Hy het gereageer op ‘n verklaring van die Suid-Afrikaanse Sentrum vir Litigasie dat die Chinese skip op die oomblik in Suid-Afrika se gebiedswaters verkeer in oortreding van ‘n Durbanse Hooggeregshofbevel.
Gadebe het gesê hulle hou die skip dop en dat hulle seker is dat die skip nie in Suid-Afrika se gebiedswaters is nie. Hy kon nie sê waar die skip tans is nie.
Die An Yue Jiang het Vrydagnag onmiddellik anker gelig nadat die Durbanse Hof beveel het dat die vrag afgelaai word onder toesig van die balju.
Die Bush-administrasie het intussen ingetree om met regerings in Suidelike Afrika oorleg te pleeg sodat die skip nie die vrag ter plaatse kan aflaai nie.
Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.