praag.co.za

Drie onderwysers geskors na swaksiende verdrink

Written by

in

,

Drie onderwysers van die skool vir blindes in Christiana in Noordwes is geskors nadat ‘n leerder wat gedeeltelik blind is, verdrink het.

Brian Setswambung, woordvoerder van die provinsiale departement van onderwys, het gesê die drie is ná van ‘n voorlopige ondersoek geskors.

“Die departement dink daar is moontlik ‘n prima facie-saak van nalatigheid.”

Sikhona Mogapi, ‘n gr. 2-leerder, het op 15 September in die skool se swembad verdrink.

Sers. Kealeboga Molale het toe gesê die kind het vermoedelik oor ‘n heining by die swembad geklim. Hy het geen sigbare beserings gehad nie.

Wendy Matsemela, LUR vir onderwys, het Woensdag in ‘n verklaring gesê ‘n taakspan wat die voorval ondersoek, sal binnekort ‘n verslag indien. – Sapa

Comments

4 responses to “Drie onderwysers geskors na swaksiende verdrink”

  1. Ratel Avatar
    Ratel

    Ek het hierdie berig gister of eergister iewers gelees en die hele ongelukkige voorval bly heeltyd in my kop. Ek kan sekere goed rondom die gebeure nie verstaan nie.

    Hy was net gedeeltelik blind. Hy kon goed genoeg sien om oor die heining te klim, maar hy kon nie die swembad sien nie?

    Kon hy nie swem nie want hy kon nie sien nie, of kon hy nie swem nie omdat sy van Mogapi is?

    Hy het verdrink omdat hy ‘n wet oortree het en oor ‘n heining geklim het wat spesifiek opgerig was om te sorg dat hy nie verdrink nie.

    Hou die drie onderwysers wat nou geskors is, ‘n gevaar in vir die res van die kinders wat agterbly, want hoekom word aldrie geskors en word die skool sodoende van gespesialiseerde mannekrag ontneem?

    Moet hierdie kinders 24/7 opgepas word omdat hulle gedeeltelik siende is? Beteken dit dat as enigeen van hieride kinders iets oorkom as gevolg van swak sig, moet die onderwysers kwalik geneem word? Wat as hulle iets oorkom as gevolg van swak vermoe om te swem, moet dit ook teen die onderwysers gehou word? En se nou een van hierdie kinders vat ‘n hap kos wat te groot was en hy verstik, is die onderwysers ook aanspreeklik?

    Hierdie kinders is blind, dit beteken nie dat hulle idiote is nie. Blinde mense hou daarvan om nuwe uitdagings te aanvaar en baie van hulle is meer vertroud met hulle omgewing as wat baie siende mense is. Blinde mense is onafhanklik en hulle geniet dit om onafhanklik te wees. Hulle is goed daarmee. Net omdat hulle nie kan sien nie, beteken nie dat hulle ewe skielik breindood geraak het nie.Kyk http://www.youtube.com/watch?v=DBpdcDQG6Tc.

    Nerens word daar gese wat die kleur van die onderwysers is nie, en ek gaan ook nie spekuleer nie. Maar daar word duidelik gese wat die kleur van die drenkeling is en dit is waar die vrae ontstaan. Mag swartes nie verantwoordelikheid vir hulle eie dade neem nie, selfs al het hulle ‘n reel of wet oortree? Beteken dit van nou af dat wanneer enige blinde kind, wit of swart, enige plek in die land, iets oorkom, sy of haar onderwysers die blaam daarvoor sal moet dra omdat die kind blind was? Of is dit van toepassing op siende kinders ook? Of is dit net van toepassing op swart kinders?

    Die hele ding maak net nie vir my sin nie, en ek dink hierdie is weer ‘n tipiese oorreaksie van administrateurs omdat iemand, behalwe die kind self, vir sy dood verantwoordelik gehou moet word. Dis jammer die kind is dood, verstaan my goed, maar ek dink hulle maak die staldeure toe nadat die perd weg is. Wanneer ‘n swart kind iets oorkom moet iemand die blaam dra. Wanneer ‘n wit kind vermoor word, is dit sy of haar eie skuld want die aanvallers was honger, of hulle het nie grond nie, of hulle is agtergeblewe, of omdat hulle eers 20 jaar terug mag begin stem het, of die wit kind was rassisties, of soos Frans Cronje dit wil he, omdat die wit kind meer geleenthede het en die res van die wit kinders moet hulle monde hou en bly wees dat dit nie met hulle gebeur nie.

    Ek wens daar wil so ‘n groot bohaai gemaak word wanneer ‘n wit kind aan die hand van ‘n barbaar sterf.

    1. Rooikop Avatar
      Rooikop

      Ratel, jy raak ‘n baie teer punt aan. Mense wat seerkry blameer nooit hulle eie onnoselheid daarvoor nie. Kyk ook maar vir Hansie Cronje se tragiese “The devil made me do it”

      Hier waar ons werk is ‘n lieflike swembad maar nadat ‘n paar volkies ook verdrink het terwyl die ouers besig was om te kuier (lees suip) is die swembad nou vir almal verbode terrein. Sulke hoeveelhede water is gevaarlik en mens moet leer swem (Self verstaan ek moeilik hoe mense verdrink want jy dryf. Die lug in jou longe is soos ‘n ballon. Ek dryf te goed so ek kan nie ‘n oordeel vel nie.)

      Die volk wil veral nie verantwoordelikheid aanvaar vir hulle eie wandade nie.

      1. Ratel Avatar
        Ratel

        Dis waar. Ek onthou as kind nog nie munisipale swembaddens waar ons altyd Saterdae-oggende met ons pelle rondgehang het. Watter dorpe het vandag nog munisipale swembaddens? En die dorpe wat nog openbare swembaddens het word eenvoudig net nie meer deur blankes besoek nie omdat dit altyd ‘n dronknes is.
        As ek kinders sou gehad het sou ek nie dat my dogter na so ‘n plek toe gaan nie.

  2. Tag Avatar
    Tag

    Ek ken ‘n blanke vrou wat daar skoolhou. Hoop sy het nog haar werk. Hulle mors baie met fondse daar om goed te bou, verkeerd te bou en oor te bou.

Leave a Reply