Talle brande het Dinsdag in die Kaapse Skiereiland uitgebreek wat 12 mense se lewens geëis het.
‘n Brand het ook plakkershuise in die Kosovo informele woongebied by Phillipi op die Kaapse Vlakte vernietig en 400 mense dakloos gelaat.
Niemand het egter daar omgekom en geen beserings is aangemeld nie.
Die brandweerhoof, Theo Layne, sê die brand in Phillipi het net voor nege-uur gisteraand uitgebreek en sowat 100 wonings het afgebrand.
Die brandweer het gesukkel om die brand onder beheer te kry weens ‘n sterk wind, het inwoners gesê.
Plakkers het al hul besittings in die vlamme verloor.
Daar was ook brande by Masiphumelele, Khayelitsha, Parow en Tarentaalplaas.
Layne het mense gevra om alle oop vure te blus en verhittings-of kooktoestelle af te skakel voordat hulle gaan slaap. Kook- en verhittingstoestelle moet in ‘n goeie werkende toestand is, het hy gesê.
Die polisie het drie vermeende verkragters in hegtenis geneem ná ‘n driejaar-oue kind aan die dood ontkom het toe ‘n inwoner haar hoor huil het net ure nadat sy na bewering verkrag en gesteek is in Thaba Nchu .
Die verkragte en gewonde kind is op ‘n verlate ou industriële perseel in Thaba Nchu gevind. Sy is glo aangeval deur drie swart tieners tussen die ouderdomme van 15 en 18 .
Die slagoffer is glo verkrag voordat die verdagtes haar verskeie kere gesteek het oor haar lyfie. Die polisie kon nie bevestig hoeveel kere die slagoffer gesteek is nie.
Volgens die inligting wat aan die polisie deurgegee is, word beweer dat ‘n vrou van Sakanyoka Sondag die dorp verlaat het en die driejarige in die sorg van ‘n ouer kind gelaat het om na ‘n sjebien te gaan.
“Daar word beweer dat drie verdagtes die slagoffer na ‘n ou industriële gebied in Thaba Nchu geneem het, waar hulle begin het om haar beurtelings te verkrag voordat hulle haar verskeie kere gesteek het en haar daarna agtergelaat het, denkende dat sy dood was,” sê polisiewoordvoerder , Consolation Mokoale.
“Teen ongeveer 10:00 in die oggend het ‘n lid van die gemeenskap ‘n kind hoor huil en gaan ondersoek instel . Sy het die meisie in ‘n plas bloed gekry,” het Mokoale in ‘n verklaring gesê .
Sy het gesê die polisie en paramedici is ontbied en die meisie is lewendig gevind, maar in ‘n kritieke toestand.
“Sy is na die Pelonomi Medi-Clinic geneem vir behandeling. Die polisie het ‘n wenk ontvang en drie verdagtes tussen die ouderdomme van 15 en 18 is in hegtenis geneem vir die ontvoering, poging tot moord en verkragting,” het Mokoale gesê.
Hulle sal Woensdag voor Selosesha landdroshof verskyn.
Twee mense is dood en verskeie beseer toe ‘n woedende swart skare ‘n PUTCO-bus by Waterval in Mpumalanga met klippe bestook het.
Die busbestuurder het beheer verloor en die bus het van die pad afgeloop en ‘n gebou getref, het RSG berig.
Die groep mense sê hulle het glo te lank gewag vir hul bus na Pretoria en het begin om verbygaande voertuie onder die klippe te steek.
Die bestuur van PUTCO sê hulle het gister aangekondig dat daar vandag ‘n tekort aan busse sal wees omdat die meeste busse gebruik word om mense na Nelson Mandela se gedenkdiens in die Mbombela stadion te vervoer.
Die Amerikaanse Sekretaris van Verdediging, Chuck Hagel het gelas dat Amerika troepe vervoer vanaf Burundi na die Sentraal-Afrikaanse Republiek om te help met onderdrukking van die jongste oplewing in geweld daar.
Hagel het sy goedgekeuring gegee net nadat hy met die Franse Minister van Verdediging, Jean-Yves Le Drian Maandagnag uit Afghanistan gepraat het, waar hy ‘n besoek aan troepe gebring het.
Le Drian het die VSA om hulp gevra om ‘n Afrikamag vinnig in die land in te voer om die geweld daar te verhoed en te keer dat dit verder versprei, het ‘n Pentagon-woordvoerder gesê.
Daar is meer as 1000 Franse troepe in die Sentraal-Afrikaanse Republiek, waar meer as 400 mense in twee dae van geweld tussen Christene en Moslems verlede week omgekom het.
AFRICOM sal magte in samewerking met Frankryk vervoer, omdat die VSA glo onmiddellike optrede is nodig “om ‘n humanitêre katastrofe” te voorkom. Die woordvoerder het gesê dat die Pentagon sal evalueer of ander Amerikaanse hulpbronne beskikbaar sal wees indien addisionele versoeke vir hulp ontvang word.
Hagel se opdrag het uur voor President Barack Obama se boodskap gekom wat hy laat opneem het om vir kalmte in die Sentraal-Afrikaanse Republiek te pleit.
Obama se boodskap is Maandag op band opgeneem in Dakar, Senegal, waar Air Force One brandstof ingeneem het op pad na Suid-Afrika.
Obama het reeds aangekom vir ‘n gedenkdiens ter ere van die voormalige president Nelson Mandela, wat verlede week dood is.
Hy het ‘n oproep gedoen op “die trotse burgers van die Sentraal-Afrikaanse Republiek, “om ‘n ander pad te kies” weg van geweld.
Die amptenaar het gesê daar sal geen ander Amerikaanse troepe op die grond wees nie, behalwe lugbemanning wat nodig is vir die vlug na die Sentraal-Afrikaanse Republiek.
Daar was ‘n baie kritieke oomblik tussen lede van die VSA se veiligheidspan en Libiese sekuriteit by Mandela se inhuldiging in 1994. Dit was nog voordat kol Ghadaffi van Libië deur die VSA vermoor is tydens ‘n inval in sy land.
Daar sal vandag weer meer as een geleentheid wees vir vyandige staatshoofde om mekaar raak te loop, sê veiligheidskenners.
Zuma sal nie vir president Obama naby Fidel Castro van Kuba kan bring nie.
Met die Derde Wêreldoorlog wat dreig, sal Nelson Mandela se roudiens en begrafnis baie fyn bestuur moet word om diplomatieke verleentheid wat mag voortspruit uit kans-ontmoetings van strydende staatshoofde te vermy.
Een oplossing is om by ‘n alfabetiese rangorde te hou om te verhoed dat die Zimbabwiese President, Robert Mugabe langs die Britse Eerste Minister David Cameron beland.
Die Kubaanse president, Raul Castro Ruz moet liefs nie neffens Barack Obama geplaas word nie.
Diplomatieke betrekkinge tussen dié onderskeie lande is baie broos. Die Verenigde Koninkryk en die VSA het sanksies teen Mugabe se regering ingestel, en Mugabe hou hoogs opruiende uitsprake teen hulle.
Die situasie word nie aangehelp deur opmerkings deur die voormalige president Thabo Mbeki wat onlangs gesê het dat die voormalige Britse premier Tony Blair Zimbabwe wou binneval nie.
Blair gaan ook opdaag vir Mandela se roudiens. Hy het die Mbeki se stelling intussen heftig ontken.
Die VSA se verhoudings met beide Kuba en Venezuela is baie sensitief na Venezuela se president Nicolas Maduro verskeie Amerikaanse diplomate uitgejaag het weens die aanhitsing van sabotasie.
Venezuela glo ook Amerika was verantwoordelik vir die dood van hul vorige president, Hugo Chavez.
Volgens die alfabetiese gastelys sal die Verenigde Koninkryk en Zimbabwe net geskei word deur Venezuela.
Koninklikes en senior wêreldleiers van lande wat op die Veiligheidsraad dien sal dus voorkeur geniet om tussen die kwaaivriende geplaas te word.
Ander lande wat dalk ‘n rede tot kommer is, is Pakistan en Indië, en Japan en China.
Spanning tussen Japan en China is so hoog dat daar dreigemente is dat die situasie kan ontwikkel in ‘n volskaalse oorlog.
Michelle en Barack Obama het pas in Pretoria aangekom
Nat roubeklaers stroom na die ENB-stadion om die amptelike gedenkdiens by te woon waar president Barack Obama sal praat.
Paaie om die ENB-stadion in Johannesburg is gesluit met die oog op die Mandelagedenkdiens.
Digte wolke is oor Johannesburg saamgetrek met ‘n deurdringende motreën wat sedert Maandagnag val.
Desondanks is duisende swart inwoners tans in die gure weer onderweg na die stadion om hul laaste eer te betoon.
Die minister in die presidensie, Collins Chabane het ‘n beroep op samewerking gedoen vóór die gedenkdiens.
Hy sê sommige mense sal waarskynlik weggewys moet word by die stadion, weens beperkte sitplek. Hy het gevra dat hulle dit aanvaar sonder om insidente te veroorsaak.
Daar is honderd-en-vyftig openbare plekke ingerig waar die publiek die verrigtinge kan volg.
Madiba-aanhangers het reeds oornag begin toustaan om by die ENB-stadion toegelaat te word.
Privaatvoertuie word nie by die stadion toegelaat nie en mense mag ook nie sambrele bring nie.
Sowat 100.000 mense, onder wie 90 staats- en regeringsleiers, sal na verwagting die geleentheid bywoon.
Lede van die Amerikaanse Spesiale Magte sal ook in die stadion wees om na die veiligheid van president Barack Obama en sy voorgangers om te sien.
Die Amerikaanse president, Barack Obama en sy gevolg kom vanoggend in die land aan en sal ‘n spreekbeurt by die verrigtinge kry. Obama reis saam met oudpresident George W Bush.
Die voormalige presidente, Jimmy Carter en Bill Clinton, sowel as Clinton se vrou, Hillary sal saam met Obama die geleentheid bywoon.
Ses en twintig Amerikaanse kongreslede sal ook teenwoordig wees.
Die SANW sê hulle is gereed om die groot getal hoogwaardigheidsbekleërs te hanteer. ‘n Woordvoerder van die weermag, brigadier-generaal Xolani Mabanga sê hulle enigste bekommernis is die weer.
Hoofsuperintindent Wayne Minnaar van die Johannesburgse Metropolisie sê die Randse Skou-weg, Nasrec-weg en die Soweto-hoofweg is gesluit.
Die hekke by die stadion het reeds sesuur oopgemaak met busvragte vol mense wat afgelaai word.
Die Reavya-busdiens in Johannesburg is reeds van vyfuur vanoggend oopgestel.
Minnaar het mense wat die gedenkdiens wil bywoon, aangeraai om busse en treine te gebruik aangesien parkeer plekke vir buitelandse besoekers gereserveer is.
Die Weermag is glo gereed om enige gebeurlikheid te hanteer met sowat 11.000 weermaglede wat vir die geleentheid ontplooi is.
Die minister van Verdediging, Nosiviwe Mapisa-Nqalkula het laat gister ‘n vergadering met die hoofde van die die Leër, Lugmag en Vloot gehou om veiligheidsplanne te finaliseer.
Die weermag sê dis sy plig om sy voormalige Umkhonto we Sizwe-opperbevelvoerder te groet.
Benewens die huidige en vorige Amerikaanse presidente, sal al 54 Afrika-staatshoofde ook na verwagting die gedenkdiens bywoon, sowel as leiers uit Brasilië, Kuba en Palestina. Israel sal nie die diens bywoon nie.
Die eerste minister van Israel, Benjamin Netanyahu sal nie die gedenkdiens vir Mandela bywoon nie.
Sy kantoor sê dit is te duur om na Suid-Afrika te reis.
Netanyahu het aanvanklik die Suid-Afrikaanse owerhede laat weet dat hy die diens sou bywoon, maar het sy planne gekanselleer weens die hoë kostes.
Sy vervoer- en veiligheidkostes sou na raming sowat twintig miljoen rand beloop het omdat dit op kort kennisgewing sou plaasvind.
Die minister van Internasionale Betrekkinge, Maite Nkoana-Mashanbane sê die regering het bevestiging ontvang dat 53 staatshoofde en oudpresidente die staatsbegrafnis Sondag sal bywoon.
Volgens die minister in die presidensie, Collins Chabane, is die hoë lui besig om voorbereidings te tref om na Suid-Afrika te kom.
Dertien staatshoofde uit Afrika het bevestig dat hulle die diens sal bywoon. Senior leiers van die Verenigde Nasies, die Europese Kommissie en die Afrika Unie word ook verwag.
Brasilië se president, Dilma Rousseff, sal ook die begrafnis bywoon.
President Barack Obama van die VSA en sy vrou Michelle, saam met drie voormalige presidente sal binnekort in Suid-Afrika aanland vir die geleentheid.
Hotelle in Gauteng sal na verwagting volbespreek wees wanneer buitelandse hooggeplaastes en die media vir Nelson Mandela se begrafnis na Suid-Afrika reis.
Pascal Fouquet , algemene bestuurder van die Sheraton Hotel in Pretoria, oorkant die Uniegebou , het gesê die departement van internasionale betrekkinge en samewerking het gevra dat hulle al die beskikbare kamers reserveer vir besoekende hoogwaardigheidsbekleërs vir die begrafnis.
Teen Sondag het net 73 reisigers van die VSA egter besprekings gemaak vir akkommodasie in Pretoria, waar Mandela se liggaam van Woensdag tot Vrydag in staatsie sal lê.
Gastehuise in Pretoria sê hulle het wel besprekings ontvang vir die begrafnis.
Die Radison Blue Hotel, in Sandton, Johannesburg, is volbespreek vir die week, maar volgens ‘n bestuurder is dit nie noodwendig as gevolg van die begrafnis nie.
Michael Swart, bestuurder van Themba Day Tours and Safaris , wat daaglikse toere na Soweto reël, het gesê daar was geen oplewing in die aantal besprekings vir Sowetotoere nie.
Die toerismebedryf hoop daar sal groot belangstelling wees en dat Mandela se afsterwe ‘n “laaste geskenk” aan die bedryf sal wees.
Die koste van akkommodasie naby Qunu waar Mandela sal begrawe word, het die hoogte ingeskiet sedert die nuus van sy dood.
Die gehuggie was nogtans stil, behalwe by die Mandela-huis waar ‘n wit tent opgerig word asook sitplekke.
‘n Gewone bed- en-ontbyt vra al R3000 per nag.
Tariewe is gewoonlik tussen R700 en R1000 per nag in die Mthatha-gebied.
As gevolg van verskeie regerings- en konsulaatreëlings, sal alle hotelle in Gauteng vanaf 6 Desember tot 25 Desember as ‘n blok bespreek word.
Die parlement sal Maandag ‘n gesamentlike sitting hou, die grootste nog, ter ere van Nelson Mandela.
Verteenwoordigers van slle sektore van die samelewing is genooi om dit by te woon en sal om twee-uur begin. Die parlementshekke sal vanaf agt-uur Maandagoggend oopgestel word.
Ten minste 41 treine sal roubeklaers na die amptelike gedenkdiens vir Mandela by die ENB-stadion naby Soweto vervoer. Die gedenkdiens word Dinsdag in die stadion gehou.
Metrorail sê die treine sal tussen 60.000 en 80.000 mense van regoor Gauteng gratis laat reis. Die treindienste sal vyfuur die oggend begin.
Metrorail sal ook treine na Ellispark, die Orlando-stadion en die Dobsonville-stadion beskikbaar stel.
Die busmaatskappye Autopax, ‘n filiaal van die passasierspooragentskap, het 300 busse beskikbaar gestel om hoogwaardigheidsbekleërs na die ENB-stadion te vervoer.
Die regering het ‘n beroep op plaaslike en internasionale joernaliste gedoen om so gou moontlik akkreditasie te kry om toegang tot die verrigtinge te verseker.
Mandela se staatsbegrafnis sal aanstaande Sondag plaasvind.
Die akkreditasie-sentrum by Nasrec suid van Johannesburg het Sondag tegniese probleme ondervind.
Die Vryheidsfront Plus het simpatie betuig met oud-president Nelson Mandela se vrou en familie na sy afsterwe in ‘n verklaring.
Die verklaring wat deur dr Pieter Mulder uitgereik is, lui: It is given to few men to live out their dreams in their lifetime. Nelson Mandela succeeded in doing this. Against the most colossal odds, he had realized the vision he had as a young man.
Mulder het gesê een persoon alleen se invloed op alle politieke veranderlikes is moontlik soos Mandela bewys het.
Hy het gesê: “Een persoon, op die regte plek, op die regte tyd en met die regte aanslag kan ’n reuse verskil maak. Nelson Mandela was so ’n persoon. Hy het hierdie stelling as korrek bewys. Hy het nie net ’n invloed op Suid-Afrika nie, maar op die hele wêreld gehad.
“Wie sou kon voorspel watter impak hy, nie net op swart mense nie, maar ook op wit mense sou hê. Tog het hy nie berekend net vir populariteit gegaan nie. Ek onthou hoe hy veertigduisend mense in ’n stadion aangespreek en streng berispe het omdat hulle nie die Afrikaanse gedeelte van die volkslied gesing het nie.
“Na ’n gespreksontbyt en ’n uur lange gesprek met hom alleen in die negentigerjare, was my opsomming dat vriendelikheid en nederigheid sy sterkste eienskappe is, maar dat jy nie vir ’n oomblik oor sy klipharde wil om sy doelwitte te bereik, moet twyfel nie.
“Sy gewildheid het grootliks gelê in sy menslike aanslag op persoonlike vlak. Hy het ’n aanvoeling vir klein dingetjies gehad wat groot impak op mense het.”
Mulder het in Engels voortgegaan en gesê “Few men to live out their dreams in their lifetime. Nelson Mandela succeeded in doing this. Die vraag is, wat was hierdie drome van mnr. Mandela?”
Hy het ook na Mandela se toespraak by die Rivonia-verhoor op 20 April 1964 verwys as ‘n model waarna Suid-Afrikaners moet streef..
Mulder het Mandela as volg aangehaal: “I have fought against white domination, and I have fought against black domination. I have cherished the idea of a democratic and free society in which all persons will live together in harmony and with equal opportunities. It is an idea for which I hope to live for and to see realized, but my lord, if it needs be it is an ideal for which I am prepared to die.”