Volgens getuies is die voorval ontketen deur die taxibestuurder wat voor ‘n ander voertuig ingeswaai het. Daarop het twee mans uit die voertuig geklim en die taxibestuurder begin aanrand.
Hierna is die taxibestuurder voor ‘n aankomende voertuig ingestoot. Noodhulppersoneel het hom later vir beenbreuke en ‘n kopbesering behandel alvorens hy hospitaal toe geneem is.
