Ondanks ‘n ekonomiese oplewing danksy hoë kommoditeitspryse, is baie lande besig om agter te raak.
Ban het ‘n VN-konferensie oor Handel en ontwikkeling in Akkra, Ghana, toegespreek waar hy gesê het dat nie ‘n enkele land die Millenium Ontwikkelingsdoelwitte sal haal teen 2015 nie.
Stygende voedselpryse is deels die probleem. Hy het gesê dat vrye handel in lanbouprodukte alle lande ter wêreld sal bevoordeel.
Die Milleniumdoelwitte vra dat uiterste armoede teen 2015 met die helfte verminder sal word.
Hy het internasionale skenkers gevra om hulle beloftes na te kom.
