Die polisie het drie vermeende verkragters in hegtenis geneem ná ‘n driejaar-oue kind aan die dood ontkom het toe ‘n inwoner haar hoor huil het net ure nadat sy na bewering verkrag en gesteek is in Thaba Nchu .
Die verkragte en gewonde kind is op ‘n verlate ou industriële perseel in Thaba Nchu gevind. Sy is glo aangeval deur drie swart tieners tussen die ouderdomme van 15 en 18 .
Die slagoffer is glo verkrag voordat die verdagtes haar verskeie kere gesteek het oor haar lyfie. Die polisie kon nie bevestig hoeveel kere die slagoffer gesteek is nie.
Volgens die inligting wat aan die polisie deurgegee is, word beweer dat ‘n vrou van Sakanyoka Sondag die dorp verlaat het en die driejarige in die sorg van ‘n ouer kind gelaat het om na ‘n sjebien te gaan.
“Daar word beweer dat drie verdagtes die slagoffer na ‘n ou industriële gebied in Thaba Nchu geneem het, waar hulle begin het om haar beurtelings te verkrag voordat hulle haar verskeie kere gesteek het en haar daarna agtergelaat het, denkende dat sy dood was,” sê polisiewoordvoerder , Consolation Mokoale.
“Teen ongeveer 10:00 in die oggend het ‘n lid van die gemeenskap ‘n kind hoor huil en gaan ondersoek instel . Sy het die meisie in ‘n plas bloed gekry,” het Mokoale in ‘n verklaring gesê .
Sy het gesê die polisie en paramedici is ontbied en die meisie is lewendig gevind, maar in ‘n kritieke toestand.
“Sy is na die Pelonomi Medi-Clinic geneem vir behandeling. Die polisie het ‘n wenk ontvang en drie verdagtes tussen die ouderdomme van 15 en 18 is in hegtenis geneem vir die ontvoering, poging tot moord en verkragting,” het Mokoale gesê.
Hulle sal Woensdag voor Selosesha landdroshof verskyn.
