Suid-Afrika is wetlik verplig om wapens te lewer

Die Suid-Afrikaanse regering sal die uitvoer van ‘n groot besending Chinese wapens en ammunisie wat in Durban wag na die Zimbabwiese Weermag moet goedkeur, omdat hulle wetlik daartoe verplig is.

Ses houervragte wapens vir Zimbabwe is na Durban gestuur deur Poly Technologies, ‘n Chinese regeringsmaatskappy. Die besending bevat miljoene rondtes AK-47 ammunisie, 1 500 VGG’s en meer as 3 000 mortiere en bypassende buise.

‘n Firma van Krygkor, AB Logistics, is gevra om die vervoer van die wapens na Zimbabwe te behartig.

AB Logistics is van die nodige veiligheidsklaring voorsien, maar dit hang van die Suid-Afrikaanse regering af of die vrag gestuur sal word aldan nie.

Pretoria het dit duidelik gestel dat daar geen VN of Afrika-Unie embargo op die lewering van wapens na Zimbabwe bestaan nie. Ook was daar geen kabinetsbeslisseing soos in die geval van Israel, oor die aangeleentheid nie.

want toАлександр Фильчаков Васильевич

Maak 'n opvolg-bydrae