Cosatu wil vandag teen ho? kospryse betoog

Die Kongres van Suid-Afrikaanse Vakverbonde, Cosatu, het aangedui dat hulle vandag meer as 5 000 mense wat teen hoër voedselpryse gekant is, in ‘n optog in Johannesburg verwag.

Mense van vakverbonde, nie-regeringsliggame en gemeenskapsorganisasies gaan aan die betoging deelneem.

Betogers sal by die Johannesburgse stadsaal byeenkom teen 1uur vanmiddag en dan stap na Eskom se kantore in Braamfontein en daarna Pick’n’Pay. Hulle wil die aandag vestig op stygende kospryse, Eskom se voorgestelde 53% tariefverhoging en duurder brandstof.

Cosatu voel sterk dat Sasol genasionaliseer behoort te word om kapasiteit om brandstof aan alle Suid-Afrikaners te voorsien, te verhoog.

Sangoco, die Suid-Afrikaanse Koalisie vir Nie-regeringsorganisasies, sal ook deelneem maar Fedusa sal nie deel wees van die optog nie.

продажа винтовых компрессоровФільчаков Олександр Васильович прокурор

Maak 'n opvolg-bydrae