My naam is Deon Beukes en ek is deel van die gemeenskap van Bloemhof. Op Maandag en Dinsdag moes ons as gemeenskap opruk om te verhoed dat ons dorp ingeval en geplunder word. Gelukkig het ons `n buurtwag so 8 maande terug gestig wat vol toegerus is met radio`s, nagsig en hittebeeldsig (thermal imaging).
Die polisie kon hulle self Maandag en Dinsdag nie teen die massas verdedig nie want hulle was te min.Ons moes op `n staduim vir hulle haelgeweer patrone leen. Teen Woendag was ons versterkings van die omgewing so ver as Kathu ongeveer 300 bakkies.
Let wel dat ons nie polities gedrewe is nie. Hierdie was slegs optrede om eiendom te beskerm, ongeag party-affiliasie. Hierdie swart mense het teen hierdie tyd alles in die swart woonbuurt afgebrand en alle inligting het gewys dat hulle die dorp wou inval.
Dit was wel so, want hulle het 3 tot 4 keer probeer om die dorp in te kom met alle mag, met ongeveer 3000 mense. Hulle het militêr opgetree, want dan slaan hulle ons op een plek, en dan trek hulle terug en slaan ons dan weer op `n ander plek.
Ons het hulle uit die “GOS” gesit en dophou dus kon ons ons manne herontplooi. Hulle oogmerk was om by winkels in te breek en te besteel en om ander geboue in dorp te brand. Ons het vasgestaan en het dit
afgeweer.
Woensdagnag het `n generaal van die SAPD ingekom en ons beveel om terug te staan.
Ons het haar bevel gehoorsaam met die voorwaarde dat sy versterkings moes inbring. Na wat ek verneem is amper die hele onluspolisie van Noordwes hier. Ons inligting sê dat dorpe rondom nou moet begin brand sodat die polisie kan begin verdeel want hulle wil Bloemhof vat.
Dorpe rondom het nou reeds begin: Wollies, Makwassie, Hoopstad, S/renke, Hertzogville en Christiana. Ek wil `n klag van terrorisme gaan indien maar kry geen prokureur wat die ruggraat het nie. Ek glo dit sal dalk die ding kan draai .
Help asb met raad en verwysings en selfs met `n prokureur wat sal help. Ons het hulp nodig. Julle sien nie `n tiende op die nuus nie.
Deon Beukes
