Die spil waarom die magsopbou draai, is Zimbabwe waar Robert Mugabe aan die mag bly vasklou. Sjinese soldate in uniform is digby die Mosambiekse grens opgemerk. Intussen het Suid-Afrika die vrag wapens in die Durbanse hawe wat vir Zimbabwe bestem is, goedgekeur en sal die wapens na Harare vervoer word.
Die Britse en Australiese soldate bevind hulle in Botswana. Die VSA beskik reeds jare lank oor ‘n groot basis en aanloopbaan in Botswana wat moontlik gebruik kan word om Britse magte hierheen te vervoer.
Intussen is geen verklarings nog van die Sjinese, Britse of Australiese regerings ontvang oor hul militêre bedrywigheid in Suider-Afrika nie.
