Amerika se president, Barack Obama, se halfbroer is ‘n visum geweier om Brittanje binne te gaan nadat 'n klag van ‘n poging tot seksuele aanranding op ‘n jong meisie in Berkshire teen hom aan die lig gekom het.
Die News of the World kan onthul dat Samson Obama, wat in Kenia woon, probeer het om in Brittanje in te kom onderweg na Washington vir sy familie se groot dag, die historiese inhuldiging in Januarie.
Maar immigrasiebeamptes by die East Midlands-lughawe, wat die jongste biometriese toetse gebruik, het ontdek hy was betrokke by ‘n insident wat verlede November plaasgevind het. Die hoë-tegnologiedatabasis het onthul dat Samson – wat ‘n selfoonwinkel bestuur net buite Nairobi – dieselfde jong man is wat deur Britse polisie gearresteer is na hy ‘n groep jong meisies, waaronder ‘n 13-jarige, genader het en probeer het om een van hulle seksueel aan te rand.
Hy het hulle gevolg na ‘n kafee toe waar hy aggressief geraak het en gevra is om te loop. Dit is toe die polisie geskakel is en hy gearresteer is.
Hy het aan beamptes sy ma se adres in Bracknell gegee, maar aan hulle ‘n vals naam gegee, en beweer hy is Henry Aloo, wat glo ‘n werklike asielsoeker is.
Kezia, sy moeder, is met president Barack Obama se pa getroud toe sy ‘n tiener was.

Hong Kong mense het 14 keer soveel mobieledata gestuur in Januarie as wat hulle gedoen het in dieselfde maand twee jaar gelede, volgens nuus wat Dinsdag vrygestel is.
Noord-Korea het Dinsdag gesê hulle sien gesprekke oor die beëindiging van hul kernwapenprogram as sinloos en beplan om ‘n aanleg vir die vervaardiging van wapenkwaliteitplutonium weer oop te maak, het die staatsmedia die minister van buitelandse sake aangehaal.
Amptenare van Meksikostad het die hooftoevoerlyn wat vars water voorsien aan miljoene mense afgesluit omdat reserwes gedaal het tot onder die rekordvlakke.
Amerikaanse media het Maandag die redding van Amerikaanse seekaptein Richard Phillips geloof, maar het sterker optrede gevra om seerowery om die Horing van Afrika onder beheer te bring.
Onlangse gebeure het getoon dat Suid-Afrika se demokratiese instellings magsmisbruike in toom kan hou, het ANC-president Jacob Zuma Sondag in Johannsburg gesê.