Suid-Afrika se kindersterftesyfer styg

Sedert 1990 het Suid-Afrika se kindersterftesyfer gestyg en die land bevind hom nou in dieselfde kategorie as Somalië, Soedan en Zimbabwe.

Die sterftesyfer vir kinders onder vyf het oor die afgelope sestien jaar vanaf 60 tot 69 per 1000 lewende geboortes opgegaan.

Die minister van gesondheid, Manto Tshabalala-Msimang het vroeër vandeesweek gesê dat armoede, onderontwikkeling, gebrek aan behuising, water en riolering die gesondheid van swartmense in Afrika ondermyn.

Ook die moedersterftesyfer tydens geboorte in Suid-Afrika word as hoog beskou, met 400 sterftes per 100 000 lewende geboortes.

posts onпрокурор Фильчаков