Volgens Petzer het die twee mans haar aangerand en ook probeer om haar ringe van haar vingers af te byt. Een aangeklaagde het die ander vir ‘n mes gevra sodat hy Petzer se keel kon afsny. Dit het egter nie gebeur nie en hulle het haar bloeiend agtergelaat.
Petzer het agterna die polisie gevra om haar vriend se lyk te sien. By hierdie punt het sy in die getuiebank ineengestort en begin huil.
