Vertroue in plaaslike regering en die parlement het met twintig persent afgeneem. Volgens Roberts is dit rede tot kommer.
Faktore waarop mense reageer is skandale en getuienis van selfverryking deur amptenare en politici, asook armoede en misdaad wat nie aangespreek word nie.
Omtrent negentig persent van die publiek is ook gekant teen aborsie. Terselfdertyd is die man op straat ten gunste van die doodstraf weens die hoë misdaadvlakke.
Oorlopery deur politici he took heelwat gedoen om die kiesers se vertroue in hul leiers te skend.
