Taxibestuurder voor voertuig ingestoot

‘n Taxibestuurder is gister ernstig beseer in ‘n padwoedevoorval in Menlyn toe twee mans hom voor ‘n aankomende voertuig ingestoot het.

Volgens getuies is die voorval ontketen deur die taxibestuurder wat voor ‘n ander voertuig ingeswaai het. Daarop het twee mans uit die voertuig geklim en die taxibestuurder begin aanrand.

Hierna is die taxibestuurder voor ‘n aankomende voertuig ingestoot. Noodhulppersoneel het hom later vir beenbreuke en ‘n kopbesering behandel alvorens hy hospitaal toe geneem is.

дитячі велосипеди цінаалександр лобановский харьков