Die dissiplinêre tribunaal na die beweerde wangedrag van die Wes-Kaapse regterpresident, John Hlophe, word vandag hervat wanneer daar repliek gelewer sal word op gister se openingsbetoë.
Hlophe is in 2008 van regterlike wangedrag beskuldig nadat hy na bewering probeer het om regters van die Konstitusionele Hof te beïnvloed in die korrupsiesaak teen president Jacob Zuma.
Hlophe se regspan bevraagteken die geldigheid van die verhoor sê die klagte teen Hlophe is nie onder eed ingedien nie.
Die regsverteenwoordiger vir die Konstitusionele Hof het egter gesê die klagte is deur al die regters van die Konstitusionele Hof gemaak, en was vergesel van beëdigde verklarings. – RSG
Buurlande van Sirië sê die toenemende getal vlugtelinge van die burgeroorlog in die land plaas ‘n ondraaglike las op hulle eie hulpbronne.
Die verteenwoordigers van Libanon, Jordanië, Irak en Turkye het in Geneve gepleit vir groter internasionale steun. Die kwessie is reeds deur die VN se Vlugteling-agentskap aangeroer.
Sirië se minister van buitelandse sake, Walid Moeallem, sê egter van die buurlande wat by die konflik ingemeng het, het net sake vererger.
Hy het na die Siriese opposisie as terroriste verwys. – RSG
‘n Suksesvolle rekenmeester van New York, het erken dat hy geld en toerusting aan die terreurgroep al-Kaida verskaf het. Hy is tot 18 jaar tronkstraf gevonnis.
Sabirhan Hasanoff is Maandag in ‘n federale hof gevonnis nadat hy skuldig gepleit het op aanklagte dat hy die groep ondersteun het.
Die regter het gesê dit was nodig om ‘n boodskap aan ander te stuur wat dalk gewelddadige Islamitiese ideologie wil nastreef.
Hasanoff het om verskoning gevra en gesê dit is verkeerd dat hy Al-Kaïda vanaf 2007 tot 2010 ondersteun het.
Die 37-jarige Hasanoff en Amerikaanse sowel as Australiese burgerskap. Hy en sy twee kinders het in Brooklyn gewoon.
Hasanoff het aan die Baruch Kollege van die Universiteit van New York gegradueer en het as senior bestuurder by PricewaterhouseCoopers gewerk. – Sapa/AP
‘n Multimiljardrandse kontrak is deur Krygkor aan die wapenvervaardiger Denel toegeken vir die bou van 200 gepantserde militêre voertuie.
Dit sal die Ratel vervang wat nou al 30 jaar oud is. Die weermag het nie soos die vloot en lugmag gebaat by die omstrede wapentransaksie nie.
Die Hoefysterprogram is daarop gemik om 8-wiel voertuie in die 25 ton-klas te vervaardig. Die voertuig, is soos sy voorganger, uiters rats en taai en kan 12 man dra.
Die twee partye sê die 8×8 Badger is die beste voertuig in sy soort en sal bydra tot die modernisasie van die Nasionale Weermag.
BAESystemsLand SystemsSAhet voorgesteldat dieBadgerlaat vaar word ten gunste vandienuwe generasieRG4. DieRG41voldoen aan mobiliteits-, beskermings- envuurkragbehoeftes, en die nodige gevegskrag, sê kritici.
Die maatskappy in Benoni het honderdeRG31voertuie vir dieAmerikaanse gewapende magte gebou enhonderde miljoenedollars daaruit verdien.
Terwyl dieRG31voertuiggewild is bydie Amerikaansedepartement van verdediging, voldoen dieBAERG41voertuignie aan dieSuid-AfrikaanseWeermag se spesifikasies nie. Die Suid-Afrikaanse voertuig gebruik ‘n Finse ontwerp wat aangepas is vir plaaslike toestande.
Krygkor en Denel sê Suid-Afrikaanse se troepe-ontplooiing in die Demokratiese Republiek van die Kongo het opnuut die klem geplaas op weerbare slagveldmobiliteit, wat die Badger sal kan verskaf.
Die uitvoerende hoof van Denel, Riaz Saloojee, sê dit is die grootste kontrak met ‘n Suid-Afrikaanse maatskappy die afgelope tien jaar.
Kommer heers oor die toekoms van die Universiteit van die Witwatersrand (Wits) nadat nóg senior personeellede te midde van herstrukturering bedank het.
Die oudste universiteit in Johannesburg was onlangse in die nuus weens voorvalle van seksuele teistering wat gelei het tot die afdanking van twee swart en een wit akademiese personeellid.
Verskeie top-akademici het intussen bedank, het die Business Day berig.
Twee dekane het ook hul bedanking ingedien.
Die Academic Staff Association of Wits University (Asawu) het gesê daar was ‘n gebrek aan duidelike kommunikasie.
Die vereniging het ‘n beroep gedoen op Adam Habib, viserektor van die universiteit, om bekend te maak wat die werklike redes vir die bedankings is.
SakemanRichardMaponya het kritiek teen die regering uitgespreek oor sy beleid van swart ekonomiese bemagtiging
Richard Maponya
in‘n onderhoud metdieSowetan.
“Dit(SEB)is nie ‘nwareding nie, want ditneem dieself-inisiatief weg wat nodig is virjongen opkomendeentrepreneurswatmoet wakker word endiedinge selfwil doen,” het hy gesêby die sesdeverjaarsdagvieringe vanMaponyawinkelsentrum inSowetoVrydag.
Hy het gesêbreë–gebaseerdeswart ekonomiesebemagtiging (BBSEB) was dalk inbeginsel ‘ngoeie idee, maarindie praktyk werk ditnie altydnie.
“Ek blameerregtigons regeringvir dieekonomiesesituasie, wantons isbyna 20 jaarin onsnuwe bedeling, maar onshet nie ‘nbankwat ‘nrisikofonds aan mense beskikbaar stel nie“
Hy het ook gesêswartenwitbesigheidmoet verenig,maar het bygevoegdat witsakelui enbuitelandersnie toegelaat moet wordom sake teoorheersintownships nie.
“Soweto het skielik‘n plek geword waarwitsakeluiwil besigheid doen,wanneer kleinentrepreneursvan die gebieddie geleentheid gegun moet wordomeiebesigheidhierte doen,” hetMaponya gesê.–Sapa
Die regering gaan plase wat in die herkapitalisering- en ontwikkelingsprogram toegeken is, maar nie benut word nie, terugvat, het Gugile Nkwinti, minister van landelike ontwikkeling en grondhervorming, gesê.
Nkwinti het verskeie herkapitalisering-grondhervormingsprojekte in die Vrystaat besoek.
Die besoek is deel van ’n bestekopname oor vordering wat gemaak is sedert die instelling van die program vir herkapitalisering en ontwikkeling vir grondhervormingbegunstigdes in 2010.
Nkwinti het gesê die regering gaan streng tydsbebalings instel sodat die nuwe eienaars nie die grond verkoop of verhuur kort nadat hulle dit bekom het nie.
Die provinsiale leier van die African Farmers Association of South Africa (Afasa), het aan Beeld gesê baie van die begunstigdes het plase verkoop weens ’n gebrek aan toewyding aan landbou en afwesige mentors.
Nkwinti sal ‘n hof Dinsdag vra om te bevestig dat sy departement onwettig opgetree het met ‘n R600 miljoen grondeis in 2009.
Die transaksie het aanleiding gegee tot KwaZulu-Natal se R10 miljard Blythedale Coastal Resort ontwikkeling.
Die verhoor wat oor vier dae sal loop, dien voor Regter AJ Sardiwalla in die Durbanse Grondeisehof. Landboukenners sê indien Nkwinti en die grondeisers daarin slaag dat die transaksie gekanselleer word, twyfel sal heers oor al die grondeisooreenkomste wat deur die regering sedert 1998 aangegaan is.
Nkwinti beskuldig die voormalige Minister van Landbou, Lulu Xingwana, en die waarnemende hoof van die voormalige Departement van Grondhervorming, Blessing Mphela – wat die transaksie vir 3 800 hektaar goedgekeur het – van ‘n “onwettige” rubberstempel.
Die voormalige minister van behuising, Lindiwe Sisulu het voorheen na die transaksie as ‘n “belangrike mylpaal en ‘n bloudruk vir behuisingsontwikkeling” verwys.
Die meer as 1 000 eisers vra dat die hof ‘n ooreenkoms met die KwaZulu-Natalse ontwikkelaar Mark Taylor ter syde te stel, en beweer die implikasies van die transaksie was nie ten volle aan hulle verduidelik toe hulle dit onderteken het nie.
Hulle het die hof gevra om die ontwikkelingsooreenkoms nietig te verklaar, wat aan hulle gratis huise en duisende werkgeleenthedesou bied .
Hulle vra die hof ook om Xingwana te dwing om ‘n belofte na te kom van 2009, waar elke eiser ‘n kontant betaling van R10 000 sou ontvang tot die huise en werksgeleenthede realiseer.
In hofdokumente het die eisers, beter bekend as die Zwelabantu Dube Communal Property Association, ook gevra dat Regter Sardiwalla oorweeg of die regering, in terme van artikel 42D van die Wet op Herstel van Grondregte, grondwetlik was.
Taylor is in die knyp met ‘n paar angstige beleggers en skuldeisers wat hulself nou na die howe wend om hul geld terug te kry na die oord-ontwikkeling verlede jaar tot stilstand gekom het.AgriSA, Kwanalu en SA Canegrowers sê dat hulle die hofverrigtinge fyn dophou aangesien die uitslag beleggingsvertroue kan skud.
DieMamre–gemeenskaphet verlede Dinsdagdietitelaktesvan 4200hektaarse landbougrondterug ontvang wat glo onder dieapartheidsregeringmeer as tweedekades gelede, van hulle vervreem is.
Dieoorhandigingis deur die minister van LandelikeOntwikkeling en Grondhervormingas deel van diedorp seErfenisdagvieringe gedoen.
“Hierdie oordragis ‘ngroot prestasie virdiemeer as2000huishoudings watsal voordeel trek uitdit.Dit is die eerstevan ‘n soortgelykeoordrag naander landelikebruin gemeenskappe,” het die departementgesê.
Sowat 500gesinneis gedwing omhulgrond te verkoopin 1986om plek te maakvir die ontwikkeling vanAtlantis.
Die vakbond Numsa het ‘n beroep op petroljoggies gedoen om onmiddelik terug te keer werk toe.
Petroljoggies het drie weke gelede begin staak terwyl hulle ‘n salarsiverhoging van 30 rand per uur geëis het.
Vrydag het Numsa ‘n verhoging van twee rand per uur aanvaar wat beteken die werkers kry ‘n verhoging van 11,6 persent.
Die woordvoerder van Numsa, Casto Ngobese sê die ooreenkoms beteken petroljoggies se staking is verby, maar die staking in die onderdelesektor duur nog voort. – RSG
Die polisie hetna bewering‘n 17-jarigemeisie watonder‘n groep oproermakers was, doodgeskiet. Hulle het teen diesloping vanhulplakkershutteinCatoCrest, Durban betoog.
Vroeër vanjaaris sewepolisiebeamptesvrygespreekvir die2011moord op die Ficksburgse aktivisAndriesTatane.
BandileMdlalose, sekretaris-generaalvirNGOAbahlalibaseMjondolo, het gesê:“Die gemeenskapis kwaad, hulle wilgeregtigheid hê, hulle sal nooithierdiesinnelose slagting vergeet nie. Die tiener isdoodgeskietsonder dat ‘nwaarskuwingskoot geskiet is.“
Die provinsialewoordvoerder van die polisie,JayNaickersê diebetogers het tweepolisiebeamptes in ‘n hinderlaag gelei wat veroorsaak het dat hulleskotein die skare gevuur het,wat tot die dood van diemeisie en‘n ander persoon gelei het.
“Die skarevan ongeveer 500mense het die polisie omsingel.Hullehet die polisievoertuig in ‘n hinderlaag gelei endie voertuigmet klippe bestook.Hulle het‘n venster gebreek en groot skadeaan die voertuig veroorsaak.Die verdagteshet na beweringprobeer om diepolisiete trek uitdie voertuig. Maartoe die polisie‘n skoot indie skare afvuur, het hulleweggehardloop“. – SABC