Die Minister van Waterwese, Edna Molewa het gesinspeel op doelbewuste sabotasie wat kon gelei het tot die waterprobleem in die swart gemeenskap by Brits.
Molewa en Thandi Modise, die premier van die provinsie, het inwoners van Mothutlung naby Brits in Noordwes besoek nadat twee betogers deur die polisie doodgeskiet is.
Modise se kantoor het gesê hulle sal Dinsdag ook die gesinne van die slagoffers besoek. Die premier het vir kalmte gepleit.
Molewa het beloof dat inwoners nog voor die naweek water sal hê.
Die minister van polisie, Nathi Mthethwa het ook die gesinne besoek van die twee mans wat tydens gewelddadige betogings doodgeskiet is.
Die gebied is reeds drie maande lank sonder lopende water met tenkwaens wat water elke drie dae moet aanry.
RSG het berig dat Molewa daarop gesinspeel het dat die waterprobleem dalk doelbewus geskep is.
Sy het glo daarop gewys dat dit vreemd is dat een van drie pompe by ‘n pompstasie onklaar geraak het.
Die Nelson Mandela-stigting se vrystellingsdatum van ‘n manuskrip geskryf deur die voormalige president Nelson Mandela, is vir Stephen Ellis, professor van sosiale wetenskappe aan die Vrye Universiteit, Amsterdam ‘n raaisel.
Die dokument van 627 bladsye is skynbaar aanlyn geplaas net ‘n paar dae voor Mandela se dood op 5 Desember. Die dokument is reeds in 1977 uit die gevangenis gesmokkel, maar nooit openbaar gemaak nie.
Ellis sê in ‘n artikel dis nie duidelik waarom so ‘n belangrike en selfs plofbare teks aanlyn geplaas is op daardie tydstip nie en die sentrum het selfs geen poging aangewend om die publikasie aan te kondig nie.
Die stigting het Ellis se beweringe ontken en gesê die manuskrip is die eerste keer op sy webwerf geplaas op 4 November 2011.
Stengel by sy seun se peetpa
Die argief van die aangetekende gesprekke tussen Mandela en die invloedryke Joodse redakteur Richard Stengel, is gemaak tydens die werk wat hulle onderneem het ter voorbereiding van die Long Walk to Freedom se manuskrip
Ellis sê in sy kritiek dat iets aan die broei is, naamlik hoe die geskiedenis van die stryd so vaardig weggesteek is vir so lank om die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party en sy bondgenote die geleentheid te gun om die strategiese gebruik van misleiding en propaganda te ontplooi.
Ellis het gesê daar is groot verskil tussen die 1970-manuskrip en Mandela se 1994-boek . Hy beweer dat die manuskrip belangrike inligting bevat oor die gewapende stryd in 1960.
Ellis meen verder dat Mandela heel duidelik in sy memoirs een van die mees uitstaande kenmerke van Marxisme-Leninisme volledig omhels het: Dat dit moreel toelaatbaar is om geweld te pleeg as dit sal help met “die stryd”.
Mandela het in die openbaar die formele ANC-beleid wat geweld verwerp, verdedig, terwyl hy, soos nou bekend is, in sy hoedanigheid as ‘n senior lid van die SAKP besig was om voor te berei vir presies die teenoorgestelde!
Die medeskrywer van Mandela se outobiografie, Richard Stengel het hierdie ongerieflike feite verberg.
Kommerwekkend is ook Mandela se duidelike anti-wit-houding.
In sommige gedeeltes in die Robbeneiland-teks raak die onderwerp van die geweld teen blankes heel heftig.
Mandela beklemtoon sy bitterheid jeens Suid-Afrikaanse blankes in die algemeen. Hy wil sien dat hulle “deur ‘n Isandhlwana” (bladsy 194) uitgedelg word.
Dit is natuurlik ‘n verwysing na die bloedige nederlaag van die Britse troepe deur ‘n Zoeloe-oormag in 1879.
“Suid-Afrikaanse blankes”, sê Mandela in ‘n ander gedeelte, “het op rassisme geteer vir 3 eeue, en blote toesprake alleen …. sal nooit maak dat hulle oorgee en politieke mag en die natuurlike rykdom van die land met die swartes deel nie.” (bladsy 399).
Verne Harris, Mandela se hoofargivaris. kon nie vir kommentaar bereik word nie.
Terwyl Harris by die Universiteit van die Witwatersrand werksaam was is hy gevra om Mandela se dokumente “te help regmaak”.
Harris beskryf homself as ‘n ideoloog eerder as ‘n argivaris en hy sê in ‘n onderhoud hy wou die argief se “politieke moontlikhede uitbuit”.
Die polisie ondersoek die dood van twee mense na ‘n dooiepunt tussen betogers en die polisie tydens ‘n diensleweringoproer naby Brits.
Noordwespolisie het bevestig dat twee betogers doodgeskiet en twee gewond is tydens die oproer.
Die Onafhanklike Polisie-ondersoekdirektoraat ( Opod ) lei die ondersoek na die dood van twee mense in Mothutlung, naby Brits, Maandag, het ‘n woordvoerder gesê.
“Twee ander mense is beseer en is tans in die hospitaal ,” het Moses Dlamini gesê.
Die polisie is ontbied om betogers te monitor nadat hulle ‘n pad versper het met brandende bande.
Inwoners het Sondagmiddag oor ‘n tekort aan water die strate ingevaar. Dlamini het gesê daar was na bewering ‘n onderonsie tussen betogers en die polisie .
Die swart gemeenskappe was vir ‘n week sonder water. Hulle was op pad na die munisipale se kantore toe.
Die munisipaliteit se suiweringspomp en bystandpomp is albei gebreek, het hy gesê.
Suid-Afrika se brein-dreinprobleme is omgekeer oor die afgelope paar jaar, deels te danke aan swak ekonomieë elders, sê Adcorp se arbeidsmarkekonoom Loane Sharp.
‘n Adcorp-indiensnemingsverslag wat Maandag vrygestel is, toon dat sedert die wêreldwye finansiële krisis begin het in 2008, ‘n netto 359.000 hoëgeskoolde Suid-Afrikaners uit die buiteland teruggekeer het.
Suid-Afrikaners wat 10 jaar gelede geëmigreer het tydens die wêreldwye ekonomiese opbloei tussen 2004-2008 oorskat hul werksekerheid in Engelssprekende lande, het hy aan die Businessday gesê .
Hulle het deur hul werwingsdatabasis ‘n beduidende verbetering in die aantal Suid-Afrikaners wat terugkeer uit die buiteland en op soek is na werk hier opgemerk.
Sharp het gesê “byna almal” wat terugkeer het werk gekry en die werkloosheidskoers vir ‘n hoëgeskoolde is so laag as 0,4 %.
Sowat 52% van die terugkerendes vul bestuursposisies wat “die mees kritieke tekort van enige vaardigheid in Suid-Afrika toon”.
Professionele lui soos prokureurs, dokters , ingenieurs en rekenmeesters, is 37 % van die terugkerendes.
Sharp sê die plaaslike koopkrag in Suid-Afrika is veel hoër as in ander, duurder lande.
Die positiewe tendens sal waarskynlik voortduur totdat die globale ekonomie herstel, wat nie binnekort gaan wees nie.
Die Wes-Kaapse minister van Toerisme, Alan Winde het die nuus verwelkom dat Kaapstad as van die voorste vakansiebestemmings aangewys is deur ‘n Britse asook Amerikaanse koerant.
Die Guardian sowel as die Amerikaanse New York Times in ‘n artikel, “52 Plekke om te gaan in 2014”, het Kaap aanbeveel by toeriste.
Die New York Times het Kaapstad in sy artikel ook verbind met oudpresident Nelson Mandela.
Die Guardian het in sy artikel Kaapstad se moderne restaurante en kuierplekke uitgelig.
Kaapstad is ook ‘n “pienk” bestemming, vir die sogenaamde LGBT-gemeenskap.
Winde sê die erkenning sal help Kaapstad se status as ‘n aantreklike bestemming verhoog. Hy het bygevoeg dat dit die Tuinroete sal insluit.
Die New York Times het ‘n sirkulasie van sowat 2 miljoen lesers per dag.
Amculede is van plan om op te hou werk by Impala Platinum (Implats), die tweede grootste platinumprodusent in die wêreld, ná ‘n stem ten gunste van ‘n staking oor lone.
Die vakbond het Maandag ‘n 48-uur-stakingskennisgewing aan die mynmaatskappy uitgereik.
Amcu is vroeër toestemming gegee van ‘n staatsbemiddelaar om arbeidsaksie van stapel te stuur by Implats, Anglo American Platinum en Lonmin.
Gelyktydige stakings by al drie platinum maatskappye sal ten minste die helfte van die globale produksie van die metaal tref en kan soveel as twee-derdes van Amplats se gesamentlike ondernemingsbedrywighede raak.
Die president van die mynwerkersvakbond Amcu, Joseph Mathunjwa het vakbondlede in Noordwes gevra om nie die vakbond te verlaat nie. Hulle dreig om uit die vakbond te onttrek weens beloftes wat wat die voorsitter glo nie nagekom het nie.
Mathunjwa is vroeër deur vakbondlede by Impala se Skag Ses ontbied, weens die ontevredenheid oor beloftes van verhogings en ‘n landwye staking.
Hy het egter aan die meer as vierduisend werkers ‘n sertifikaat gewys wat hulle toelaat om te begin staak. Verdere vergaderings word vir dié week beplan.
‘n Woordvoerder vir Amcu, Jimmy Gama, wou nie sê hoeveel die werkers vra nie en of hulle gaan afsien van hulle eis dat die basiese loon verdubbel moet word nie.
Mathunjwa sê intussen die beskuldigings teen hom is ongegrond en kwaadwillig, en Amcu sal veg vir ‘n beter salaris vir sy lede.
Die Rand kan onder verdere druk geplaas word weens die salarisstaking by Implats.
Die Britse Eerste Minister, David Cameron het kontant vir gesinne wat naby skaliegasprojekte woon belowe asook belastingvoordele van miljoene pond aan stadsrade as hulle die ontginning van skaliegas aanmoedig.
In die sewentigerjare het Noordsee-olie die VK gered van ekonomiese stagnasie en agteruitgang. Baie ontleders sê skalie is soorteglyk.
Dié beloftes kom nadat Total bekend gemaak het dat hulle sal investeer in skaliegas-ontginning in Brittanje.
Die Franse maatskappy sal vandag hulle planne vir skaliegasontginning bekendstel.
Cameron het vroeër die land se volle verbintenis aan skaliegasontginning en hidrobreking bevestig.
Die Britse regering hoop dat nuwe werksgeleenthede geskep sal word, gemeenskapsprojekte op die been sal kom en dat dit vir die ekonomie ‘n inspuitiong sal wees.
Skaliegas kan nagenoeg £3.7billion per jaar aan inkomste genereer en 74.000 ekstra werksgeleenthede ondersteun, het navorsing getoon.
Maatskappye het te kenne gegee dat hulle een persent van die inkomste wat gegenereer word uit elke terrein plus sowat £100,000 vir elke boorgat aan gemeenskappe sal gee.
Elke boorgat is sowat £10 miljoen werd. Stadsrade het gekla dat 1% min is omdat oliemaatskappye elders tot 10% betaal.
Stadsrade kan 100 persent van die saketariewe hou, dubbel die huidige 50 persent.
‘n Senior lid van die drukgroep het gesê dit is ironies dat ‘n Franse maatskappy skaliegas in Brittanje wil ontgin, terwyl dieselfde praktyk in Frankryk verbied word.
Holland se grootste dagblad, De Telegraaf, is besig met ‘n openlike haatveldtog teen Afrikaners.
Die koerant is uitgevang dat hulle versinsels oor plaasmoorde gepubliseer het om Afrikaners in ‘n slegte lig te stel.
‘n Blatante leuen het verskyn waarin die joernalis Catherine Keyl, 20 November 2013) beweer dat “regse blankes” agter die moorde op wit boere sit sodat swartes die skuld gegee moet word om rassespanning aan te hits.
Keyl het voorheen die sekstoerisme van haar wit middeljarige Europese vriendinne om swart minnaars te soek, goedgepraat.
Alhoewel Keyl voorheen erkenning vir haar skryfsels in Nederlands ontvang het, word daar tans in Nederland geskinder dat sy nie meer in aanvraag is wat werk betref nie. Die redes vir haar werksdroogte is nie bekend nie.
Die Orde van Oranje-Nassau vir haar diens van 35 jaar in die joernalistiek is vroeër aan haar toegeken. Sedert 2008 het sy ‘n verhouding met die Britsgebore Peter Hawthorne.
Die verstommende versinsel is van die ergste voorbeelde van kwaadwillige joernalistiek teen Afrikaners.
Die artikel beweer dat “regse blankes” agter die dood wit boere sit met die doel om die skuld op swartes te pak wat tot rassespanning sal lei.
Ene Cornelia de Wet het glo “bely” dat sy deelneem aan hierdie beplande moorde, volgens die Nederlandse dagblad.
De Wet se soort onsamehangende bewerings is reeds deur ‘n hof verwerp, toe ‘n polisiebeampte getuig het ‘n dat sy verlede jaar beweer het sy het ‘n rol gespeel in die Steenkampmoorde op ‘n plaas naby Griekwastad.
Tobie van den Bergh, redakteur van die Middelburg Observer in Mpumalanga, het ook bevestig dat De Wet se uitsprake nie ernstig opgeneem behoort te word nie.
De Wet en haar ma het een keer in hul “bebloede klere” by sy koerantkantore opgedaag en beweer dat hulle gemartel is deur swartes met skeermeslemmetjies.
Van den Bergh het gesê dit was duidelik dat hulle hulself gesny het in ‘n “poging om die aandag te vestig op hulself”.
De Wet het ook aan hom vertel dat sy verkrag is deur die regtervleuel. Van den Bergh het bygevoeg dat De Wet ‘n “dringende behoefte aan psigiatriese behandeling het”.
Met die haglike situasie wat plaasmoorde in Suid-Afrika betref, is Keyl duidelik besig met verdere aanhitsing om Afrikaners van hul eiendom te vervreem.
Lae grondpryse sal aan sekere multinasionale rolspelers die geleentheid bied om groot voordeel uit Suid-Afrika se grondgeleenthede te verkry.
Keyl het moontlik in opdrag van sulke rolspelers die berig versin, aangesien haar poging om Afrikanerboere verder te marginaliseer, lyk asof dit deel van ‘n groter agenda – soos met die organisasie PLAAS – is om grondroof aan te moedig.
Dit is tragies dat iemand sulke onverantwoordelike en gevaarlike “joernalistiek” kan pleeg teen ‘n groep wat reeds etniese uitwissing in die gesig staar.
Alhoewel Keyl glo aangebied het om die leuens “reg te stel”, is die grootste skade reeds gedoen en sal ‘n “regstelling” nie veel aan die negatiewe persepsies wat geskep is, verander nie.
Twee lede van die Tshwane Metropolisie wat daarvan aangekla word dat hulle ‘n motoris van R500.000 kontant beroof het, verskyn vandag in die Pretoria-Noord landdroshof.
Na bewering het die twee die motoris op die N-1 naby Hammanskraal weens ‘n spoedoortreding vasgetrek.
Terwyl hulle die motor deursoek het, het hulle op die kontant afgekom en die voertuigbestuurder gedreig dat hulle hom vir geldwassery in hegtenis gaan neem.
Volgens die woordvoerder van die Tshwane Metropolisie, Isaac Mahamba het hulle ‘n deel van die geld geneem en die bestuurder beveel om te ry. Die twee staar ook skorsing in die gesig. -RSG