Drie onderwysers geskors na swaksiende verdrink

Drie onderwysers van die skool vir blindes in Christiana in Noordwes is geskors nadat ‘n leerder wat gedeeltelik blind is, verdrink het.

Brian Setswambung, woordvoerder van die provinsiale departement van onderwys, het gesê die drie is ná van ‘n voorlopige ondersoek geskors.

“Die departement dink daar is moontlik ‘n prima facie-saak van nalatigheid.”

Sikhona Mogapi, ‘n gr. 2-leerder, het op 15 September in die skool se swembad verdrink.

Sers. Kealeboga Molale het toe gesê die kind het vermoedelik oor ‘n heining by die swembad geklim. Hy het geen sigbare beserings gehad nie.

Wendy Matsemela, LUR vir onderwys, het Woensdag in ‘n verklaring gesê ‘n taakspan wat die voorval ondersoek, sal binnekort ‘n verslag indien. – Sapa

Markte verwelkom Yellen-benoeming as Fed-voorsitter

Janet Yellen
Janet Yellen

Die wêreld sal binnekort ‘n nuwe monetêre leier hê. Die Amerikaanse president, Barack Obama sal Janet Yellen eersdaags benoem as volgende voorsitter van die Federale Reserweraad.

Die 67-jarige Yellen wat tans ondervoorsitter is, sal, indien die Senaat die benoeming goedkeur, Ben Bernanke opvolg wanneer sy termyn aan die einde van Januarie verstryk.

Sy sal die eerste vrou wees wat aan die hoof van Amerika se sentrale bank staan. Sy is beter gekwalifiseer as Alan Greenspan wat nie ‘n regte PhD gehad het nie, maar ‘n ere-graad en nooit eers ‘n opstel oor ekonomie gepen nie.

Yellen is glo nie soos Greenspan ‘n suiwer politieke aanstelling nie. Haar man is die Nobelpryswenner George Akerlof wat die teorie van doeltreffende markte teorie gekritiseer het.

Sy was hoof van Bill Clinton se Raad van ekonomiese adviseurs tussen 1997-1999, toe sy die krisis in Asië moes hanteer. 

Die aankondiging word verwag te midde van ‘n gedeeltelike regeringstilstand sedert die begin van die maand nadat die Kongres nie ‘n begroting kon goedkeur nie, weens ‘n dooiepunt tussen die Republikeine en die Demokrate.

Die stilstand kan verder uitkring indien die Kongres nie teen die 17de van die maand maatreëls goedkeur om die skuldplafon te lig nie. 

Die aangewese voorsitter van die Fed gaan deelname aan die arbeidsmark as die belangrikste baken stel. Monetêre beleid sal los bly. Markte is weer gespaar en die Brics sal makliker kan asemhaal. Sy is ook ‘n voorstander van staatsingryping en inflasie.

Die markte het egter haar waarskynlike aanstelling verwelkom met ‘n styging.

Nogtans sê ekonome ons is reeds ver verby die punt dat die geldvoorraadborrel batepryse kan laat bly styg. Sy sal waarskynlik aanhou geld druk om te probeer om werk te skep.


Negentig persent van Soweto betaal nie elektrisiteit nie

Malusi Gigaba
Malusi Gigaba

Die minister van Openbare Ondernemings, Malusi Gigaba, het gewaarsku dat dit al moeiliker raak om die fondse te vind om Eskom se beleggingsprogramme te ondersteun weens die strenger kredietsituasie in die VSA, het Business Day Woensdag berig.

Hy het ook gesê wanbetaling is ‘n ernstige dilemma vir Eskom, het die koerant berig

Hy het dit gesê ter voorbereiding van ‘n toespraak by die Konvensie van die Vereniging van Munisipale Elektrisiteitsnutsmaatskappye in Oos-Londen.

Gigaba sê dit sal in die toekoms al moeiliker raak om bedryfskapitaal te vind.

Hy sê veral wanbetalers en agterstallige skuld deur munisipaliteite moet dringend aangespreek word om volgehoue beleggings te verseker.

“Die kwessie van die betaling vir dienste deur die kliënte, sowel as die munisipale elektrisiteit skuld, moet aangespreek word sodat as kapitale beleggings voortgaan, ons nie op die ‘gebruiker-betaal’-beginsel ‘n kompromie aangaan nie.“

Gigaba het gesê 90% van huishoudings wat Eskom geld skuld, is van Soweto, en dit sluit munsipale skuld in.

Die gesamentlike skuld van 10 munisipaleite aan Eskom, beloop R2,5 miljard.

Outa verloor tol-appèl

etollDie Bondgenootskap teen Stedelike Tol, Outa, het sy teleurstelling uitgespreek met die uitspraak in die Bloemfonteinse Appèlhof waar sy laaste poging om die Gautengse e-tolstelsel te keer, van die hand gewys is.

Outa sê hy gaan die uitspraak bestudeer en die organisasie sal môre ‘n mediakonferensie hou.

Die Bondgenootskap het geappèlleer teen ‘n hofuitspraak verlede jaar wat die implementering van die tolstelsel deur die Padagentskap – Sanral – gemagtig het.

Outa het onder andere aangevoer dat daar nie behoorlike openbare raadpleging was nie. Regter Fritz Brand het in sy uitspraak gesê die horlosie kan nie teruggedraai word tot vyf jaar gelede toe die tolstelsel bekend gemaak is nie.

Hy sê in dié tydperk is groot hoofweg-opgraderings gedoen, wat nie ongedaan gemaak kan word nie, en tóe eers is die hersieningsaansoek gebring.

Hy sê die nadeel is dat hoewel Gautengers meestal vir die paaie gaan betaal, dit tot die res van die land se ekonomie sal bydra.

Brand sê die nadeel is dat Sanral R20 miljard hiervoor met geleende geld betaal het, en indien geen tolgeld gehef word nie, die regering uiteindelik daarvoor sal moet opdok.

Brand sê die koste gaan waarskynlik gedelg word deur diegene wat dit vermoedelik die minste kan bekostig, en die impak op hulle sal nie gering wees nie.

Geen kostebevel is gemaak nie. – RSG

Flysafair mag nog nie vlieg nie

flysafairDie Noord-Gautengse hooggeregshof in Pretoria het Dinsdag teen die nuwe laekoste-lugdiens FlySafair beslis.

Comair en Skywise voer aan dat FlySafair nie voldoen aan Suid-Afrika se regulasies vir eienaarskap nie, het Eyewitness News berig.

Die hof het ‘n bevel uitgereik dat FlySafair nie kan handel dryf totdat sy lisensie nie hernu is nie.

Die lugdens het reeds kaartjies aan passasiers verkoop, maar het Dinsdagmiddag op Twitter gesê hy sal klante ten volle vergoed indien hulle nie hul vlugte wil uitstel nie.

Menseregtekommissie ondersoek SAL-diskriminasie

sahrcDie Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (SAMRK) gaan die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAA) se kadetprogram ondersoek, het die vakbond Solidariteit Dinsdag gesê.

“Solidariteit het die ondersoek versoek omdat die lugdiens geen wit manlike kandidate by sy kadetprogram aanvaar het nie,” het Dirk Groenewald, hoof van die arbeidshof-afdeling van die vakbond, gesê.

Groenewald het gesê Solidariteit het namens tien wit mans, wat aansoek gedoen het vir die program, gevra dat ‘n ondersoek gedoen word. Dié mans se aansoeke was onsuksesvol omdat hulle wit is.

Hy het gesê die kadetprogram se toelatingsvereistes diskrimineer onregverdig teen wit mans en kom neer op ‘n kwotastelsel.

Groenewald het gesê Solidariteit het gevra dat die lugdiens beveel word om sy diskriminerende praktyke te stop en die program oop te stel vir mense van alle rasse en geslagte.

“Indien daar bevind word dat die tien kandidate as gevolg van hul ras nie aanvaar is nie, moet die SAA die nodige stappe doen om die saak reg te stel en die kandidate by die program insluit.”

Die SAA en die SAMRK was nie onmiddellik beskikbaar vir kommentaar nie. – Sapa

Ontvoerde vrou uit kattebak gered

boot‘n Vrou wat Dinsdag tydens ‘n rooftog in Randfontein aan die Wes-Rand ontvoer is, is gered het Johannesburg se metropolisie gesê.

Wayne Minnaar, polisiewoordvoerder, het gesê die vrou is uit ‘n motor se kattebak gered en drie swart mans is in verband met die voorval in hegtenis geneem.

“Die motor is met behulp van ‘n opsporingstoestel in Brixton gevind en die drie verdagtes is in hegtenis geneem,” het Minnaar gesê.

Hy het bygevoeg dat twee ongelisensieerde vuurwapens, drie selfone en juweliersware ook in die mans se besit gevind is.

“Die vrou het geen beserings opgedoen nie, maar sy was getraumatiseer,” het Minnaar gesê.

Die drie verdagtes sal binnekort in die hof verskyn. – Sapa

DA onthuts dat SAIR hul eie ANC-veldtog kan kelder

Die DA se eie ANC-veldtog
Die DA se eie ANC-veldtog

Die DA is onthuts dat die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasseverhoudinge nie die party se oppergesag wil aanvaar nie.

SAIR ondersteun die “Ken jou ANC”-veldtog, in weerwil van die DA se verwoede teenkanting.

Die DA, wat ’n baie lang verhouding met die instituut sowel as die ANC en die swart strugglekultuur het, het Dinsdag vergeefs probeer om die veldtog te stuit.

Met minder as ’n jaar voor ’n nasionale verkiesing, is die DA erg bekommerd dat hul eie ANC-veldtog wat geskoei is op die “DA as ‘n beter ANC” en die Mandela-kultus, kan skade ly.

Die DA-leier Helen Zille het haar spesiale raadgewer Gavin Davis afgevaardig om die uitvoerende hoof van die Instituut dr. Frans Cronjé, te oorreed om af te sien die veldtog.

Gavin Davis
Gavin Davis

“Gavin Davis het my gebel,” het Cronjé aan Beeld gesê.

“Hy het baie direk gesê ons moet dit eerder los omdat dit nie goed is vir ons of die DA nie. Dis vir my ’n eienaardige versoek aangesien ons onafhanklik is,” het Cronjé gesê.

Davis het ontken hy het Cronjé gevra om die veldtog te beëindig. Davis het sonder ironie gesê ‘n onafhanklike dinkskrum kan nie sy geloofwaardigheid openlik op die spel sal plaas vir ’n politieke party nie.

Die instituut, wat die ANC-regering dikwels kritiseer, het Dinsdag sy tweede van tien ANC-suksesfeite op Twitter uitgestuur as deel van ’n veldtog om die “amper verbasend positiewe feite” oor Suid-Afrika onder ANC-bewind te beklemtoon.

Dié omstrede veldtog het mense op Twitter aan die praat gehad en kritiek teen die instituut het ingestroom.

“Daar was baie kritiek van wit regses wat nie die moontlikheid dat ’n swart regering vordering gemaak het, kan aanvaar nie. Daar was ook baie kritiek van die DA,” het Cronjé gesê.

Dit is nie duidelik wie die “wit regses” was nie, aangesien die meeste wit regsgesindes nie die DA of ANC ondersteun nie.

“Dis duidelik vir hulle ’n bekommernis as iemand ernstig begin sê daar is ’n ander storie as net die ANC se mislukkings. Dán is die DA se eie veldtog in die gedrang, want die sukses van hul veldtog hang daarvan af dat niemand die DA se (negatiewe) storie oor die land in twyfel trek nie.”

Cronjé het gesê dit is “baie swak styl” van Davis om te verwag die instituut moet hul veldtog laat vaar.

“Die ANC probeer nooit voorskryf wat ons moet doen nie.”

Die instituut sal volgende week tydens ’n skemergeleentheid in Johannesburg vir Zille die geleentheid gee om 250 gaste toe te spreek.

Wêreldwye Rooi Oktober-protes Donderdag

Plekke ter wêreld waar protesaksies gehou gaan word
Plekke ter wêreld waar protesaksies gehou gaan word

Op 10 Oktober 2013 gaan Suid-Afrikaners regoor die land optogte en byeenkomste hou om ons misnoeë met die huidige situasie in Suid-Afrika aan die wêreld bekend te maak en dit duidelik te maak dat ons genoeg gehad het!

Ons sal nie langer stilbly oor die onderdrukking van blanke Suid-Afrikaners nie! Ons sal nie langer die uitmoor van ons mense op plase en in ons dorpe en stede in stilte verduur nie!

Ons kan nie meer in stilte aanskou hoe die bejaardes en kwesbares, die moeders, vaders en kinders van ons etniese minderheidsgroep, verkrag en gemartel word nie

Ons is moeg vir korrupsie, nepotisme, rassistiese Swart Ekonomiese Bevoordeling en “Regstellende Aksie”, wat nie net ons mense uitsluit uit die arbeidsmark nie, maar dit onmoontlik maak vir sake-ondernemings om skenkings te maak aan derduisende verarmde blankes in plakkerskampe, bejaardes, gestremdes en kinders in weeshuise.

Ons kan nie langer die vernietiging van ons infrastruktuur, die walglike toestand van staatshospitale, die patetiese onderwysstelsel, vuil damme en riviere, ontoeganklike parke en openbare gebiede, gevaarlike woongebiede, vuil strate en vervalle padnetwerke verdra nie. Die tekens van verval is oral sigbaar en alles wat ons voorvaders met moeite en opofferings opgebou het, is nou vervalle en vernietigen ons het genoeg gehad daarvan!

Ons is, as ‘n etniese minderheidsgroep en belastingbetalers, ook geregtig op die beskerming van ons regte soos vervat in die Grondwet van Suid-Afrika.

  • Ons het die reg om in beheer te wees van ons eie skole waar ons kinders opgevoed word volgens die standaarde waaraan ons gewoond is en in ooreenstemming met ons kultuur, taal en geloof.
  • Ons het die reg om aan te dring dat die huidige regering ‘n veilige omgewing waarborg waarin ons ons kinders kan grootmaak.
  • Ons het die reg om veilig te voel in ons huise, op ons plase en in ons woonbuurte en dit is die verantwoordelikheid van die regering om hierdie reg bo alles te verseker.
  • Ons kinders het die reg tot tersiêre onderrig in loopbane van hulle keuse sonder om benadeel te word deur ‘n rassistiese kwotastelsel wat dit vir hulle bykans onmoontlik maak om toegang tot verdere studie te bekom.
  • Hierdie regering het ‘n grondwetlike plig om ons grense te bewaak en te verseker dat ongewenste indringers nie ons land binnestroom, ons mense aanrand, vermoor en beroof nie.
  • Die Grondwet van Suid-Afrika waarborg die reg van ‘n Suid-Afrikaanse burger tot ‘n spoedige en regverdige verhoor. Dit waarborg ook beskerming teen marteling tydens aanhouding en aanhouding in onmenslike omstandighede. Die regsreel dat ‘n persoon onskuldig is totdat die teendeel bewys word, word ook deur die grondwet gewaarborg. Hierdie regte word egter telkens geskend
  • Die Grondwet van Suid-Afrika maak voorsiening vir die reg op selfbeskikking vir enige groep wat dit sou verkies. Verskeie pogings om met die regering hieroor te vergader word bloot geïgnoreer. Dit is die regering se plig om groepe wat selfbeskikking eis te woord te staan.

Hierdie regte is van toepassing op alle minderheidsgroepe in Suid-Afrika en ons eis hierdie regte van die regering. In hierdie eis en protesaksie word ons ook ondersteun deur ander minderheidsgroepe wat ontevrede is met die huidige toedrag van sake en die totale versuim van die huidige regering om ons regte te beskerm en ons te verseker van ‘n regverdige, veilige land waarin ons almal kan leef en vooruitgaan.

Ons geniet steun vir hierdie protesaksie van regoor die wêreld en daar word op 10 Oktober in alle uithoeke van die wêreld rooi ballonne in die lug opgestuur om almal bewus te maak van die onderdrukking en uitmoor van die blanke minderheidsgroep in Suid-Afrika!

Dit moet stop! Ons sal dit nie langer in stilte verduur nie!

Leerling vlug nadat hy klasmaat doodsteek

mesmoord‘n 16-jarige leerling is doodgesteek tydens ‘n bakleiery met ‘n medeleerling by die Hoërskool Kgothalang in Bekkersdal, Randfontein.

“Die bakleiery het na bewering in die klaskamer begin toe die verdagte ‘n sambreel teen die muur gegooi en die stukke daarvan die slagoffer getref het,” het lt.kol. Katlego Mogale, polisiewoordvoerder, gesê.

“‘n Stryery het ontstaan en albei leerlinge het messe uitgepluk en begin baklei.”

Mogale het gesê die slagoffer is verskeie kere gesteek en is Maandagmiddag op die toneel dood verklaar. Die leerling wat hom na bewering gesteek het, het van die toneel gevlug en is steeds op vrye voet.

‘n Saak van moord word ondersoek. – Sapa