Die meeste ongevalle is veroorsaak deur die Ethiopiërs wat swaar artillerie en tenkkannonne wat in woongebiede in Mogadisjoe gebruik is. Naas die 81 dooies, is 119 mense gewond, het Ali Ahmed, die voorsitter van Elman Menseregte, gesê.
In Mogadisjoe lê die lyke op straat tussen onverwyderde vullis. Die eerste minister van Somalië, Nur Hassan Husein het sy spyt uitgespreek oor onskuldige burgerlikes wat gedood is. Die doel van sy regering is egter om wet en orde te herstel en troepe van Somalië en die buurland Ethiopië sal hulself verdedig as hulle aangeval word.
