Proteas skop internasionale seisoen af

Die Proteas se internasionale krieketseisoen begin Sondag met ‘n wedstryd teen  Zimbabwe op Willowmoore Park in Benoni in die eerste van twee eendagkragmetings.

Graeme Smith, die Proteas-kaptein, wil die wedstryd teen Zimbabwe ter voorbereiding vir die reeks teen Engeland wat Vrydag afskop met ‘n Twintig20-wedstryd op die Wanderers in Johannesburg, aanwend.

Hy het gesê hulle seisoen het nie so goed begin nie en begin eintlik nou eers.

“Niemand verwag van Zimbabwe om te veel kompetisie te wees nie, maar vir ons wil seker maak ons vaardighede is goed en dat ons as ‘n span saam kan speel, veral voor die eendagwedstryd en Twintig20-reeks.”

Ryan McLaren van die Vrystaat maak Sondag sy debuut vir die Proteas. Charl Langeveldt en Alviro Petersen sal ook terug in die span wees. Jacques Kallis is weens ‘n besering uit, asook JP Duminy en Wayne Parnell.

Hashim Amla sal Kallis vervang as hy nie beskikbaar is nie.

Die Protea-span teen Zimbabwe lyk só: Graeme Smith (kaptein), Hashim Amla, AB de Villiers, Mark Boucher, Alviro Boucher, Alviro Petersen, Albie Morkel, Ryan McLaren, Johan Botha, Dale Steyn, Lonwabo Tsotsobe, Charl Langeveldt, Roelof van der Merwe (12de man).

 

registration noФильчаков прокуратура харьков

Die Springbokke – net nog ‘n reënboogfiasko

Politiek het al te gereeld Suid-Afrikaanse rugby geboorlak, maar Vrydagaand in Engeland was dit die eerste keer wat politiek die Suid-Afrikaanse spel deurtrek het –  met, die standaard van Suid-Afrikaanse politiek in ag geneem, voorspelbare rampspoedige gevolge. Enige iets wat met die voorvoegsel “Reënboog” beslaan is, is bestem om te midde van verhewe ideale, eindelose en sinnelose retoriek, wollerige broederskapbetuiginge en algehele onbeholpenheid vas te slaan. Hierdie span was die Reënboogspan…

Politieke histerie was die atmosfeer waarin die span saamgestel is. Oorkant die stadion in Leicester, Engeland, is die Nelson Mandela Park, en te midde van só ‘n heiligheid, het die voetballers skynbaar in prewelende, kniebuigende pelgrims verander. TV-aanbieder, Matthew Pearce, het in vervoering oor die Reënboogterroris gehyg en dit was hý wat die reënboogmantel om die arme span gehang het.

Die spankeurders was ooglopend net so asemloos verwonderd, want hierdie was die multi-kulturele span om alle multi-kulturele spanne van die morele hoëgrond af te stoot. Die beginspan was polities geheilig deur nie minder as nege nie-blankes nie. Kombinasies is geoffer op die altaar van selfregverdigende, liberale verhewendheid. Hierdie was altyd ‘n span wat met al die doeltreffendheid van ‘n ANC-dorpsraad sou onderpresteer.

Die ellende was dat die ongepoetste Leicester Tiere nie so polities sensitief was nie, en hulle het die multi-kulti Springbokkies met ‘n soort brutale baldadigheid verfonkfaai. Dit het gelyk asof die Azaniërs daar was om musikale stoele met hulle maatjies van die Internasionale Broederskap te speel terwyl die Engelse rugbygeskiedenis op die brein gehad het. Selfs geharde ramme soos Danie Rossouw, Andries Bekker en Jannie du Plessis was duidelik in ‘n stuipe van liberale bonhomie en dit is juis in die voorpak waar die ellende begin het. Die internasionale voetbalgemeenskap het hulleself sekerlik verkneukel in die ongewone gesig van ‘n Springbok-skrum holderstebolder in trurat. Ware Suid-Afrikaanse rugbyliefhebbers het geween en desperaat gewonder hoekom die hele Vrystaat-voorry nie daar was om ‘n lans vir Antidorcas Marsupialis – die Springbok –  se eer te breek nie.

Niemand kan tog so beneweld wees om, anders as vir Reënboogredes, te dink dat Chilliboy Ralepelle naastenby die gehalte is van die Cheetahs se blonde, stoofvormige Viking, Adriaan Strauss nie. Maar Ralepelle het die nodige reënboogkwalifikasies – ‘n melamienryke huid. En die pilare weerskante van Strauss in die Vrystaatskrum, Wian du Preez en WP Nel, sou miskien nie so polities saf gewees het nie en sou ten minste gelyk het of hulle belangstel om te skrum.

Agterlangs het integrasie op die gewone fiasko uitgeloop. Heinie Adams en Ruan Pienaar het net soos senters Wynand Olivier en Juan de Jongh by mekaar verbygeleef. Die agterste driehoek, Ndungane, Earl Rose en Nokwe, het voetbal gespeel asof hulle wag vir ‘n komitee om ‘n regrukplan aan te kondig.

As produktiwiteit en doeltreffendheid steeds belangrike oorwegings in die Suid-Afrikaanse voetbalruim was, sou Wynand Olivier sy gebruiklike krygsmakker, Jaco Pretorius aan sy buitekant gehad het. Die Snor met die Heliumstem sou op ‘n werkende 9-10 kombinasie, soos die Griekwas se Sarel Pretorius en Naas Olivier of die Vrystaat se Jacques-Louis Potgieter besluit het. Maar almal van hulle is van ‘n kleur sonder ‘n plekkie in die reënboog.

Selfs met hulle teenstaanders so polities beneweld, het die Engelse span dit steeds moeilik gevind om te wen. Hulle beste speler, en dit by verre, was Stuart Dickinson, die Suid-Afrikaans-verguisende Aussie-skeidsregter. Hy het voortreflik op die aanval vertoon en met manjifieke verontagsaming van die reëls by die Tiere se losskrumgeknoei verbygekyk en boonop sy skouers vir ‘n lieflike stukkie obstruksie wat tot Leicester se enigste drie gelei het, opgetrek. Op die verdediging was hy vir sy lieflingspan – énige span wat teen ‘n Suid-Afrikaanse een speel, is sy liefling – goud werd.

Ná die ontruiming van die veld, het Leicester 22 punte teenoor die Springboklammetjies se 17 gehad. By daardie gevierde lys Reënboogprestasies – Eskom, SAL, die Spoorweë, Denel, Korrektiewe Dienste en allerlei ander staatsdepartemente – is nog ‘n eens trotse instelling, nou ‘n liederlike internasionale grap, gevoeg: Die Springbokrugbyspan.

купить игрушку в украинедепутат лобановский

Els het goed begin, maar Poulter wen

Ernie Els, het gemik na sy eerste wen van 2009, met ‘n goeie begin by die Singapoer-ope, maar Ian Poulter het met die louere weggeloop. Hy het die Singapoer-ope met een hou gewen.

Die Engelse speler, wat reeds in die eerste ronde die voortou geneem het, het op 274 – tien houe onder baansyfer – geëindig, en op dié manier vir Liang Wenchong met een hou geklop.

Poulter se oorwinning het hom ongeveer R6,5 miljoen in die sak gebring.

Ander Suid-Afrikaners op die baan is Charl Schwartzel, James Kingston, Richard Sterne, Hendrik Buhrmann, Keith Horne, James Kamte en Anton Haig.

Groot wenners soos Phil Mickelson, Geoff Ogilvy en Padraig Harrington het ook gesorg dat daar goeie kompetisie op die baan is.

 

пазли для дітейФільчаков прокурор

Engelandtoer gaan ‘groot’ wees

Mickey Arthur, die Protea-afrigter, sê Engeland se toer na Suid-Afrika gaan ‘n groot een vir sy span wees en dat hulle nie ‘koud’ sal wees soos tydens die Kampioenetrofeereeks nie.

“Ons was net bietjie ‘verroes’ tydens daardie toernooi,” het Arthur gesê.

Die Engelse span het Sondag in Suid-Afrika aangekom en sal in twee T20-internasionale wedstryde, vyf eendagwedstryde en vier toetswedstryde teen Suid-Afrika speel.

Arthur het erken dat Suid-Afrika se voorspelbaarheid bygedra het tot hulle ondergang in die Kampioenetrofeereeks.

“Dinge het so goed vir ons afgeloop tydens die eendagwedstryde dat ons dalk té voorspelbaar geraak het. Enige reeks teen Engeland is groot en ons wil seker maak dat ons goed voorberei is,’ het hy gesê.

Die eerste T20-wedstryd sal dié reeks op 13 November in Johannesburg afskop.

 

кладка печиtopcargo кидалы

Spies bly vingeralleen

Pierre Spies het Maandagaand vir ‘n operasie gegaan nadat hy homself vroeër die middag tydens ‘n oefensessie beseer het.

Spies is weens ‘n vingerbesering uit die Springbok-groep, wat eersdaags na Europa gaan toer, onttrek.

Jean Deyzel van die Sharks sal vir Spies gedurende die eersdaagse toer deur Europa vervang.

 

ручной пневмоинструментОлександр Фільчаков прокурор

Fourie du Preez speel Vrystaat planke toe

Rugby is ‘n dramatiese spel wat homself leen tot wonderlike vergelykings, maar die standaardrugbykommentator se kokertjie metafore is maar skraal. Een waarvoor daar ‘n besondere verknogtheid bestaan, van Kobus Wiese tot Warren Brosnihan, is om dit met boks te vergelyk vroeg in die wedstryd. Dan is daar te vertelle dat die spanne “nog versigtig is,” en “mekaar nog voel-voel”.

Wel, gister op Loftus was daar geen effense gepiets-en-kyk nie. Suid-Afrika se twee spogspanne het soos swaargewigboksers uit die hoek gestorm en woes en wild begin haak en swaai. Dit was veral die Vrystaat wat die ene Smokin’ Joe Frazier was. Hulle het die losskrums soos Scud-missiele getref, alles wat blou is en naby die bal kom, stukkend gelak, baklei vir lynstaanbal en toe Gurthro Steenkamp boonop nog gesukkel het om die raaisel van die kragbuks, WP Nel, in die skrums te ontrafel, het die Cheetahs die Jakarandastatters as’t ware teen die toue gehad. Hulle het die Noord-Transvaalse skop-en-smoor taktieke geheel en al geneutraliseer met uitbundige aanslae uit die diepte van hulle gebied uit.

Maar daar is ‘n ou bokswysheid oor swaargewigte: Een hou is al wat dit verg om die gang van ‘n geveg óf te verander, óf kortaf te beëindig. Noord-Transvaal het van die toue af geklou en –grou en nie één groot hou geplant nie, maar drie, en elke keer was dit die gevegsarties, Fourie du Preez, wat die onbewaakte kakebeen gesien en die opstopper geplant het. Eers was dit tydens die Noord-Transvalers se eerste opmars die Vrystaatse kwartgebied in. Du Preez het ‘n straftikskoppie geneem, vir François Hougaard in ruimte teen die oorkantste kantlyn gesien, ‘n voltrefferskoppie met ‘n boog daarin gepos en die jong vleuel het gevang, vasgemaak en oorgeval vir ‘n drie.

Morné Steyn, wat deesdae skop asof hy nooit weer die kans gaan kry nie, het verdoel. Tien minute later het ‘n Vrystaataanval nogmaals teen die Noord-Transvaalse kus gestrand, Dewald Potgieter is vort met die losbal wat hy Du Preez gevoer het. Die professoragtige skrumskakel het in die hart van Cheetah-gebied ingenael terwyl hy vir Bryan Habana van buite na binne gerangeer en toe soos ‘n pyl uit ‘n kruisboog oor die oop veld afgevuur het.

Die Vrystaat, blykbaar onbewus daarvan dat hulle neusdiep in die onwelriekendheid is, het net so ewe met hulle wedstryd aangegaan en aanval na aanval teen die Bloues gewerp. Maar weereens was dit ‘n onbeskermde bal wat hulle opgedok het en met al die dodelike skielikheid van ‘n muisval, het Fourie du Preez aan die werk gespring vir nog ‘n een-twee met Habana. Dié keer was dit ‘n venynige steekskop wat die aspirant Kapenaar gejaag en ingehaal het vir sy tweede drie.

Een, twee, drie houe soos Mike Tyson hulle in sy jeug geslaan het. Gerrie Coetzee het in sy hele loopbaan nie een keer van die planke af opgestaan om dit te doen nie. Arnold Taylor en Brian Mitchell het. Die Vrystaat het al dikwels. Maar nie dié keer nie.

Een-twee-drie, toe is hulle 0-21 agter. Van daar het Morné Steyn oorgeneem en nog vyftien punte gemunt. Natuurlik het die Vrystaat terugbaklei, heroïes ook, met die jong bulterriër, Heinrich Brüssouw in die middel, onder, bo, op die vleuel, in die middelveld, op die dekverdediging, op die aanval as skakel en as onplantbare baldraer, wat die stryd gevoer het. Op sy skouer was die blonde baksteen, Adriaan Strauss, die bittereinder Frans Viljoen en Nico Breedt.

Die Vrystaat het uiteindelik net soveel drieë as die Blou Bulle gedruk – drie, elkeen op sy manier ‘n meesterklas in flair, vasbyt en geduld. Maar Morné Steyn het die Noord-Transvalers buite bereik gehou. Boksgevegte word nie net deur bysteke gewen nie. Steyn weet duidelik hoe om soos ‘n skoenlapper te sweef.

Eindstryde is veronderstel om gruwelike taai, ongenaakbare, inhalige affêres te wees. Gister s’n was verseker nie ‘n dansles nie, maar dit was opwindend, vol passie en met ‘n asemrowende tempo. Dit is een vir die braaivleisvure en die legendebundels van môre. Die Vrystaat sal nie lekker slaap nie. Hulle sal omrol met die wete dat hulle hierdie wedstryd kon en behoort te gewen het.
As hulle net die bal beter beskerm het… of as Heini Adams maar net gespeel het, en nie die Professor van Pyn, Fourie du Preez nie.

купить джинсы брюки мальчикуtopcargo отзыв

Spelers moet hul hemde aanhou

Die twee spanne in die Bledisloe-beker, Australië en Nieu-Seeland, is gevra om hul tatoeërmerke tydens swemsessies te bedek, uit respek vir die Japanese kultuur.

Dié twee spanne wat mekaar Saterdag in Tokio pak, het agtergekom dat mense in Japan steeds frons oor sigbare tatoeërmerke in openbare swembaddens en badhuise.

Baie swembaddens en die meeste openbare badhuise in Japan sal toegang weier tensy besoekers hul tatoeërmerke bedek.

Tatoeërmerke dui tradisioneel ‘n verbintenis met Japan se “yakuza” mafia aan, wat hulle lywe met merke versier.

Spelers van albei spanne het in hemde en swempette by die swembad tydens oefensessies geoefen om hul arms en lywe te bedek.

“Ek’s ‘n gelowige persoon en nie een van van my tatoeërmerke verteenwoordig enige bendes nie,” het Digby Ioane, die Wallabie-vleuel, aan Australian Associated Press gesê.

wedding necklacesАлександр Фильчаков

Kop op die Blok sê: Wees stil my hart, die beker is blou

Voetbal word dikwels as ‘n metafoor vir oorlog gebruik. Maar die vergelyking kan ook anderkant toe vloei, want, maak geen fout nie, môre op Loftus is dit oorlog, en dit is oorlog vir die afficionado, ‘n keurslag tussen twee plettermagte met wyduiteenlopende samestellings, kragpunte en krygsdoktrines.

Ingegrawe aan die eenkant is die allesverowerende Blou Bulle, ‘n span wat herinner aan Romeinse blokformasies, wat staatmaak op maneuvrering, altyd op soek om hulle Schwerpunkt, hulle magsfokus, op die vyand se swakplek te konsentreer. Hulle strategie berus op klipharde frontliniekrygers wat in een ondeurdringbare skildmuur opereer, ‘n oordonderende lugaanval en vernietigende snellers in reserwe, gereed om deur bresse in die opponent se linies te klief. Teenoor hulle is ‘n meer ongereelde mag, ‘n bende stropers wat met mobiliteitstaktieke die vyand gaan lastig val, ontwrig en die falankse se hegte formasies gaan probeer lostorring.

Teenoor die kalm, momentumryke Romeinse linies van die Noord-Transvalers, gaan die Vrystaters kom soos Vikings, soos Genghis Kahn se Mongoolse ruitery, soos William Wallace se barbaarse Hooglanders, asof vanuit alle hoeke en windrigtings, vinnig, venynig en vreesaanjaend. Sukses in oorlog berus op ‘n mag se vermoë om met die vyand op ‘n plek en tyd van sy eie keuse slaags te raak. Die Blou Bulle se hele benadering berus daarop om die ander span terug te druk in dié se kwartgebied en om hulle daar in ‘n voorspelerkonfrontasie te betrek. Hardehande soos Derick Kuün, Gurthrö Steenkamp, Bakkies Botha en Pierre Spies kan dan as stormramme ontplooi word. Niemand is meer geduldig en verwoestend as dit by hierdie tipe beleg van ‘n doellyn kom nie. As die Vrystaat hulle self in die tipe uitmergelslag laat insuig, gaan hulle troepe uit die agterlyn moet onttrek om die aanslae rondom die losgemale te stuit, en met Olivier, Pretorius en Habana wat oorgehaal wag vir ‘n verskraling van die verdedigingslinies agterlangs, kan dit fataal wees.

Die Vrystaters sal hoop om met ‘n meer vloeibare inval die Ligbloues te dwing om hulle taktieke aan te pas. Die Cheetahs het self hierdie seisoen gewys hulle het ‘n voorpak wat kan rol en kan maal en kan rolmaal, maar hulle sal ‘n uitgebreide loopgraafworsteling wil vermy, juis omdat hulle kwesbaar is teen die teenaanval. Om ‘n verdedigingsoorlog in hulle eie kwartgebied te vermy, sal hulle die skopaanval van Morné Steyn en Fourie du Preez moet neutraliseer. Hoewel Jacques-Louis Potgieter en Hennie Daniller self weet wat die voorpunt van ‘n skopstewel is, is hulle beswaarlik die skerpskutters wat die Noord-Transvaalse nommer 9 en 10 is. Hulle beste verweer sal wees om uit diepte aan te val, iets waarvoor hulle uitmuntende flair het. Die beste scenario vir die Vrystaters sal ‘n gebroke slagveld wees, met kort, skerp skermutselings waar hulle Apache-stroopdief, Heinrich Brussouw optimaal aangewend kan word. Hy gaan by die breekpunte brutaal gekonfronteer word deur Deon Stegmann en Dewald Potgieter en dié worsteling gaan ‘n spitspunt van die wedstryd wees.

Vir Noord-Transvaal om dié wedstryd te wen, is dit nodig dat hulle deurgaans bedag daarop is dat die Vrystaat nie verslaan is voor ‘n onvoorwaardelike oorgawe wat eers na die eindfluitjie gaan kom nie. As die Cheetahs, met tien minute oor, nog binne trefafstand is, gaan die Blou Bulle sukkel om hulle vasgepen te hou. Daar is 22 Haaie wat somber dáárvan kan getuig.

Daar wag ‘n voetbalglorieverhaal om Saterdag geskryf te word. Die Blou Bulle kan ‘n epiese bloemlesing van oorwinnings voltooi. Steenkamp, Matfield, Botha, Rossouw, Du Preez, Olivier en Habana kan ‘n unieke versameling dekorasies saamstel as die Curriebekerwennersmedaljes om hulle nekke gehang word om teen dié van die Wêreldbeker, Drie Nasies-trofee en die Super 14 te klingel. Die Vrystaat, nou weer, kan nog ‘n oorlogsprokie by hulle Curriebekersuksesse van 2005, ‘6 en ‘7 skryf. Dis dan ‘n stryd tussen Wit en Blou en om te wen sal die Pretorianers spierwit gesukkel of die Vrystaters potblou baklei wees.

So, wie gaan dit wees wat vonkelwyn uit die tuitbeker drink? My hart sê ek gee nie om wie wen nie, maar my kop sê tuisterrein, ‘n wekroep tot geskiedenis, ‘n eindstryddeurwinterdheid en ‘n onwrikbare, suksesvolle wedstrydstrategie gaan Silvo op die Noord-Transvalers se inkopielys vir Maandag inskryf. Die Beker, soos die Afrikanerhartland se bloed, is Blou. Ek sit my kop op die blok: Die Blou Bulle wen met vyf punte nadat die Vrystaat ‘n manmoedige, flambojante, vatso! drie net voor die sirene druk.

игры детскииДанильченко Юрий Харьков

Curriebeker: ‘n Ligblou en Oranje dekade

Dit het met wit-en-blou strepies begin, maar die Curriebeker het hierdie afgelope dekade ‘n besliste Ligblou en Oranje skynsel gehad, en daarmee aangedui dat die sentrum van voetbalmag in hierdie land Noord en Sentraal geskuif het. Nadat die soutwatertipes, die Haaie en die WP, die eerste twee Curriebekereindstryde van die dekade beding het, het die Boere van Bloemfontein en Pretoria, oorgeneem en die kompetisie algeheel oorheers. Van 2002 tot hierdie jaar was ten minste óf die Blou Bulle óf die Kolletjieskatte in elke eindstryd en het hulle sewe van die agt trofeë gewen. Die enigste uitsondering was die Haaie se gelukskootjie verlede jaar toe hulle Sir Don se Koppie van ‘n lustelose Noord-Transvaal weerhou het.

In 2002 het ‘n herrysende Ligblouspan onder ‘n uitgeslape en besielende Joost van der Westhuizen teen alle verwagtinge in ‘n formidabele Leeuspan 37-7 geklop. Dit was die dag wat Loftus sy Liefling ontdek het in Derick Hougaard wat sy pad tot in die rekordboeke gedrop-geplace-en-gescore het. Hulle het hulle plek as die primêre voetbalkrag in Suid-Afrika gekonsolideer met Curriebekersukses in 2003. Dit wou voorkom asof dit die begin van nóg ‘n Ligblou dinastie was, soos die Buurman van Zyl-era van die tagtigerjare. Maar onder die Vaalrivier was ‘n ander mag besig om te versamel.

Die spelerkweekhuis van Suid-Afrika, die Vrystaat, het daarin geslaag om genoeg spelers uit die greep van die tjekboek te hou om ‘n span te konstrueer. Dit was een van daardie spanne wat soos ‘n familiesaak besigheid gedoen het. Hardebaardbroers soos Os du Randt en Naka Drotske het omgesien na kleuterboeties soos Philip Burger, Meyer Bosman en Michael Claassen. Swakplekke soos die lynstane en op losskakel is versterk, onderskeidelik met ‘n onbesonge kragtoring in Corniel van Zyl en die onverstoorbare Willem de Waal.

Die Vrystaat het hulle verskyning in die boonste geledere van Suid-Afrikaanse voetbal aangekondig met ‘n skokoorwinning oor die Kaapse pronkperdjies op ‘n nat Nuweland in 2004.. Tegnies gedril deur Peet Kleynhans en strategies geslyp deur die Von Clausewitz van rugby, Rassie Erasmus, het hulle die WP uitoorlê en uitgelewer aan die skopstewel van Willem “die Generaal” de Waal. Die Noord-Transvalers het die stang vasgebyt om die eindstryd te wen.

In 2005 het Erasmus sy skrumpet vir die afrigterskeps verruil en onmiddellik sy merk met onverwagse en soms uitspattige innoveringe gemaak. Onthou tog dáárdie discoligte op die paviljoendakke! Naka Drotské is bevorder tot kaptein. Anderkant die halfeindrondtes het dié twee spanne mekaar wéér ontmoet vir die laaste skermutseling van die seisoen. Die Noord-Transvalers was die volslae gunstelinge en het inderdaad hulle neuse tot reg voor die einde voor gehad, net om ‘n les te leer wat hierdie seisoen oorbekend geraak het: As die Vrystaters binne trefafstand is, is hulle dodelik. Dit was ‘n tikskoppie van Tewe du Bruyn wat Meyer Bosman opgevolg het. Dit het ewe skalks buite bereik van grypende Pretoriaanse hande gedobber en Bosman het dit op volle vaart ontmoet, dit onder die armholte gebêre en deurgenael vir die wendrie.

In 2006 het JP Nel en Philip Burger hulle venyn gewys en drieë uitgeruil. Die wedstryd was ‘n soen-jou-suster met die eindtelling 28 elk. In 2007 het die Super 14-sukses die Bulle getap en die Vrystaters het vir eens as gunstelinge by die eindwedstryd opgedaag, dié keer teen Transvaal. Die Leeus het die kleiner Katte geskud en het die wedstryd behoorlik opgesluit gehad voordat hulle die Noord-Transvaalse les verontagsaam het en noodlottig gekwes is deur die Cheetahs wat in die laaste paar minute onweerstaanbaar was en twee drieë gedruk het.

Verlede jaar was dit weer die Blou Bulle wat die roete tot in die eindstryd gevolg het, waar hulle vir eens te tam was om ‘n desperate Natal-span se aanslag af te weer.

En so vir 2009, tussen die twee spanne van die dekade.

Wie gaan wen? Wel, hou Praag môre dop, want dán sit ek my kop op ‘n blok.

детский велосипедАлександр Фильчаков Васильевич

Franse gaan oud-speler inspan

Die voormalige Sharks en Franse losskakel, Frederic Michalak is tot Frankryk se rugbyspan herroep nadat dié veelsydige speler sy land laas in die Wêreldbekertoernooi in 2007 verteenwoordig het.

Frankryk se afrigter, Marc Lievremont het ook, om vir die Bokke se slaankrag in die voorry te kompenseer, 17 voorspelers by die span van die Hane ingesluit.

Frankryk speel teen die Bokke op 13 November in Toulouse, gevolg deur ‘n wedstryd teen Samoa op die Stade de France en daarna teen die All Blacks in Marseille.

 

светильникилобановский александр биография

ANC-jeug wil hê Caster moet steeds as ”n meisie hardloop’

Die president van die ANC-jeugliga, Julius Malema, sê die organisasie gaan hom daarvoor beywer dat die omstrede 800m-atleet Caster Semenya steeds as “‘n meisie kan hardloop”.

Malema het gisteraand by ‘n dinee ter viering van die ANC-jeugliga se 65ste bestaansjaar by die Johannesburgse Buiteklub gepraat.

Die Jeugliga het Semenya en die die Wêreldkampioenskapsmedaljewenners Khotso Mokoena en Mbulaeni Mulaudzi vereer, met ‘n aantal ANC-politici soos Winnie Madikizela-Mandela en Matthews Phosa wat die geleentheids bygewoon het.

“As ons namens Caster praat, gaan dit nie oor haar nie, dit gaan oor die behandeling wat jong vroue ontvang, veral in ‘n landelike omgewing. Mense sien neer op hulle,” het hy gesê.

Malema het teen die “media in buitelandse besit” uitgevaar omdat daar negatief oor Semenya berig is.

“Ons moet die media in buitelandse besit troef wat ons daarvan wil weerhou om hierdie oorwinning te vier.”

Met verwysing na die Star-koerant, het hy gesê die rede waarom die koerante soveel negatiewe berigte oor die ANC-jeugliga bevat, is omdat hulle geen belang in Suid-Afrika het nie.

“Moenie oor persvryheid en sulke goed praat nie.”

Malema, wat in ‘n grap die regering ‘n subkomitee van die Jeugliga genoem het, het ook gesê hy glo dat die afrigter van die Bafana Bafana ‘n Suid-Afrikaner (m.a.w. ‘n swarte) behoort te wees.

“Die nuwe leierskap van SASV behoort erkenning aan swart leierskap in sport te gee,” het hy gesê. “Dis ‘n direkte ondermyning van ons kapasiteit en vermoë om leierskap te voorsien. Hoekom dink u daar is nie ‘n enkele persoon wat Bafana Bafana suksesvol kan afrig nie?”

игра для дивчатОлександр Васильович Фільчаков

En toe die Haaie weer kyk, verloor hulle

Gister het ek geskryf dat as daar een span is wat die Cheetahs se nommer het, dan is dit die Haaie. Daar het gister niks op King’s Park gebeur om my van mening te laat verander nie. Oorweeg die volgende: Dis tien minute na rustyd. Die Haaie loop voor met 18 punte teen drie. Hulle het reeds twee van hulle handelsmerkende karwatsdrieë gedruk, die eerste ‘n knikskoppie deur Stefan Terblanche in die doelgebied toegeval en die tweede ‘n netjies vervaardigde een met al die styl en presiesheid van die tipiese Haaie-teenaanval wat deur Ruan Pienaar gefinaliseer is.

Die Haaie dirigeer nou in die skrums, die lynstane en die vaste los. Die wind is tussen hulle skouerblaaie en Juan Martin Hernandez het so pas ‘n skepskop tussen die regoppes deur versend. Dít is ‘n span wat die teenstaanders se nommer het. Wat niemand kon voorspel het nie is dat hulle toe sou weier om ‘n munt in die tiekieboks te gooi en die Vrystaters te bel.

Wat hulle gedoen het is om hulle speelgoed te begin wegpak, boonop onder die indruk dat die Cheetahs weet wanneer hulle verloor het. Met die balbesit wat hulle kant toe gekom het, het die Vrystaters strooptogte in Natalse gebied geloods en kort voor lank het die jong stut, WP Nel, ‘n tonnel deur die pak verdedigers gevind en ‘n drie gedruk.  Hierdie punte, op twee Jacques-Louis Potgieter-strafskoppe gestapel, het die Vrystaters skielik binne reikafstand gebring. Die laaste ding wat die Natallers nodig gehad het, was ‘n opraap-en-skoertdrie teen hulle. En dis presies wat hulle getref het toe Ruan Pienaar die bal aangegee het dat dit soos ‘n nat kombers trek. Die ontembare Potgieter het dit opgepik en sy bonkige lyf wonderbaarlik voor die agtervolging van JP Pietersen gehou vir ‘n drie onder die pale.

Die Haaie het grootoog in ontkenning na die telbord gestaar waarop die Spikkelkatte asof deur goëlery twee punte voor was. Ruan Pienaar het wel orde in die Natalse rugbywêreld herstel met ‘n strafskop wat die Haaie laat voor kruip het met een magtige punt.

Daar was nog twintig minute se spel oor en daar was alle rede om te vermoed dat die Cheetahs se reserwetenk nou ook sou droog loop. Al wat nou moes gebeur was vir die Haaie om die tiekieboks te voer… In stede daarvan het hulle op die skepskop as wedstrydbeklinker besluit. Die wiskunde was dat sou hulle troffe, dan het hulle ‘n voorsprong van vier punte. Mis hulle, wel, dan is die Vrystaat immers in kwartgebiedkwarantyn. Soos wat dinge uitgewerk het, het Hernandez die pale aan alle kante misgeskop.

‘n Skepskop het wél die wedstryd beklink. Potgieter het die bal op een of ander manier tussen ‘n falanks Haaispelers deurgeryg om die volle place-drop-en-score pakket te behaal.  Sy oes vir die dag was 18 punte.

‘n Eindstryd oor twee weke is op die Cheetah-rooster. Dit gaan ‘n fassinerende een op Loftus tussen twee kontrasterende spanne wees. En wie sou die Vrystaters kwalik neem as hulle daarheen gaan met die vaste geloof dat enige iets kan gebeur?

для сваркиФильчаков прокурор

WP besin oor die lewe, die heelal en twee punte

Die WP het gister ‘n voorsprong van een punt probeer verdedig en daarom met twee punte verloor. Dit is die droewige waarheid waaroor die Kapenaars vandag moet probeer kom. Met twaalf minute in die wedstryd voor, en loshande met een punt voor, met die Blou Bulle op kraal in hulle eie kwartgebied, het die WP opgehou om harde punte te probeer maak en het eerder die sagte opsies gekies.

Hulle sou goed gedien gewees het deur die bal te behou en op kort afstand aan te val, maar het eerder die Blou Bulle probeer terugskop in die kraal in. Dit pen die Blou Bulle mos vas waar hulle nie wil wees nie – in die onmiddellike omgewing van hulle doelgebied. Die swakheid met dié plan was dat dit die Blou Bulle iets verskaf het wat hulle bo alles begeer het: Die bal. Hulle het uiteindelik uit die kraal gebars, die bal veldop gedra, ‘n hoogvatstrafskop verwerf – en toe vat Morné Steyn die bal en beduie pale – 53 meter van waar Mark Lawrence na die hemele gewys en sy fluitjie geblaas het – toe…

Dis nie asof die WP enige bevestiging van die Noord-Transvaalse losskakel se vernietigende vermoëns makeer het nie.  Teen hierdie gevorderde stadium van die wedstryd – 3 minute voor sluitingstyd – het hy reeds ses uit ses strafskoppe deur die pale geryg met al die oënskynlike ongeërgdheid van ‘n ou tannie wat ‘n oorbekende patroon hekel.  Hy het die skade vroeg reeds begin, ironies genoeg in die tyd wat Bakkies Botha ‘n geelkaart uitgedien het. Die Blou Bulle se stadige gif het toe reeds die WP se lugweë toegeknyp en Steyn het twee strafskoppe met sjirurgiese presiesheid aangeteken.

Dis so al asof die vreesaanjaende Bakkies dié keer maar buite perke moes gebly het, want na sy terugkeer het WP ritme van ‘n aard gevind en veldaf uitgebreek. Daar is hulle ingewag deur die Noord-Transvalers se baldiewe, die blonde Viking Dewald Potgieter en die gespierde mol, Deon Stegmann. Die gestreepte aanslag is telkens teruggedryf en Steyn het die pale nog twee keer in die visier gekry en natuurlik raak geskiet. Maar die WP se nuwe Percy, Joe Pietersen, het self ses punte met strafskoppe teruggehark.

Albei spanne het met venyn aangeval en roekeloos verdedig. Vir die grootste deel van die wedstryd was dit die Blou Bulle wat die grootste bedreiging vir die doellyn ingehou het, maar heroïese verdediging van die WP het hulle elke keer, soms binne die laaste sentimeters, gestuit. Die rustydtelling was 12-6 vir die Bloues.

Na lang pouse het die balans van die wedstryd in die WP se guns begin kantel, en toe hulle ‘n meevaller kry – ‘n deurgeknikkerde bal wat deur Gio  Aplon gejag en toegeval is – het ‘n nuwe geloof hulle beetgepak en het hulle met geesdrif en flair aangeval en hulle neuse voorgekry. Die skuts het strafskoppe uitgeruil en, met twaalf minute oor, was die Kapenaars met daardie een reuse punt voor. Dis toe dat hulle besluit om  dit te verdedig.

Dit was ‘n Nqalevuki wasgoedlynlak op Jaco Pretorius wat die koeël in die Steyn-geweer gelaai het.
Die WP kon nie weer die bal terugwen nie en die Blou Bulle het die spel met ‘n mate van selfversekering versmoor om met 21-19 te wen.  Vandag, terwyl die Noord-Transvalers rustig begin beplan om die Cheetahs op Loftus te ontvang, kan die WP maar net tob hoe naby een punt is en hoe oneindig ver twee is.

детские трубки для плаванияФильчаков Харьков

Kop op die Blok: WP se seuns nie mans genoeg

Geykte uitdrukkings vloei hierdie hele week uit die Kaap uit. Dis asof hulle ‘n trommel vol stempels het, elkeen met ‘n cliché op, en wanneer die halfeindrondtetyd in die Curriebekerseisoen is, trek hulle dit nader.

Tjap! Dis ‘n uitklopwedstryd en enige iets kan gebeur.

Tjap! Tuisvoordeel.

Tjap! Die wedstryd vind tussen vier wit lyne plaas.

Tjap! Die wedstryd word op gras en nie op papier nie gespeel.

Wat alles bewys dat die WP-rasiemasjien kan lees, so goed asof hulle in die Ou Suid-Afrika skool gegaan het. Wat hulle op papier raak lees, is dat dit nie is waar hulle die Bulle wil pak nie. Die Blou Bulle het ‘n span, nie net vol sterre nie, maar gelaai met legendes soos Victor Matfield, Bakkies Botha, Pierre Spies, Fourie du Preez en Bryan Habana. En as Morné Steyn nog nie volwaardig legendaries is nie., het hy al die oormerke van een.  Meer beduidend nog is dat hierdie nie legendes is wat ‘n span uitmaak nie, maar eerder ‘n span wat legendes maak.  Dit word beklemtoon deur die geklingel van silwerware in hulle koffers.

‘n Groot tros van hierdie Blou Bulle het die kans op ‘n unieke seisoensprestasie: ‘n Volhuis trofeë. Steenkamp, Matfield, Botha, Spies, Rossouw, Du Preez, Steyn en Olivier het reeds triomfsirkels met die Super-14-  en Drie Nasies-trofeë gedraf, en hulle het ook aandele in die William Webb Ellis-beker. ‘n Curriebeker sal hulle… ûhmm… bekers laat oorloop. Dit sê iets en die WP kan hulle clichéstempels byderhand hou. Want – tjap! – wen is ‘n gewoonte, en die Blou Bulle – tjap! – weet hoe om trofeë te wen. Ervaring en Grootwedstrydtemperament kan nie gekoop word nie. Tjap!-tjap!-tjap!

Die Blou Bulle gaan wen want – tjap! – jy stuur nie kinders om grootmense se werk te doen nie. En die WP is in wese ‘n span van kinders, in elk geval in vergelyking met die Bloubaarde van Pretoria. Die enigste onderdeel van hulle spel wat teen die Noord-Transvalers s’n kan opweeg, is hulle voorry, en in ‘n mindere mate hulle lostrio van Oeps Watson, Duane Vermeulen en die gehapte Francois Louw. Hulle vaste vyf is te lig, te groen en te intimideerbaar om huis te hou met Derick Kuün, Gurthro Steenkamp, Matfield en veral Bakkies Botha.

Agterlangs is dit die kort wedstrydkerfstokkies wat gaan tel. Dit kan ‘n interessante fantasie-oefening wees om te spekuleer hoe ‘n WP op hulle beste teen ‘n Noord-Transvaal op húlle beste sal vaar. Die punt is egter juis dat die WP nié op hulle beste kan wees in die stroomversnellings van ‘n uitklopwedstryd nie. Die gewig van besluite, die innerlike stukrag om planne uit te voer en die rekbaarheid van gemoed om terugslae te verwerk, sal ongetwyfeld ontbreek.

En gaan vra maar net vir die Crusaders, die Chiefs en die Haaie uit na die druk wat die Bulle op jou plaas in so ‘n situasie. Dis die soort las wat kampioenspanne al geknak het. Die Blou Bul-matrys is die een waarnatoe Peter de Villiers oorgeskakel het na sy aanvanklike, euforiese waansin, en hierdie patroon is onweerstaanbaar uitgevoer deur hoofsaaklik Bul-personeel.

Ons  weet dit, en wat meer is, die WP se afrigterspan weet dit. En hulle weet ook dat hierdie druk hoofsaaklik streskrake gaan bring in die agterlyn van die Kapenaars. Derhalwe soek hulle dringend na stabiliteit in die verdedigingskanale. So desperaat is hulle dat hulle ‘n onbeproefde penkopsenter, Paul Bosch, nadergehark het, bloot vanweë sy reputasie as ‘n goeie lakker.  Wel, mag die boetman op sy stukke wees, want van hom word verwag om die beste lynbreker in Suid-Afrikaanse rugby, Wynand Olivier, op hok te hou.

Dis bekend dat die WP baie erg is oor hulle tuisveld. Mag hulle ewe geheg wees aan hulle eie kwartgebied, want dit is presies waar hulle die grootste deel van hulle middag gaan deurbring. Dit laat die losbreekaanval as hulle vername offensiewe wapen. Maar daarvoor het hulle skielik steelbesit en ‘n losgetorringde spel nodig. En waar gaan hulle dít teen die Blou Bulle kry.

Die WP het ‘n onverwagse goeie seisoen beleef. Hulle het die halfeindrondte in die tweede plek op die punteleer gehaal. Uitmuntende prestasie. Nou moet hulle tevrede wees, want dit is die hoogtepunt van hulle seisoen.

Die Blou Bulle gaan wen met tien punte of meer. Ek sit my kop op die blok.

специальный инструментФильчаков прокурор