E-pos die beste manier om vriende te maak

Volgens ‘n studie in Japan is e-pos die beste manier om vriende te maak en jou sosiale kring uit te brei. Sosiale netwerkwebwerwe soos Facebook speel ook ‘n rol om mens se kennisse en vriende uit te brei, maar e-pos bly die doeltreffendste.

Anders as ‘n sms, bevat ‘n e-pos genoeg inligting om die ys te breek tussen mense wat mekaar glad nie ken nie. Wanneer sosiale verhoudinge eers gevorm is, kan die kort, diskrete sms egter ‘n manier wees om dit lewendig te hou.

Of die Japannese studie egter van toepassing is op Suid-Afrika, is ‘n ope vraag. In Japan gebruik sewentig persent van die bevolking die internet, terwyl slegs tien persent van Suid-Afrikaners aanlyn verkeer. Wat uiteindelik tel, is ook hoe goed mense hul adresboek van kontakte bestuur.

купить в интернете детскую коляскуАлександр Фильчаков Васильевич

Maak 'n opvolg-bydrae