Die twee spanne in die Bledisloe-beker, Australië en Nieu-Seeland, is gevra om hul tatoeërmerke tydens swemsessies te bedek, uit respek vir die Japanese kultuur.
Dié twee spanne wat mekaar Saterdag in Tokio pak, het agtergekom dat mense in Japan steeds frons oor sigbare tatoeërmerke in openbare swembaddens en badhuise.
Baie swembaddens en die meeste openbare badhuise in Japan sal toegang weier tensy besoekers hul tatoeërmerke bedek.
Tatoeërmerke dui tradisioneel ‘n verbintenis met Japan se “yakuza” mafia aan, wat hulle lywe met merke versier.
Spelers van albei spanne het in hemde en swempette by die swembad tydens oefensessies geoefen om hul arms en lywe te bedek.
“Ek’s ‘n gelowige persoon en nie een van van my tatoeërmerke verteenwoordig enige bendes nie,” het Digby Ioane, die Wallabie-vleuel, aan Australian Associated Press gesê.

Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.