Die mensdom sal ook die ruimte moet verken om sy langtermynoorlewing te verseker.
Hoewel daar primitiewe lewe mag wees in ons deel van die sterrestelsel, lyk dit nie asof daar enige gevorderde intelligente wesens is nie, het Hawking gesê tydens die lesingreeks wat die vyftigste bestaansjaar van NASA vanjaar herdenk.
Volgens Hawking woon ons in ‘n samelewing wat al hoe meer deur wetenskap en tegnologie bepaal word; nietemin wil minder en minder mense wetenskap beoefen.
