Blade Nzimande, sekretaris-generaal van die SA Kommunisteparty
Komende kort op die hakke van die minister van sport, Fikile Mbalula, se uitspraak dat die opposisie in Suid-Afrika Hitleriaanse “fasciste” sou wees, het die kommunistiese leier Blade Nzimanda Saterdag gesê dat die opposisie ‘n “harde les geleer moet word”.
“Gebruik 7 Mei om die Demokratiese Alliansie ‘n harde les te leer. Hulle sê dat hulle ten gunste van werksgeleenthede is maar was teen die plaaswerkers in die Wes-Kaap,” het hy aan die Nasionale Unie van Mynwerkers se nasionale fabrieksvloerverteenwoordigersraad in Boksburg gesê.
Hy het ook na die DA as “‘n party van arbeidsmakelaars” verwys. “As die DA na Cosatu- of Luthuli-huis ‘n optog hou, is die party swart, maar in die parlement is hulle wit.”
Nzimande het ook teen Julius Malema en sy belastingwanbetaling uitgevaar. “As jy die SA Inkomstediens R16 miljoen skuld, hoeveel miljoene het jy nie opgevreet nie? Hulle het meer as R100 miljoen opgevreet,” meen hy.
“Sommige mense dra duur horlosies en klere maar het nog nooit vir ‘n dag in hul lewens gewerk nie.”
Na hofdokumente skuld die EVV-leier Julius Malema R16 miljoen plus rente nadat hy in gebreke gebly het om tussen 2006 en 2010 opgawes in te dien.
In 2010 het die SAID Malema oor sy versuim om belastingopgawes in te dien gekontak.
Dit het Malema 18 maande geneem om na verskeie pogings van die SAID sy agterstallige opgawes in te dien.
Malema het ook in gebreke gebly om die Ratanang-trust vir belastingdoeleindes te registreer en die SAID het dit namens hom gedoen.
Sy regspan het die Hoë Hof te Pretoria in Februarie versoek om sy sekwestrasiesaak uit te stel. Die SAID het dit teengestaan.
‘n Sweedse diplomaat en die sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies, Dag Hammarskjöld, is na die ontploffing van sy vliegtuig op 18 September 1961 in die destydse Noord-Rhodesië (tans Zambië) dood.
‘n Internasionale kommissie wat bestaan uit die voormalige regters Sir Richard Goldstone en Sir Stephen Sedley, is onlangs – in Februarie 2014 – deur die Verenigde Nasies saamgestel. Dié kommissie het die Verenigde State van Amerika intussen versoek om verskeie geheime dokumente rakende die kwessie vry te stel.
Hammarskjöld was op pad om Moïse Tshombe, wat die rebelle in koper-ryk Katangaprovinsie gelei het, te ontmoet.
Katanga wou destyds van die sentrale regering van die Kongo onder Patrice Lumumba afstig. Hy het vroeër die Kongo se onafhanklikheid van België verseker.
Tshombe, wat in ‘n tronk in Algiers in 1969 gesterf het, is deur Belgiese sakebelange ondersteun en hy het ‘n huursoldaatweermag op die been gebring wat die Verenigde Nasies se pogings om die Kantangaprovinsie – ook bekend as Shaba – as deel van die sentrale regering van die Kongo te behou, uitgedaag het.
Een dokument wat reeds vrygestel is, is ‘n kabel van die Amerikaanse ambassadeur in die Kongo, Ed Gullion. Die diplomaat identifiseer daarin die huursoldaat wat in alle waarskynlikheid die vliegtuig van die sekretaris-generaal van die VN afgeskiet het as Jan van Risseghem.
Suid-Afrika is ook destyds van betrokkenheid by die ramp beskuldig, omdat ‘n “wit suprematistiese netwerk” glo die sluipmoord beplan het. Hammarskjöld het egter baie vyande gemaak, veral die Europese koloniale moondhede, asook Rusland.
Suid-Afrika het Katanga se onafhanklikheid destyds gesteun.
Die Britse Hoë Kommissaris Cuthbert Alport het die vlug op die lughawe ingewag toe die vliegtuig elders naby Ndola in vlamme neergestort het. Omdat Altport by die lughawebestuur daarop aangedring het dat Hammarskjöld elders heen gevlieg het, is die soektog ure lank vertraag.
Die wrak van die vliegtuig is eers na langer as vyftien ure opgespoor, maar ooggetuies by die ramp sê daar was binne enkele ure reeds mense wat die toneel gefynkam het.
Angel-Saksiese diplomate was glo bekommerd oor die verlies aan mag van die groot moondhede in Afrika nadat Hammarskjöld ‘n militêre operasie in die Kongo teen die advies van Washington en Londen gemagtig het.
In Suid-Afrika is die SAIMN-dokumente met betrekking tot die dood van Dag Hammarskjöld op ‘n uiters vreemde manier gehanteer. Aartsbiskop Tutu het afskrifte van die dokumente in die openbare domein in 1998 vrygestel.
Hy het in ‘n persverklaring gesê dat die oorspronklike aan die destydse minister van Justisie, Dullah Omar oorhandig is. Maar hierdie oorspronklike dokumente het intussen verdwyn, sodat dit nou onmoontlik is om vas te stel of, soos daar beweer word, dit vervalsings is.
Twee van Hammarskjöld se topvolgelinge, Conor Cruise O’Brien en George Ivan Smith, is albei oortuig dat die sekretaris-generaal se vliegtuig afgeskiet is deur huursoldate wat vir Europese nyweraars in Katanga gewerk het.
Hulle glo dat die Britte gehelp het om Operasie Morthor onder leiding van Hammarskjöld te kelder. In 1992 het die twee ‘n brief aan die Guardian gestuur waarin hulle beweer dat die vliegtuig “per ongeluk” afgeskiet is.
Die SAUK se joernaliste is glo bang hul selfone word deur die Nasionale Intelligensie-agentskap (NIA) afgeluister, het die Mail & Guardian Vrydag berig.
Die voorsitter van die Uitsaaiwese, elektroniese, media, en verwante werkersunie, Bemawu, Hannes du Buisson het aan die koerant gesê die unie het ‘n klagte ontvang dat die SAUK-raad se voorsitter Zandile Tshabala personeel gewaarsku het om versigtig te wees met hul selfoongesprekke omdat hulle gemonitor word.
“As dit waar is, is ons baie bekommerd omdat dit onwettig is om dit te doen,” het Du Buisson gesê.
Vyf redaksielede het reeds onafhanklik die besonderhede van die Januarie vergadering aan die weekblad bevestig.
“Eintlik, het sy gesê ons moet onsself aan gesag onderwerp … en dat ons die regerende party moet respekteer. Sy het gesê jou foon word afgeluister… omdat die SAUK ‘n nasionale sleutelpunt is,” het een personeellid gesê.
Die SAUK se woordvoerder Kaizer Kganyago het aan die koerant gesê Tshabalala se boodskap is verkeerd aangehaal.
“Sy het hulle net herinner dat daar lekkasies in die organisasie is en dat dit ‘n nasionale sleutelpunt is en dat mense lojaal moet wees om lekkasies te voorkom,” het Kganyago gesê.
Ná die herrie wat in 2012 rondom die ANC en SAKP se “tweede, Leninistiese revolusie” en die “tweede oorgang” losgebars het, het die ANC-minister van sport, Fikile Mblalula, gister op Twitter bevestig dat sy party tot so ‘n tweede omwenteling verbind is.
Die twiet lui:
Radical Transformation of economy in the 2nd transition is ANC’s resolution.
Tydens die party se kongres naby Bloemfontein in 2012 is ‘n afgewaterde weergawe van die tweede-oorgangsdokument aanvaar waarin die marxisties-leninistiese ideologie aan die wortel daarvan effens verdoesel is, maar uit bogaande blyk dat die idee van ‘n tweede revolusie nog springlewendig in die party is.
In ‘n ander twiet wat wye kommentaar uitgelok het, het Mbalula gister die opposisiepartye met Adolf Hitler vergelyk deur te sê:
Continue to dream even Hitler had a dream Team Anc Tbe ( the best ever) let’s rock and roll street by street, house ro house no retreat!!!
Volgens die dagblad Beeld het sy woordvoerder, Anda Bici, gister gesê dat “Hitler ‘n fascis Hitler was wat gedroom het om die heelal te verower, maar misluk het. Die fascistiese ideologie het selfs dié in die steek gelaat met omgekeerde fascistiese idees wat daarvan droom om die ANC in die (komende verkiesing) te verslaan, maar wat sal misluk.”
Hy het bygevoeg een twiet kan nie uitgesonder word om by ’n “verkeerde, nou en misleidende gevolgtrekking te kom nie”.
“In Potchefstroom word kinders egter geleer om Hitler-styl te salueer. Hoekom het ons nie ’n debat daaroor in 2014 nie? Dié wat droom dat dié land terug sal gaan na onderdrukking, dagdroom.”
Keith Khoza, ANC-woordvoerder, het gesê Mbalula het in die twiet na opposisiepartye verwys. “Dit is net ’n droom wat hulle kiesers belowe wat nooit verwesenlik sal word nie.”
Die rubriekskrywer van die Business Day se aanlynweergawe, Gareth van Onselen, wy ook vandag sy “Twiet van die week” aan Mbalula se Hitleruitspraak onder die titel: Mbalula, Hitler and God.
Voormalige minister van intelligensie Ronnie Kasrils asook die minister van Verdediging Nosiviwe Mapisa-Nqakula het Chris Hani se aandeel in die oorgawe van Suid-Afrika aan kommuniste Donderdag geprys.
Dié twee se openbare ondersteuning vir Hani kom te midde van oplaaiende druk om die baie siek Clive Derby-Lewis uit die gevangenis vry te laat op mediese parool.
Derby-Lewis is betrek by die sluipmoord op Hani en het reeds sy gevangenisstraf uitgedien, maar die owerhede weier om hom vry te laat.
Kasrils het die National Union of Metalworkers Suid-Afrika ( Numsa ) lof toegeswaai en gesê die vakbond “adem die gees van Chris Thembisile Hani” teen ‘n korrupte ANC.
Kasrils het gepraat tydens ‘n gedenklesing ter ere van die ontslape Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party-leier in Port Elizabeth.
Kasrils het die verhoog gedeel met Numsa se president Andrew Chirwa. Albei het ‘n oproer gedoen om in opstand te kom teen die ANC.
Chirwa het sê die ANC moet nie inmeng met die sake van Cosatu nie.
Die verkiesing van 27 April 27 1994 “het tot stand gekom as gevolg van die dood van kameraad Chris Hani” het die ANC se Nasionale Uitvoerende Komitee-lid Nosiviwe Mapisa- Nqakula gesê.
Sy het gesê Hani se dood in 1993 het die onderhandelingsproses vir die verkiesingsdatum versnel.
In haar toespraak in Queenstown, in die Oos-Kaap , op die 21ste herdenking van Hani se dood, het Mapisa- Nqakula gesê die omstandighede van Hani se generasie het hulle gemotiveer om by die bevrydingstryd aan te sluit en hulle “was bereid om vir vryheid te sterf”.
Mapisa-Nqakula het gesê die land moet Hani vir sy “sterk morele waardes” onthou en bygevoeg dat Suid-Afrikaners altyd moet onthou “dat daar mense is wat hul lewens gegee het vir ons demokrasie”.
Hani sowel as sy vrou het albei buite-egtelike verhoudings gehad en die huwelik was ten tye van sy dood heeltemal verbrokkel. Ten spyte daarvan voel Hani se weduwee blykbaar nog “pyn” oor haar vervreemde man se dood.
Die Oos-Kaap was voor 1994 die broeikas van die Xhosa-opstand wat deur Anglo-Amerikaanse belange bestuur is.
Dié opstande is moontlik gemaak deur ‘n rekenaardatabasis wat deur die VSA voorsien is aan die voormalige tuisland en deur Amerika en Israel gemyn is vir besonderhede oor hoe om tuislandinwoners as aktiviste aan te wend.
Die Zimbabwiese minister vir Omgewingsake en Wildlewe, Saviour Kasukuwere sê die VSA se besluit om olifanttrofeë in hul land te verbied, kan Zimbabwe nadelig raak.
Hy het die verbod as ‘n slag vir die land se wildlewe-bewaringsprogramme bestempel en sê dit sal werkverskaffing en toerisme benadeel.
Zimbabwe kan tot R150 miljoen verloor weens die Amerikaanse verbod op jagters se olifanttrofeë.
Die Amerikaanse Vis- en Wildlewedienste het ‘n verbod op die invoer van sulke trofeë vanaf Zimbabwe en Tanzanië uitgeroep omdat die olifantbevolking in dié lande ernstig bedreig word.
Ongeveer 90 olifante word elke dag in Tanzanië vir hul tande gestroop.
In Zimbabwe is 300 olifante verlede jaar deur amptenare, sogenaamde “wildbewaarders”, in Zimbabwe vergiftig.
Klaarblyklik is sommige amptenare in die Ditsobotla Plaaslike Munisipaliteit besig om die geweld in Bodibe en Itsoseng aan te hits.
Die premier van Noordwes, Thandi Modise, het haar kommer uitgespreek oor dié bewerings.
Intussen is sewe winkels wat deur buitelanders besit word, geplunder terwyl ander winkels afgebrand is in die jongste voorvalle van xenofobiese geweld.
Die geweld word voorgehou as “diensleweringsopstande”.
Buitlelanders moes op vlug slaan nadat ‘n groep swart jeugdiges naby Lichtenburg drie dae geweld aangehits het en boedoehowe gehou het.
Die paaie is steeds onbegaanbaar nadat oproeriges en die polisie slaags geraak het. Bome, vullis en klippe het die deurgange tot op hede onbegaanbaar gemaak.
Die meeste winkels is steeds gesluit nadat hulle deur inwoners geplunder is.
Buitelanders vrees vir hul lewens en besittings en is glo gedurende die nag aangeval.
Leerlinge sowel as onderwysers het die afgelope twee dae weggebly by die skool.
Sowat 40 oproermakers sal Vrydag in die Itsoseng Landdroshof verskyn, onder meer op aanklagte van openbare geweld en kwaadwillige saakbeskadiging.
By Boitumelong by Bloemhof in Noordwes sal 123 inwoners weer in die hof verskyn nadat die saak Maandag uitgestel is.
Hulle word ook aangekla van openbare geweld en opsetlike saakbeskadiging.
Inwoners van die gebied het verlede Woensdag oproerige geraak en het verskeie eiendomme van polisielede en raadslede van die Lekwa Teemane munisipaliteit beskadig.
Die inwoners beskuldig die raadslede van korrupsie, bedrog en nepotisme en eis dat die munisipale raad ontbind word.
EFF-lid Wiekus Kotze is vroeg Donderdagoggend in hegtenis geneem vir bedrog in Alberton, het die party gesê.
Nóg die polisie nóg die Valke kon dadelik Kotze se arrestasie bevestig.
Patrick Sindane, die Ekonomiese vryheidsvegters Gauteng-woordvoerder het gesê in ‘n verklaring lede van die party sal Kotze ondersteun as hy Donderdag in die Palm Ridge-landdroshof verskyn.
“Ons beskou dit as niks anders as die misbruik van staatmasjinerie deur sekere individue ter wille van politieke voordeel nie,” het hy gesê.
Kotze het ‘n opskudding op sosiale media vroeër hierdie jaar veroorsaak met sy ondersteuning vir die EFF om wit bates te vat.