praag.co.za

Inwoners van Bloemhof wil klag van terreur lê teen buitermag

Written by

in

,

bloemhofstandMy naam is Deon Beukes en ek is deel van die gemeenskap van Bloemhof. Op Maandag en Dinsdag moes ons as gemeenskap opruk om te verhoed dat ons dorp ingeval en geplunder word. Gelukkig het ons `n buurtwag so 8 maande terug gestig wat vol toegerus is met radio`s, nagsig en hittebeeldsig (thermal imaging).

Die polisie kon hulle self Maandag en Dinsdag nie teen die massas verdedig nie want hulle was te min.Ons moes op `n staduim vir hulle haelgeweer patrone leen. Teen Woendag was ons versterkings van die omgewing so ver as Kathu ongeveer 300 bakkies.

Let wel dat ons nie polities gedrewe is nie. Hierdie was slegs optrede om eiendom te beskerm, ongeag party-affiliasie. Hierdie swart mense het teen hierdie tyd alles in die swart woonbuurt afgebrand en alle inligting het gewys dat hulle die dorp wou inval.

Dit was wel so, want hulle het 3 tot 4 keer probeer om die dorp in te kom met alle mag, met ongeveer 3000 mense. Hulle het militêr opgetree, want dan slaan hulle ons op een plek, en dan trek hulle terug en slaan ons dan weer op `n ander plek.

Ons het hulle uit die “GOS” gesit en dophou dus kon ons ons manne herontplooi. Hulle oogmerk was om by winkels in te breek en te besteel en om ander geboue in dorp te brand. Ons het vasgestaan en het dit
afgeweer.

Woensdagnag het `n generaal van die SAPD ingekom en ons beveel om terug te staan.

Ons het haar bevel gehoorsaam met die voorwaarde dat sy versterkings moes inbring. Na wat ek verneem is amper die hele onluspolisie van Noordwes hier. Ons inligting sê dat dorpe rondom nou moet begin brand sodat die polisie kan begin verdeel want hulle wil Bloemhof vat.

Dorpe rondom het nou reeds begin: Wollies, Makwassie, Hoopstad, S/renke, Hertzogville en Christiana. Ek wil `n klag van terrorisme gaan indien maar kry geen prokureur wat die ruggraat het nie. Ek glo dit sal dalk die ding kan draai .

Help asb met raad en verwysings en selfs met `n prokureur wat sal help. Ons het hulp nodig. Julle sien nie `n tiende op die nuus nie.

Deon Beukes

Comments

22 responses to “Inwoners van Bloemhof wil klag van terreur lê teen buitermag”

  1. Trippie Avatar
    Trippie

    Hierdie foto is gister deur my op Praag geplaas (verwys na Swartes sweer wraak na witte swart tiener in Christiana skiet). Let ook op na kommentator se antwoord oor my repliek re die foto. Dan nogal “TrotsAfrikaans” ?!?!

    TrotsAfrikaans Trippie •a day ago
    Jy is trots op die spul? Red ‘n volk!

    _ | _

    Wel, dis juis HIERDIE mense wat OMGEE-MENSE is, en hul eie lewens in gevaar gestel het deur die SAPD by te staan op elke denkbare wyse ! Ek salueer ELKEEN VAN JULLE !

    Ek hoop en bid ‘n regskenner sal die rubriek lees en reageer op die pleidooi van ‘n bekommerde inwoner !

    1. Leonor Bosman Avatar
      Leonor Bosman

      Trippie lees my antwoord aan hom.

      1. Trippie Avatar
        Trippie

        Dankie Leonor, ek het !

  2. Leonor Bosman Avatar
    Leonor Bosman

    So pas in die burger gesien 1017 polisielede afgedank. Eerste gedate: Hoekom juis NOU! Hulle weet mos al lankal dat die polisie is deurspek is van misdagers. Maar nou, ek ‘n rot. Minder om die opstande te keer met geldige verskoning. Brand gaan hulle brand, die hele land deur. Ons sal moet begin eerrnnssttiigg besin.

    1. Trippie Avatar
      Trippie

      Maak sin ! Volkome sin ! Dit is ‘n verdomde skande dat kriminele in diens is van die eens trotse SAP – geen wonder die naam is verander nie !

      Ons kan redeneer na watter kant toe ookal – hierdie is net die begin !

      WEES WAAKSAAM – ELKE DAG, 24 UUR PER DAG !

    2. Trippie Avatar
      Trippie

      Gerugte doen die rondte dat sommige polisiebeamptes buitebande aan die betogers verskaf sodat dit aan die brand gesteek kan word. Gaan hulle ook geidentifseer en ontslaan word ?

  3. Trippie Avatar
    Trippie

    Terwyl ‘n SAPD-lid die dorp help beskerm, word sy huis aan die brand gesteek !

    1. Rooikop Avatar
      Rooikop

      Baie hartseer – ek hoop hulle herstel gou.

  4. Gas Avatar
    Gas

    Skryf uit Richardsbaai waar ons pas vandag ‘n mak oproer gehad het.
    Tot my spyt moet ek die ernstige woorde van waarskuwing in mnr. Beukes se skrywe beaam.
    Vanoggend vieruur het seker sowat ‘n duisend swartes van die lokasie agter die lughawe (hier is meer lokasies en in al die windrigtings en glo my, hulle kan ‘n wit strand vir myle aaneen swart maak as hulle die dag die taxi’s en busse volpak), na ‘n strategiese T-aansluiting gemarsjeer. Vergeet eers hul griewe, fiktief of waar, hulle het moeiteloos en in ‘n skynbaar goeie bui een ding vermag: ‘n hele hoofsaaklik blanke woonbuurt (Birdswood) van die buitewêreld afgesny (‘n lugbrug mbv die lughawe seker uitgesluit). En dit in die stikdonker oggend.
    Jy kry allerhande vermoedens as jy die gedrag van die hoofsaaklik Swart SAPD oorweeg. Daar is al gisteroggend vlugskrifte oor die griewe in die lokasie se skole en wie weet waar nog versprei. Die polisie was dus ingelig wat die optrede betref.
    ‘n Mens wil nie die “militêre” karakter van hierdie optrede aan die groot klok hang nie, hier is seker Afrikaners in R/baai oor wat ‘n SWOT kan doen, nietemin, dankie vir mnr. Beukes wat dit ons op die hart druk dat daar militêre oorwegings in hul omstandighede steek.
    Nou hoop ek maar ook hier in R/baai sit sulke wakker kêrels soos mnr. Beukes. Want geen Blanke in R/baai wat uit die ou veiligheidsmagte kom en vanoggend se dinge gesien het, sal gerus slaap nie, dis ek seker van.

    1. Leonor Bosman Avatar
      Leonor Bosman

      Dankie dat jy ingelig het.

  5. AntSan Avatar
    AntSan

    Ek weet net van Paul Kruger. As die blankes in SA nie NOU besef dat sou hierdie mense nie buurtwag gestig het nie en ander ondersteuners hul te hulp gesnel het nie, ons nou van bloedbad sou lees. Asb, elke blanke in die land moet nouerken, ons is op die randjie van die afgrond. Staan asb saam.

  6. AntSan Avatar
    AntSan

    Jan Kempdorp paaie afgesper agv oproer. Skole vroeg gesluit. Verbaas dit ons? Wie was 4 dae gelede daar? Wat se jeug kamp is daar?

  7. Nog 'n Deon Avatar
    Nog ‘n Deon

    Beste Deon, mooi so met julle buurtwag en optrede. Kontak Prokureur Paul Kruger van VVK faam, hy het ruggraat en sal help. Ek onthou jou pa, Johan Beukes, ek is 1995 daar weg. Die NP se beloftes van wigte en teenwigte, het toe nie gewerk nie soos ek geweet het. Geweld is vandag erger as onder die ou wit regering in Bloemhof. Die meeste oproeriges het nie eers geleef onder apartheid nie. Vra die twee Van Zyl boere ou Jasper en Fanie, AB-manne om met die mense te praat wie hul so goed ken. Sterkte met jul woonbuurtverdediging.

  8. Riempies Avatar
    Riempies

    Ek het hierdie epos ontvang en deel dit met almal wat hier lees:

    MOET VIR GEEN REDE UIT JOU HUIS UITGELOK WORD NIE !!
    Daar bestaan nie meer iets soos DIEWE nie net BARBAARSE MOORDENAARS. WEES TEN
    ALLE TYE PARAAT:-

    ■Moenie uitgaan na jou “krag-box” om te kyk wat aangaan
    as jou krag afgaan nie – kry eers hulp van buite af in
    !!

    ■Moenie uitgaan om te kyk hoekom loop daar water uit
    jou krane of in jou tuin nie – die krane kan nie vanself oopgaan nie – kry eers
    hulp van buite af in !!

    ■Moenie uitgaan as iemand om “hulp roep” of “gewond”
    by jou huis aankom nie – bel die nodige nood-eenhede soos polisie, ambulans, ens
    !!

    ■Moet ook nie goedsmoeds vir die “polisie” oopmaak
    nie … kontak jou naaste polisiestasie en bevestig eers alle details
    !!

    ■Moenie uitstorm as jou voertuig(e) se alarm afgaan
    nie – daar moet ‘n (moontlik gevaarlike) rede wees daarvoor
    !!

    ■Moenie uitstorm om te kyk hoekom jou honde dringend
    en aanhoudend blaf nie – daar moet ‘n (gevaarlike) rede wees daarvoor
    !!

    ■Moenie gaan kyk hoekom “huil daar ‘n baba” by jou
    kamervenster of by jou hek nie – die “Suster Theresa-gevoel” kan jou lewe kos
    !!

    ■ Moenie uitgaan as klein hondjies op jou stoep of
    by jou voordeur neergesit word nie. Skakell dan eerder jou naaste SAP of
    Buurtwag om uit te kom en ondersoek in te stel asb. Lyk my dis die nuwe Modus
    Operandi deesdae. Kriminele sit klein hondjies saans naby jou huis se deure en
    wag vir jou om uit te kom. MOENIE daarvoor val nie!

    ■Moenie reageer op “hulproep” van jou werkers in die
    nag nie – maak ‘n alternatiewe reeling met hulle – in mediese noodgeval
    byvoorbeeld, kan hulle jou bel en jy kan ambulans reel
    !!

    ■Moenie vir “verkoops foefies” of “herstelwerk
    foefies” of “opname truuks” of “werk soek truuks ”val nie – as hulle nie met jou
    ‘n afspraak kan maak nie, dan mag hulle jou nie te siene kry nie
    !!

    ■Moet GEEN vreemdes by of naby jou huis toelaat nie
    (dag of nag) … hanteer dit altyd as ‘n moontlike roof / plaasaanval as daar
    vreemdes per voertuig of voet aankom – roep onmiddelik hulp van buite af in
    voordat hulle naby jou kom !!

    ■Reel al hierdie nood-drils ook met jou bure rondom
    jou – praat met mekaar, al is dit 3-uur in die nag en help mekaar so beskerm
    teen al hierdie slinkse truuks !!

    ■Kry AL die nooddienste, SAPS, CPF, Buurtwag,
    Plaaswag, ens. se noodnommers op julle selfone en roep ALTYD EERS hulp van BUITE
    af in om jou eiendom te beveilig VOOR jy self
    uitstorm

    ■Ons is geregtig op privaatheid en ‘n “veilige spasie”
    om ons – moenie dat daardie regte binnegedring word nie – handhaaf dit baie
    streng !!

    ■Vertrou ALTYD jou “6e sintuig”, die “stemmetjie”
    wat jou waarsku of “daardie gevoel” – dis gewoonlik
    reg

    n Nuwe ding is ook die oopmaak van jou buite
    krane.

    Onthou aanvallers en moordenaars sal alles in hul
    vermoe doen om jou na buite te lok. Dit maak dit vir hulle baie makliker om
    toegang tot jou en jou huis te verkry!

    1. Leonor Bosman Avatar
      Leonor Bosman

      Dankie Riempies baie nuttig. Ek wil ook iets deel, Weens aandklasse het ek baie keer laat by die huis gekom. Dan het ek die volgende gedoen
      1, Zig-zag in jou straat om verskuildes te sien.
      2, Druk jou remote van ver af dat jy kan in ry sonder om te stop.
      3. Stop redelik naby die hek.
      4. Sit jou kar in trurat en hou jou voet op die petrol- die ligte help om te sien.
      5. Kyk in a ldie spieeltjies terwyl jou hek toegaan.
      6, Ry motorhuis toe.
      NB. As jy ‘n bliksem sien , trap die petrol plat.

      1. Trippie Avatar
        Trippie

        NB. As jy ‘n bliksem sien , trap die petrol plat.
        Wens ek kan jou 1 000 opduime gee hiervoor !!!!

        1. Leonor Bosman Avatar
          Leonor Bosman

          Ha-ha! Lekker een.

      2. Dolk Avatar
        Dolk

        VERMY GEWOONTES! Selfde pad, selfde tye, selfde winkels. Sluit sleutels weg!

        Sorg dat die bediendes nie hul selfone by hulle hou nie – hulle neem foto’s en films van die huis en waar alles is! Kluise, alarms, slotte ens.

    2. Trippie Avatar
      Trippie

      WELKOM TERUG Riempies !
      Ja, ek het dieselfde ontvang vanaf ‘n SAPD lid.

      1. Riempies Avatar
        Riempies

        Hi Trippie, en Leonor weet julle terwyl ek dit lees dink ek by myself – wat het ons so erg verkeerd gedoen dat ons so moet probeer
        oorleef – dit is mos nie n lewe om so te lewe nie. Erens moet daar tog darrem een regverdige wees om hierdie land te red van die bose?

  9. Gas Avatar
    Gas

    Mmm, nog ‘n trol. Hoop jy vir ‘n bedraggie van die Eiensie om die ondertekenaars van die oorlogsdeklarasie op te sluit. Ek kan net dink jy is gretig om dit te doen voordat hulle by jou deur aanklop

  10. Trippie Avatar
    Trippie

    Ronin, in alle ordentlikheid vra ek die vraag – na wie jy verwys as “een van ONS lamsakkige leiers” ?

Leave a Reply