praag.co.za

SAUK bang hul fone word deur intelligensie afgeluister

Written by

in

,
Hannes du Buisson
Hannes du Buisson

Die SAUK se joernaliste is glo bang hul selfone word deur die Nasionale Intelligensie-agentskap (NIA) afgeluister, het die Mail & Guardian Vrydag berig.

Die voorsitter van die Uitsaaiwese, elektroniese, media, en verwante werkersunie, Bemawu, Hannes du Buisson het aan die koerant gesê die unie het ‘n klagte ontvang dat die SAUK-raad se voorsitter Zandile Tshabala personeel gewaarsku het om versigtig te wees met hul selfoongesprekke omdat hulle gemonitor word.

“As dit waar is, is ons baie bekommerd omdat dit onwettig is om dit te doen,” het Du Buisson gesê.

Vyf redaksielede het reeds onafhanklik die besonderhede van die Januarie vergadering aan die weekblad bevestig.

“Eintlik, het sy gesê ons moet onsself aan gesag onderwerp … en dat ons die regerende party moet respekteer. Sy het gesê jou foon word afgeluister… omdat die SAUK ‘n nasionale sleutelpunt is,” het een personeellid gesê.

Die SAUK se woordvoerder Kaizer Kganyago het aan die koerant gesê Tshabalala se boodskap is verkeerd aangehaal.

“Sy het hulle net herinner dat daar lekkasies in die organisasie is en dat dit ‘n nasionale sleutelpunt is en dat mense lojaal moet wees om lekkasies te voorkom,” het Kganyago gesê.

Comments

7 responses to “SAUK bang hul fone word deur intelligensie afgeluister”

  1. Gas Avatar
    Gas

    Ek wonder hoekom. Hulle werk almal vir intelligensie

  2. Andrea Avatar
    Andrea

    Ek kan nie dink wat presies die moeite werd sou wees om te weet van die SAUK nie.

    1. Leonor Bosman Avatar
      Leonor Bosman

      Ja, stomgeslaan. Idiote!

  3. Rooikop Avatar
    Rooikop

    Hierdie hele land word afgeluister – die in beheer is sooo bang daar is iemand wat wil hê hulle moenie meer “regeer” nie.

  4. Willy Avatar
    Willy

    Broer spioeneer op broer. Die korruptes vertrou nie mekaar nie.

  5. Eric vir KWV Avatar
    Eric vir KWV

    Bang??!! dit word beslis gedoen en met julle en my belasting geld

  6. Kalium_Chloraat Avatar
    Kalium_Chloraat

    Hoekom is hulle bang? As ek veronderstel dat hul telefoongesprekke soos hul programme is sal hul foongesprekke mos knaend herhaal. Afrikaanse reekse uit dfie 1980’s, sepies uit die 1990’s, so al wat NI sal hoor is dieselfde gesprekke wat oor en oor herhaal word. Dit sal dan mos ‘n erg moeilike las vir NI se afluisteraars wees om te dra, net soos die SAUK se aanbiedings ‘n moeilike las vir die Suid-Afrikaner is om te dra.

Leave a Reply