Rhodes Universiteit, media daag verkragters voor boendoehof

Een van die mans wie se naam op Facebook geplaas is weens vermeende seksuele misdade by die Rhodes-universiteit in Grahamstad, het nou ‘n klag by die polisie gelê.

Dit wil voorkom asof Facebook intussen die blad gesluit het waarop die boendoehof gehou word.

‘n Inskrywing op die gay Facebook-bladsy getiteld “RU Queer Confessions, Questions and Crushes” het die name van 11 mans gelys waarvan drie wit is, wat glo verkragters is.

In weerwil van ‘n growwe skending van die mans se regte, het Rhodes Universiteit, die studenteraad en media soos Timeslive, die plasing van die lys sonder meer verwelkom.

Die “joernalis” en redakteur van die studentekoerant Mitchell Parker het sy eie aandeel in die boendoehof ook goedgepraat. Hy het na die boendoeregters as “leiers” verwys.

Maar volgens aanduidings is nog geen van die mans wat op die lys verskyn ooit aangekla en skuldig bevind van verkragting nie. Hulle is bloot deur ‘n groepie lesbiërs aangekla.

Kennelik het niemand by die instelling of hul simpatiseerders in die media die vaagste idee van die Grondwet of regte nie.

Dit is nie bekend of dit een van die drie wittes is wat die klag gelê het nie.

Die polisie wou ook nie die presiese aard van die klag bekend maak nie. Die vise-kanselier van die universiteit, Sizwe Mabizela sê die universiteit werk nou saam met die polisie in die saak.

Die publikasie van die beweerde oortreders se name het gelei tot openbare geweld deur studente wat beweer dat die bestuur nie optree teen, wat hulle noem, die “toenemende vekragtingskultuur” op die kampus nie.

Die kampus moes sluit weens die geweld.

Mabizela sê ‘n tussentydse taakspan om die beleid oor seksuele wangedrag te hanteer, het reeds met sy werk begin.

Intussen is akademiese bedrywighede by die universiteit hervat nadat klasse weens die oproer opgeskort is.

Die oproermakers sê hulle sal die stryd voortsit totdat die verkragtingskultuur uitgeroei is. Hulle het nie kommentaar gelewer op die skending van die mans se regte nie.

Senior ANC-lid pleit vir boendoegereg voor sy eie vonnis

Ten minste een lid van die ANC se uitvoerende komitee in die Wes-Kaap is keelvol vir misdaad, alhoewel hyself met die gereg gebots het.

Andile Lili meen misdadigers moet “onmiddellik en gewelddadig” doodgemaak word in boendoeverhore.

Hy het die uitlating Dinsdag voor die landdroshof in Bellville gemaak waar hy aanstons gevonnis sal word weens ’n oortreding van die Burgerlugvaartwet.

Lili en nog agt mense was twee jaar gelede betrokke by ’n voorval waar mense-ontlasting by die Kaapstadse Lughawe uitgekeer is.

Die hofverrigtinge is egter uitgestel.

Lili het ‘n skare opgesweep oor die land se onvoldoende regstelsel. Talle misdadigers wat gearresteer word, word deur die regstelsel vrygelaat, het hy gesê. “Die enigste ding wat ons kan doen, is om ’n misdadiger dadelik dood te maak wanneer ons hom vind.

“Ons moet hulle doodmaak, kamerade! Ons bevry ons van misdadigers. Die polisie probeer, maar die regstelsel laat ons in die steek.”

Nege vas oor boendoegereg-moorde

mobruleNege swartes is in hegtenis geneem nadat hulle glo drie swart mans in Mthatha in die Oos-Kaap doodgemaak het in die jongste voorval van boendoegereg.

Lt.kol. Mzukisi Fatyela sê inwoners van Chris Hani-park het vier mans Woensdag met messe, stokke en kapmesse aangeval.

Drie is dood en een man kon daarin slaag om te vlug.

Die gemeenskap het die swartes van verkragting en roof beskuldig.

Nege swartes insluitende vroue en mans tussen 22- en 29-jarige ouderdom is in verband met die moorde in hegtenis geneem.

Fatyela sê die voorval hou nie verband met Woensdag se verkiesing nie.

Man lewendig verbrand in boendoehof

Nog twee ongelukkiges
Nog drie ongelukkiges

Drie swart verdagtes is vir moord in hegtenis geneem nadat hulle vermoedelik ‘n man lewendig verband het.

Die drie het petrol oor ‘n man van Phumola naby Leondale uitgegooi en hom aan die brand gesteek in die jongste voorval van boendoegereg.

Dit het gebeur nadat die man glo by ‘n huis ingegaan het en ‘n vrou in die kombuis om hulp begin roep het.

Die gillende vrou haar man op sy hoede gestel en hy het die vlugtende indringer agternagesit en gevang.

Die gemeenskap het die indringer daarna aangerand voordat hulle hom lewendig aan die brand gesteek het.

Hy is op die toneel aan sy beserings dood.

Dodetal in Khutsong styg na boendoehowe

Klipgooiers
Klipgooiers

Die polisie is op ‘n hoë gereedheidsgrondslag geplaas nadat oproer in Khutsong uitgebreek het. Inwoners steek polisievoertuie onder klippe en van die voertuie is beskadig.

Die situasie in die gebied is gespanne nadat lede van die gemeenskap lewendig verbrand is na boendoehofuitsprake. Die dodetal het intussen gestyg na ses.

Die waarnemende Gautengse provinsiale polisiekommissaris het die gemeenskap van Khutsong aan die verre Wes-Rand gevra om enige inligting aan die polisie te verskaf oor bendebedrywighede in die gebied.

Kommissaris Lesetja Mothiba het inwoners gevra om nie die reg in eie hande te neem nie nadat geweldadige botsings oor bendebedrywighede tot die aanvanklike dood van vyf mense gelei en verskeie beseer is.

Die geweld het uitgebreek na ‘n vergadering oor bendebedrywighede.

‘n Groep mense is na die huis van ‘n toordokter van 61. Hulle het hom en sy huis aan die brand gesteek waarna splintergroepe toe na bendelede in die gebied gaan soek het en nog twee mans aan die brand gesteek het.

Ander twee vermeende bendelede is met klippe bestook.