Die gesteelde topgeheime dokumente wat in The Guardian gepubliseer is, is ‘n “geskenk” aan terroriste, het die hoof van MI5 gewaarsku.
In ‘n striemende aanval het Andrew Parker gesê die publikasie van vertroulike lêers wat uitgelek is deur die Amerikaanse voortvlugtige Edward Snowden het groot skade veroorsaak in die vermoë van Brittanje se intelligensiedienste .
Sekuriteitsamptenare sê die onthulling kom neer op ‘n handleiding wat terroriste adviseer oor die beste manier om opsporing te vermy.
In Whitehall word dit beskou as die grootste skade aan die Anglo-Amerikaanse veiligheidsopset in die geskiedenis. In sy eerste openbare toespraak sedert hy vroeër vanjaar aangestel is, het Parker gesê die lekkasies gee aan terroriste die voordeel.
Hy het gesê daar is ‘n paar duisend Islamitiese ekstremiste in die Verenigde Koninkryk wat die Britse volk as ‘n wettige teiken beskou.
Die sekuriteitsdienste werk deurentyd om die fanatici te stop, maar MI5 moet nou dreigemente op meer fronte as ooit tevore hanteer.
Snowden, ‘n voormalige kontrakteur vir die National Security Agency, het in Mei vanjaar gevlug uit die VSA met duisende geklassifiseerde dokumente oor die NSA en GCHQ, wat hy aan The Guardian oorhandig het.
Die koerant het sedertdien tien duisende woorde gepubliseer oor die geheime tegnieke wat gebruik word deur GCHQ om e-pos, selfoonrekords en kommunikasie op die internet te monitor.
Die eerste Guardian-onthullings was vroeg in Junie toe hulle uitgewys het dat geheimedienste direkte toegang tot die rekenaarstelsels van AOL, Apple, Facebook, Google, Microsoft, Paltalk, Skype, Yahoo en YouTube het.
Lede van GCHQ het op die koerant toegesak en toegesien dat skootrekenaars en hardeskywe by die koerant se kantore vernietig word.
“Verslagdoening van GCHQ is noodsaaklik vir die veiligheid van die land en sy burgers.
Parker het gewys op die gevaar wat Britse onderdane wat terugkeer van gevegte in Sirië inhou.

Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.