Dit is vir my baie interessant dat u en ander besig is om alles te beaam wat 'n groot politieke denker en ware heer (mnr. Jaap Marais) jare gelede voorspel het. Ten tyde van sy waarskuwings het die misleide Afrikanerstemvee (90 % of meer) egter verkies om hom met tamaties en eiers te gooi. Hierdie artikels wat met soveel venyn en hoon na hom geslinger was, ontplof nou in die 90% se gesigte, kry vir julle! Net jammer die nie-stemvee moet nou saam met hulle in die gemors deel. Aan die ander kant ons doen dit graag want dit begin vir my lyk of hierdie skepping van die NP (dr. Roodt waar was u?) nou die ou volkie se oë oopmaak, werklik 'n heuglike gebeurtenis alhoewel bietjie laat, maar liewer laat as nooit.
Ek wil nie spog nie (eintlik lieg ek nou) maar lees weer my brief (Mugabe se Chinese kaart) wat op 19 Augustus 2007 geskryf is. Mugabe het die Chinese trekkers toe geskenk soos my vriend James voorspel het. Vir u gerief haal ek die laaste paragraaf aan:
"Aan die ander kant, indien die poging (hierbo genoem) van die IMF en die WB om Zimbabwe onder die ekonomiese invloedsfeer van Big Brother (VSA en sy bondgenote) in te trek misluk, sal Big Brother, indien Suider-Afrika van strategiese belang vir hulle is, in hul strewe na wêreldoorheersing (op bevel van hul base), tot optrede in Zimbabwe gedwing word. Dit sal dus nie verbaas as Big Brother skielik ‘n belangstelling in die skending van menseregte in Zimbabwe openbaar en ‘n ‘Irak’ op Mugabe trek nie." (Pieter Oosthuisen op RSG berig dat daar Engelse en Australiese soldate in Botswana saamgetrek is om "bystand te verleen indien nodig", verder is daar VSA soldate in Madagaskar opgemerk. Dit lyk so al of oom Siener se dinge in plek begin kom. Chaos in SA (rasse- en stamoorlog), dan gryp 'n oorsese mag in, herstel orde en handig die regering aan FW en sy trawante oor. Vergesog? Moenie weer dieselfde fout as met oorlede mnr. Marais maak nie.
Nou ja, sommige mense het net meer insig as ander maar ek moet bysê ‘n sekere mate van kennis is nodig dan hoef mens nie 'n profeet te wees om die toekoms te voorspel nie.
Nota van die redakteur: Jammer oor die probleem met ons kommentaarstelsel onderaan berigte. Die beste is om in die kassie wat sê "Onthou my" te klik as mens op die voorblad links aanteken, dan is daar gewoonlik nie probleme as mens die kommentaar wil plaas nie.
