SA paaie gaan agteruit sonder fondse

Die Demokratiese Alliansie het gister bekendgemaak dat dringende ingryping nodig is om die agteruitgang in Suid-Afrika se paaie te stuit.

Die party het gereageer op die ANC-minister van vervoer, Jeff Radebe, se  verklaring dat die agterstand in instandhouding van provinsiale paaie R72 miljard bereik het en dat slegs R5,2 miljard vir die 2008/2009-finansiële jaar toegeken is.

Volgens Radebe word die Gautengprovinsie die ergste geraak, waar die instandhoudingsagterstand reeds R18,3 miljard bereik het. Slegs R960 miljoen is aan die onderhoud van paaie in Gauteng vir die huidige belastingjaar toegeken.

Die meeste paaie se leeftyd is beperk tot 20 jaar. Twee-en-tagtig persent van paaie is reeds ouer as dit.

люстры потолочные купитьалександр лобановский супермаркет класс