek. Volgens Loader het dié groep soos baie ander aanbevelings gedoen en sal dit versigtig bestudeer word.
