Die opposisie het ‘n lys met besonderhede vrygestel van sy ondersteuners wat deur die regerende party beseer en gedood is sedert die verkiesing einde verlede maand.
Die menseregte-organisasie Human Rights Watch in New York het Saterdag gesê dat foltering en geweld in Zimbabwe toeneem. Die regerende party is besig om martelkampe op te rig, om mense te slaan en te martel wat daarvan verdink word dat hulle vir die MDC in verlede maand se verkiesing gestem het.
