Mickey Arthur, die Protea-afrigter, sê Engeland se toer na Suid-Afrika gaan ‘n groot een vir sy span wees en dat hulle nie ‘koud’ sal wees soos tydens die Kampioenetrofeereeks nie.
“Ons was net bietjie ‘verroes’ tydens daardie toernooi,” het Arthur gesê.
Die Engelse span het Sondag in Suid-Afrika aangekom en sal in twee T20-internasionale wedstryde, vyf eendagwedstryde en vier toetswedstryde teen Suid-Afrika speel.
Arthur het erken dat Suid-Afrika se voorspelbaarheid bygedra het tot hulle ondergang in die Kampioenetrofeereeks.
“Dinge het so goed vir ons afgeloop tydens die eendagwedstryde dat ons dalk té voorspelbaar geraak het. Enige reeks teen Engeland is groot en ons wil seker maak dat ons goed voorberei is,’ het hy gesê.
Die eerste T20-wedstryd sal dié reeks op 13 November in Johannesburg afskop.
Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.