McBride het, na wat beweer word, Singh gemartel, in sy luukse BMW X5 rondgery, polisieregisterinskrywings verander en met vuurwapens wat as bewysstukke kon dien, gepeuter.
Die SAPD ondersoek ook beweringe dat McBride wapens oor die Oshoekgrens in Swaziland ingesmokkel het.
McBride het al die aantygings teen hom ontken. Hy het gesê dat hy wel wapens gesmokkel het tydens die gewapende stryd, maar dat hy nie meer betrokke is by sulke aktiwiteite nie.
Die Nasionale Vervolgingsgesag het bevestig dat die18 dossiere van die McBride-saak wel deel was van die hofrekords wat Sondagaand by die Johannesburgse Hooggeregshof in ‘n militêre styl rooftog gebuit is.
