In ‘n aanmaning wat op 16 April uitgestuur is, sê die agentskap dat die video-advertensie nie enige risiko-inligting betreffende Viagra bevat nie. Daarom word Viagra as veiliger voorgestel as wat dit werklik is, meen die agentskap.
Tydens die 30-sekonde-video word ‘n groep mans in ‘n Nashville-ateljee getoon wat musiekinstrumente speel en ‘n liedjie getitel Viva Viagra sing. Agterna is daar ‘n stem wat mense vertel om met hul dokter oor Viagra te gesels.
Die vervaardiger, Pfizer, het intussen verklaar dat veiligheidsinligting wat in ‘n banier onderaan die video vervat is, weens ‘n tegniese fout nie vertoon is nie.
