Jonathan Jansen moet weens sy Afrikaansvyandigheid as rektor bedank

deur Dan Roodt

MEDIAVRYSTELLING DEUR PRAAG (PRO-AFRIKAANSE AKSIEGROEP) OP 2 OKTOBER 2013

Die lesing wat prof. Jonathan Jansen voor ‘n gehoor van die English Academy of South Africa gelewer het en waarin hy die afskaffing van Afrikaans as onderrigtaal bepleit, verteenwoordig ‘n skandalige miskenning van Afrikaans en universele taalregte. Daar is geen plek vir Jansen aan ‘n Afrikaanse universiteit soos dié van die Vrystaat nie en daarom behoort hy onverwyld sy bedanking as rektor in te dien.

Jansen is ‘n epigoon van Amerikaanse politieke korrektheid en sy vervelige, middelmatige sienings word tot vervelens toe deur die media uitgedra. Hy het nog nie agtergekom dat die Republiek van Suid-Afrika nie die Verenigde State van Amerika is nie; boonop verskil ons land se problematiek grondig van daardie land s’n.

Engels is maar die vierde mees gesproke taal in Suid-Afrika. Minder as 10% van die land se inwoners praat dit tuis, net effens meer as Sepedi. Boonop is die variant van Engels wat in Suid-Afrika gebesig word, gedeeltelik verkreoliseer en armoedig. Dat dié boewetaaltjie wat vir “Engels” moet deurgaan nou tot Suid-Afrika se enigste onderrigmedium verhef moet word, is nie net vergesog nie, maar sou ‘n rampspoedige uitwerking op onderwys hê.

Terwyl opvoedkundiges reeds dekades lank die saak vir moedertaalonderrig bepleit, is Brits-koloniale troglodiete soos Jansen besig om téén alle logika in die saak vir “slegs Engels” en “Engels is beter” te stel.

Dat die Engelse Akademie van Suid-Afrika boonop ‘n platform vir dié tipe chauvinistiese en platvloerse denke bied, spreek insgelyks boekdele. Historici het al die onverkwiklike anti-Afrikaanse rol van dié “akademie” uitgewys wat in die sewentigerjare kinders in Soweto teen Afrikaans opgesweep het, iets wat op die Soweto-onluste uitgeloop het. Kennelik is dié liggaam met sy eie klein Milner-filosofie besig en gebruik die ‘swart” Jansen om sy koloniale vuilwerk vir hom te doen.

Sowel die Engelse Akademie as Jansen se stompsinnige pleidooi vir ‘n Engelse monokultuur in Suid-Afrika moet verwerp word met die minagting wat dit verdien. Sedert die negentigerjare is die idee van taalregte internasionaal gevestig en daarom kan sowel Afrikaans as ander inheemse tale aanspraak maak op gelyke behandeling teenoor die koloniale taal, Engels.

Jansen is kwaadwilliglik besig om die onregmatige opperstatus wat Engels tans in ons land geniet, te misbruik om Afrikaans aan die Universiteit van die Vrystaat wesentlik te benadeel. Hy het reeds oor en oor bewys dat hy ‘n Afrikaner- en Afrikaanshater van die eerste water is.

Daarom moet hy onverwyld sy bedanking indien sodat ‘n meer bekwame persoon die leisels as rektor van die Vrystaatse Universiteit kan oorneem. Die Afrikanerverraaiers wat hom daar aangestel het, verdien om gestraf te word.

Terselfdertyd moet die Engelse Akademie van Suid-Afrika verantwoording doen vir sy terugkeer tot koloniale sienings wat tot die Milner-tydvak behoort en wat nie in ‘n moderne Suid-Afrika tuishoort nie.

PRAAG sal in ‘n aparte skrywe antwoorde van die Engelse Akademie verlang sover dit die chauvinistiese en inderdaad xenofobiese menings betref wat Jansen namens dié instelling uitspreek. Vir seker sal ons ook met die Engelse Akademie op Afrikaans kommunikeer en ‘n flink antwoord van die spul Milneriaanse zombies verlang.

Reaksie op video skadeliker as video self

PRAAG (die Pro-Afrikaanse Aksiegroep) spreek sy afkeer uit oor die fasiele en histeriese reaksies vanaf mediakommentators en onlangs, sogenaamde “prominente burgers”, oor die Reitz-video.

Afrikaners, nie swartes nie, is tans die ware slagoffers van rassisme in die nuwe Suid-Afrika. Sedert 1994 is 30 000 van hulle vermoor in swart-op-wit geweld, met tienduisende Afrikanervroue wat deur swart mans verkrag is. Naas dié onophoudelike gruweldade kom die studentevideo onbenullig voor.

Die video is satiries van aard en niks meer as ‘n idiotiese studentepoets wat die spot dryf met Suid-Afrikaanse obsessies oor ras, waaronder sportkwotas en die gedwonge integrasie van kampuskoshuise, nie. Die swart vroue het uit vrye wil deelgeneem en die sogenaamde “urine” het verdunde aanmaakkoeldrank blyk te wees. Die ontgroeningstradisie bly sterk in Afrikaanse skole en universiteite en vele Afrikaners is sodoende al gedwing om aan vervelige en soms kinderagtige rituele deel te neem.

Die oordrewe reaksie op die video het meer skade aan rasseverhoudinge en interetniese naasbestaan in die land aangerig as die video self wat tot die rand van pseudo-artistieke uitdrukking beperk moes gewees het as ‘n vulgêre en studentikose spotstuk wat al as “’n Leon Schuster-fliek wat skeef geloop het”, beskryf is. Pleks daarvan, word dit tans met ‘n politieke en kulturele betekenis behang wat ver verwyder is van die jeugdige makers se bedoeling, as ‘n simptoom van kollektiewe “wit en Afrikanerrassisme”.

Soos die Deense spotprente wat in 2005 gepubliseer is, verteenwoordig die video ‘n toetssaak vir spraakvryheid in Suid-Afrika. Word mens toegelaat om die draak te steek met politieke korrektheid en die alomteenwoordige “demografiese verteenwoordigendheid” of het ons ‘n spul fundamentaliste geword wat gretig is om ‘n fatwa teen enigeen uit te spreek – selfs jong, onverantwoordelike studente – wat dit durf waag om die amptelike ideologie van “transformasie”, d.w.s. permanente omgekeerde diskriminasie teen blankes, te bevraagteken?

PRAAG glo dat spraakvryheid ononderhandelbaar is, afgesien van die aanstigting van geweld teen ander waaraan die Vrystaatse studente hulle nie skuldig gemaak het nie. In dieselfde week waartydens die dolheid oor die Reitz-video losgebars het, het swart studente op die UV-kampus m.b.t. Afrikanerstudentes gesê: “Kom ons verkrag al die ‘white bitches’.”

Oor die afgelope weke is ten minste vier Suid-Afrikaanse kampusse gesluit verklaar ná onluste deur swart studente wat nie met die video verband hou nie. Te midde van die toenemende onstabiliteit, is dit kommerwekkend dat die Engelstalige media ‘n waaragtige haatveldtog teen Afrikaans en Afrikaners voer. Trouens, die anti-Afrikaanse toon van die huidige Sunday Times of The Star is ononderskeibaar van wat daardie koerante in 1899 op die vooraand van die Anglo-Boereoorlog geskryf het of in 1920 toe hulle die stigting van Afrikaanse skole en universiteite probeer verhoed het.

Dis ooglopend dat verhoudinge tussen Suid-Afrikaanse rasse- en taalgroepe vinnig agteruitgaan. Slegs ‘n terugkeer tot redelike en beskaafde debat sal ons daarvan red om in die etniese konflik wat soveel Afrikalande kenmerk, te verval.

купить детские трекилобановский александр игоревич класс

PRAAG verwelkom Zuma se verkiesing

MEDIAVERKLARING OP 19 DESEMBER 2007 DEUR PRAAG (PRO-AFRIKAANSE AKSIEGROEP)

PRAAG wens mnr. Jacob Zuma geluk met sy verkiesing as president van die ANC. Ons verwelkom dit en hoop dat die groter begrip en samewerking met Afrikaners waartoe hy hom reeds verbind het, nou verwesenlik mag word.

Die Mbeki-tydvak was die ergste wat Afrikaners ervaar het sedert 1899-1910. Nie net is daar aktief teen Afrikaans en Afrikaners gediskrimineer nie, maar grootskaalse geweld het ook teen ons losgebars in die vorm van ongebreidelde misdaad wat ʼn kwalik bedekte vorm van etniese geweld verteenwoordig.

Mbeki self het ʼn verdeel-en-heersstrategie teen die Afrikaner gevolg. Uit die reste van die ou Broederbond en die Nasionale Party is meelopers soos Marthinus van Schalkwyk of prof. Willie Esterhuyse van Stellenbosch geïdentifiseer wat bereid was om mee te doen aan ons verdrukking. Die oorblywende Afrikaanse media, asook staatsonderwysinstellings, is op Sowjetagtige wyse aangewend om ons volk met skuldgevoelens te breinspoel en ons van ons identiteit te beroof. Die konstante propaganda-aanslag deur Afrikanermeelopers in Afrikaans het soos ʼn oorlog of ten minste ʼn besetting deur ʼn vreemde mag gevoel.

Zuma se verkiesing kan ʼn groot bydrae lewer om die toenemende klimaat van konfrontasie tussen Afrikanerboere, kulturele aktiviste en gewone Afrikaners aan die een kant, teenoor die ANC-beheerde staat aan die ander kant, te ontlont.

In sy gesprekke tot dusver met PRAAG-verteenwoordigers het mnr. Zuma hom onderskei as ʼn goeie en simpatieke luisteraar. Getrou aan die Afrika- en Zoeloekultuur koester hy harmonie in die land. Harmonie kan egter net bewerkstelling word indien Afrikaners billik en regverdig behandel word en hul vryheid en outonomie op tasbare wyse herstel word ná die verdrukking van die Mbeki-jare.

As Afrikaanse kultuurorganisasie is PRAAG verbind tot dialoog met die nuwe Zuma-administrasie wat sonder twyfel ook binnekort die staat sal beheer.

bog bad wolfОлександр Васильович Фільчаков

Groot betoging op 24 September teen Pretoriase naamsverandering

PRAAG en die GHA (Genootskap vir die Handhawing vir Afrikaans) beplan ’n groot betoging op 24 September 2007 teen die Pretoriase naamsverandering, maar veral teen die gebruik van die gehate naam “Tshwane” op die TV-nuus van die SAUK.

Tot dusver het die GHA reeds 90 000 name ingesamel van mense wat teen die gebruik van die ongewenste naam op die TV gekant is. PRAAG het ook etlike duisende name op die internet ingesamel teen die naamsverandering. In die aanloop tot 24 September sal nog petisies egter geteken word.

Alle Afrikaanse organisasies word uitgenooi om aan hierdie betoging deel te neem. Hoewel die hoofkwessie die uittartende gebruik van onsinnige name vir Pretoria op die SAUK is, kan afvaardigings van Potchefstroom, Louis Trichardt en ander dorpe of stede waarvan die name verander is of verander gaan word, teen sulke plaaslike naamsveranderings betoog.

Daar word ook beplan om TV-stelle voor die SAUK stukkend te gooi om ons misnoeë met die irriterende gebruik van fiktiewe name deur dié organisasie te kenne te gee. Dr. Dan Roodt van PRAAG het hom reeds uitgespreek ten gunste van ’n algehele boikot sover dit die betaling van TV-lisensies betref.

Die naamstryde is besig om ’n belangrike mobiliserende uitwerking op die Afrikanerbevolking te hê. Die vorige betoging teen die naamsverandering in Pretoria was ’n reuse-sukses met 5 000 mense wat daaraan deelgeneem het. Intussen het die Afro-fascistiese ANC-regime wat so hand om die blaas met die geklike Mugabe-bewind is, net verder gegaan in sy arrogante afdwing van ongewilde naamsveranderings wat bedoel is om die Afrikaner te verneder en hom onwelkom in sy eie land te laat voel.

Tot dusver het die SAUK nog geensins op enige skrywes of beswaarskrifte gereageer nie. Op Dinsdag 14 Augustus het dr. Dan Roodt van PRAAG en mnr. André Alkema van die GHA die SAUK besoek en gepoog om mnr. Dali Mpofu, Snuki Zikalala of enige van hul verteenwoordigers te siene te kry. Verskeie oproepe vanuit die voorportaal van die SAUK het vrugteloos geblyk. Die SAUK ignoreer die bykans 100 000 mense wat reeds hul teenkanting teen die ge-tshwane op TV uitgespreek het en bejeën die Afrikanerbevolking wat ’n groot deel van sy lisensiegeld betaal met die grootste minagting.

Ook op 14 Augustus het Roodt en Alkema die Johannesburgse munisipaliteit aangedurf en van een munisipale gebou na ’n ander gery in ’n poging om toestemming vir die betoging op 24 September te kry. Blykbaar sal die SAUK genoodsaak wees om kennis te neem van die betoging en beswaar teen sy naamspeletjies indien die Johannesburgse metroraad hom daaroor kontak.

Hoewel Dinsdag ’n vrugtelose oefening geblyk het, omdat nóg die SAUK, nóg die Johannesburgse metro blykbaar oor enige senior amptenare beskik wat tydens kantoorure op kantoor is, is daar intussen met die Johannesburgse metropolisie kontak gemaak en die nodige vorms vir die reël van ’n wettige betoging is verkry. Die vorms sal aanstaande week ingehandig word en ‘n beplanningsvergadering rondom die betoging sal met amptenare van die Johannesburgse metro, asook die metropolisie, gehou word.

Daar word nou volstoom georganiseer aan die betoging wat op Erfenisdag 24 September 2007 sal plaasvind. Die plan is om langs die McDonalds om 10-uur die oggend op die hoek van D.F. Malanrylaan en Kingsway bymekaar te kom en van daar af na die SAUK te stap waar die petisie oorhandig en die televisiestelle stukkend gegooi sal word.

Belangstellendes kan ‘n epos stuur na inlig@praag.org. 

no download noданильченко юрій броніславович

Mbeki se onverantwoordelike immigrasiebeleid

Die ANC-president, Thabo Mbeki, se verklaring dat Suid-Afrikaners vir lief moet neem met die groot aantal onwettige immigrante wat oor ons grense stroom, getuig van die uiterste onverantwoordelikheid. Trouens, in enige ander nywerheidsland sou so ‘n stelling politieke selfmoord beteken.

Die boodskap wat Mbeki aan die grensbeheeramptenare, polisie en binnelandse sake oordra, is dat hulle maar kan verslap en anderpad mag kyk terwyl onwettiges ons land binnekom.

As minderheidsgroep wat grootliks die Suid-Afrikaanse staat en infrastruktuur geskep het, kan die Afrikaner nie eenvoudig toekyk hoe hierdie land waarvoor ons geveg het op ‘n skinkbord aan vreemdelinge oorhandig word nie.

Geen van die vreemdelinge wat tans onwettig hier is, moet toegelaat om in ons land aan te bly nie. Sodra verantwoordelike regering in Suid-Afrika herstel word, moet hulle in oorleg met hul lande van herkoms permanent gedeporteer word. Behoorlike grensbeheer soos dit in Europese lande toegepas word, moet onverwyld herstel word.

Tot 1989 het die geëlektrifiseerde heining op die Limpopogrens goed gefunksioneer. Daardie heining en ander moet so gou moontlik herstel en in werking gestel word.

Daar woon 600 miljoen mense suid van die Sahara wat weens die wanbestuur en korrupsie van hul regerings in uiterste armoede verkeer. Logies sal ‘n hoë persentasie van hulle poog om hulle hier te vestig, vanweë ons ontwikkelde ekonomie en maatskaplike dienste. Terwyl Suid-Afrika reeds sukkel om sy armoede-, behuisings-, water-, riool-, elektrisiteits- en ander probleme te hanteer, sal die instroming van miljoene vreemdelinge die land op sy knieë dwing, asook op die duur etniese konflik veroorsaak. Daar is reeds verskeie oorloë in Afrika aan die gang weens transnasionale migrasie wat in die verlede plaasgevind het, onder andere in die Ivoorkus, DRK, Darfoer/Soedan, Kenia en Tsjad.

Nie net dryf onwettige immigrasie in ‘n hoë mate ons misdaadprobleem nie, maar dit oorskadu selfs misdaad as die enkele belangrikste krisis wat die land bedreig.

Ons moet terselfdertyd ons teleurstelling uitspreek met die reaksie, of gebrek daaraan, van die sogenaamde opposisiepartye. Dit is gebiedend noodsaaklik dat ‘n opposisieparty of -beweging tot stand moet kom wat die ware belange van Suid-Afrikaners op die hart dra.

Mbeki speel met vuur. Suid-Afrika is inderdaad leierloos en huiwer op die rand van ‘n ramp, terwyl geweldsmisdaad tier en vreemdelinge ongehinderd ons grondgebied beset.

Red ons land voor dit te laat is!

online gamesДанильченко Юрий Харьков

Boerehaat en die DA

MEDIAVERKLARING DEUR PRAAG (PRO-AFRRIKAANSE AKSIEGROEP) OP 7 MEI 2007

Die sms wat deur ‘n Kaapse metroraadslid van die DA, mnr. Pat Hill, rondgestuur is waarin hy stemme vir mev. Helen Zille gewerf het en dit as ‘n “spyker in die Afrikanerdoodskis” beskryf het, val vreemd op. Dit beklemtoon die geweldige etniese spanninge wat daar agter die fasade van liberale wellewendheid in die DA heers.

In die aanloop tot mev. Zille se verkiesing as leidster van dié party is daar berig oor die konflik tussen haar en mnr. Theuns Botha wat die Wes-Kaapse leier is en steun onder Afrikaners en Afrikaanse bruinmense geniet. In die lig van Hill se sms, wil dit voorkom asof dié geskil nie bloot persoonlikhede betrek nie, maar spruit uit dieper taal- en etniese verdelings binne die party.
Dit is algemene kennis dat die Demokratiese Alliansie onder Engelse beheer staan. Tewens, in die pas afgelope leiersverkiesing het nie een Afrikaanse kandidaat hom beskikbaar gestel nie. Kandidaatlyste, asook die partybestuur, word deur Engelssprekendes oorheers.

Nietemin het die uitgaande leier, mnr. Tony Leon, in ‘n onderhoud op KykNET erken dat die meerderheid DA-kiesers Afrikaners is. In ‘n hoë mate verteenwoordig die DA dus die Afrikaner se politieke aspirasies.

Dit laat voorwaar ‘n wrang smaak in die mond as die DA bereid is om sulke openlike anti-Afrikaanse gevoelens in sy geledere te duld.

‘n Meer grondliggende vraag is of Afrikanersteun langer geregverdig sou wees vir ‘n party waarvan die etos, beheer en teenwoordigheid van Boerehatende ryksarende soos Pat Hill allermins met Afrikanerskap strook.

Daar sal indringend oor die Afrikaner se politieke toekoms besin moet word en of daar hoegenaamd nog plek vir hom binne die DA onder mev. Zille is.

светильник оптикалобановский александр компромат

PRAAG spreek hom sterk uit teen skending van Standerton-gedenkteken

Die opsetlike vernietiging van ‘n Afrikanergedenkteken op Standerton dui op ‘n ‘n nuwe laagtepunt in die verhouding tussen Afrikaners en die huidige bewind. Aanvanklik is die Afrikaner-erfenis, soos die Afrikaanse taal, bloot afgeskeep en van openbare fondse ontneem. Tans word die Afrikanererfenis aktief vernietig.

Soos ons en ander deskundiges reeds in die onlangse verlede aangedui het, bevind Suid-Afrika hom reeds in ‘n laegraadse etniese konflik. Die soort simboliese aanval op die Afrikanergemeenskap wat op Standerton deur die burgemeesteres, mev. Queen Radebe-Khumalo, geloods is deur ‘n gedenksteen vir die 150-jarige viering van die Groot Trek te laat platstoot, is tipies van sulke konflikte.

Hoe langer die Afrikaner hom deur mooipraatjies en propaganda oor "versoening" laat mislei, hoe meer aggressief gaan sy vyande teen hom optree. Ons voeg ons stem by dié van elke ander Afrikaanse organisasie wat namens ons hele volk ons woede en teleurstelling uitspreek oor hierdie sinnelose daad van aggressie wat Queen (nogal) Radebe-Khumalo gepleeg het.

Die enigste logiese gevolgtrekking hieruit is dat daar geen plek meer vir die Afrikaner in Suid-Afrika is nie en dat die strewe na ‘n eie grondgebied en staat dringend en wyd gepropageer moet word.

Ook tydens dr. Roodt se deelname aan ‘n radiogesprek gisteraand op Kaya FM oor rassekwotas in sport, was dit vir hom duidelik dat die omroeper en luisteraars so in besit geneem is deur swart rassenasionalisme dat enige redelike debat onmoontlik was.

Die vernietiging van die Groot Trek-gedenkteken op Standerton staan in die teken van die toenemende onverdraagsaamheid en aggressie wat deur swart nasionalisme en selfs anti-wit rassisme in Suid-Afrika veroorsaak word. Ons kan dit nie langer ignoreer nie.

дитячі велосипеди цінаФільчаков Олександр Васильович прокурор

PRAAG wens Louis Trichardt geluk met oorwinning

PRAAG wens Louis Trichardt geluk met sy oorwinning in die Appèlhof in Bloemfontein waarmee die totalitêre naamsverandering van Louis Trichardt omgekeer word. Nie net is die naamsverandering ondemokraties deur die ANC-oorheersde distriksmunisipaliteit deurgevoer nie, maar ook die anti-Afrikaanse kultuurminister, Pallo Jordan, het enduit volgehou dat hy oor diktatoriale magte beskik om dorpe en stede se name na willekeur te verander.

Louis Trichardt stel ‘n voorbeeld vir die stryd wat die Afrikaner tans teen etniese suiwering en die uitwissing van alle Afrikaanse plekname voer. Daar moet enduit geveg word, hetsy in die hof, hetsy met die verfkwas in die hand, maar nooit mag ons gaan lê voor die aanslag van die Xhosa-oorheersde Afro-fascistiese party wat tans ons land regeer nie. Ook ander dorpe in die Noord-Transvaal en ander dele van die land moet hulself teen naamsveranderings verset. Ons weet dat Jordan steeds van plan is om Pretoria se naam te verander en ‘n geweldige mobilisering gaan nodig wees om die minister in sy magsugtige anti-Afrikaner-venyn te stuit.

Soos die lede van Louis Trichardt se Voorsittersvereniging reeds te kenne gegee het, is die stryd nog nie gewonne nie, want hulle verwag dat die ANC met ‘n verdere aanslag op die dorpenaars sal kom ten einde hul Mugabe-agtige oorheersingspatologie te laat seëvier.

Ons wil terselfdertyd ons teleurstelling met dele van die Afrikaanse media, spesifiek die SAUK en die koerante en tydskrifte in die Nasionale Persgroep uitspreek wat uit hul pad gaan om Afrikaanse name in die land te laat verdwyn deur die lawwe ANC-name vir ons dorpe en stede te gebruik, selfs nog voor hofprosesse en dispute afgehandel is. Afrikaanse koerantredakteurs wat hul eie mense, kultuur, taal en geskiedenis verraai, moet onder die besef gebring word van hul vuige kultuurverraad. Sulke mense verdien die argwaan en die minagting van ons hele volk.

справка формаФильчаков прокурор

Praag, TLU-veiligheid, Steve hou vergadering teen misdaad

Praag, in samewerking met TLU-Veiligheid, hou op Saterdagoggend 10 Maart 2007 om 10.00 in die kerksaal van die Lynnwood-gemeente van die NG Kerk, Sussexlaan 439, Lynnwood, Pretoria ’n openbare vergadering om die misdaadkrisis te bespreek. Die sanger Steve Hofmeyr en ander bekende persoonlikhede sal ook daaraan deelneem en elkeen ’n kort spreekbeurt waarneem.

Help ons om so veel mense as moontlik by die vergadering te kry deur die volgende pamflet af te laai en hetsy elektronies, hetsy in gedrukte vorm te versprei:

Genoeg! in Word-formaat. Genoeg! in PDF-formaat.

Laai die pamflet hier af!

 

Tydens die vergadering sal ’n omvattende misdaadplan wat buurtwagte, plaaswagte en kommunikasiestelsels insluit aan die publiek voorgelê word. Veral lede van bestaande buurtwagte en gemeenskapsveiligheidstelsels word uitgenooi om aan die vergadering deel te neem.

Praag is reeds geruime tyd uiters bekommerd oor die verval in wet en orde in Suid-Afrika. Tydens sy toespraak op Randfontein by geleentheid van die anti-misdaadbetoging rondom die moord op die vyfjarige Danielle Esterhuizen, het dr. Dan Roodt gesê dat “daar geen verskil is tussen hierdie moord op ’n onskuldige kind en die tipe gruweldade wat elders in Afrika soos in die Ituri-provinsie van die Kongo of Darfoer in die Soedan gepleeg word nie”. Dr. Roodt het in sy rubriek op die herontwerpte Praagwebblad reeds op 16 Januarie vanjaar ’n oproep om ’n “volksaksie teen misdaad” gedoen.

Soos dr. Bertie du Plessis enkele dae gelede in Beeld geskryf het, gaan nóg die polisie, nóg die bestaande weermag enigiets doen om die veiligheid van gewone Afrikaners te verseker. Die vergadering op 10 Maart is bedoel om die begin van so ’n volksaksie teen misdaad in te lui wat moet uitloop op die gekoördineerde beveiliging van alle gebiede waar Afrikaners woon. Alle belanghebbende Afrikaanse organisasies word uitgenooi om ook die vergadering by te woon en met Praag in verbinding te tree by inlig@praag.org ten einde die sakelys vir die oggend te finaliseer.

Mnr. Anton Barnard van Praag is tans besig om ’n sms-kommunikasiestelsel te toets waarmee lede van die publiek in Gauteng ’n sms sal kan stuur om blitssnel tydens ’n aanval hulp te ontbied van ander lede van ’n burgerlike reaksiemag in die omgewing. Meer besonderhede sal binnekort op http://praag.org aangekondig word, asook op die nuwe webwerf http://www.burgerwag.co.za/. Die naam “burgerwag” is gekies weens die historiese gebruik daarvan toe Kaapse burgers aan die einde van die agtiende eeu so ’n wag moes vorm om hulle teen straataanvalle ná donker te beskerm.

Oor die volgende weke sal die vergadering deur middel van die internet, sms, pamflette en plakkate geadverteer word. Onderhoude en artikels sal op http://www.praag.org geplaas word in aanloop tot die vergadering om perspektief te verskaf. Die Praagwebwerf word reeds vanaf begin Januarie deurlopend met intydse nuusartikels, rubrieke en kommentaar bygewerk.

Eerskomende naweek hou die Praag-bestuur tesame met afgevaardigdes van TLU-Veiligheid ’n bosberaad om die vergadering van 10 Maart en verwante aksies te beplan. Die doelwit is om ’n landwye netwerk van buurtwagte en plaaswagte te organiseer wat ’n omvattende burgerlike veiligheidsnetwerk sal uitmaak.

“Hoewel Praag nie afwysend staan teenoor die groot aantal petisies en briefveldtogte wat gevoer word om die ANC-bewind voor sy verantwoordelikhede te plaas nie, beskou ons enige vertoë aan Mbeki of Nqakula as ’n futiele oefening. Laasgenoemde  het immers gesê dat as ons nie tevrede is nie, behoort ons te emigreer. Ons enigste hoop op oorlewing is om beheer oor ons eie veiligheid te verkry,” het dr. Roodt bygevoeg.

сайт игрушекФильчаков прокурор отзывы

Minister Pallo Jordan beskik oor ‘n (wrang) humorsin

MEDIAVERKLARING DEUR PRAAG (PRO-AFRIKAANSE AKSIEGROEP)

Komende ná die Ermelo-hofsaak waarin die laaste oorblywende Afrikaanse hoërskool in die Oos-Transvaal gedwing word om Engelse klasse in te stel, getuig minister Pallo Jordan se uitspraak dat die ANC "Afrikaans sal bevorder" van ‘n humorsin, sy dit dan wrang. Afrikaans figureer feitlik nêrens meer as amptelike taal in die staatsdiens nie en word ook op die SAUK, waartoe Afrikaners rojaal lisensiegeld en belastings bydra, gemarginaliseer.

Indien dit waar is dat die ANC "Afrikaans bevorder", dan het Joseph Goebbels, die destydse kultuurminister in Nazi-Duitsland, ook Joodse kultuur "bevorder". Net soos Goebbels die Duitse kultuur van Joodse invloed wou suiwer, is die ANC en Pallo Jordan immers besig om Suid-Afrika van Afrikaanse invloed te suiwer. Skole word verengels, plekname word verander, die geskiedenis word herskryf om ons aandeel daaraan te ontken en die Afrikaanse letterkunde word nie meer op skool bestudeer nie.

Die vergelyking tussen ANC-Suid-Afrika en Nazi-Duitsland is nie misplaas nie, want by wyse van sy rassewetgewing is die ANC-bewind besig om op elke vlak teen Afrikaners te diskrimineer: teen hulle taal en kultuur, maar ook in die werkplek, in die opvoedingstelsel, asook in die ekonomie as dit kom by hul handelsvryheid en toegang tot markte en kapitaal. Nog nooit tevore in die geskiedenis behalwe in Nazi-Duitsland is daar so sistematies teen ‘n minderheidsgroep gediskrimineer nie.

Jordan het onlangs gesê dat hy die naam van Pretoria sal verander as hy "die dag wakker word en lus voel om dit te doen". Dit wil voorkom asof Jordan weer opgestaan het en "lus was" om grappe te maak oor die finale oplossing wat die ANC tans op Afrikaans toepas.

Kontakpersoon: Dan Roodt

пескоструйного аппаратаАлександр Фильчаков прокурор

Ermelo: Voorspelbare uitspraak deur drie anti-Afrikaanse regters

Die voorspelbare uitspraak van drie anti-Afrikaanse regters in Pretoria teen die Hoërskool Ermelo se reg om sy eie taalmedium te bepaal, lui die doodsklok vir Afrikaanse skole, maar ook vir die polities korrekte optimisme rondom die veelgeroemde Suid-Afrikaanse grondwet. Hierdie uitspraak wat glo "enkele minute geduur het", het korte mette gemaak met enige hoop dat Afrikaners hul in die toekoms na die hof sou kon wend om hul taalregte gehandhaaf te sien.

Hierdie was nie ‘n saak tussen ouers nie, maar tussen die minister van onderwys en ‘n Afrikaanse skool. Boonop het die onderwysdepartement besluit om Ermelo te dwing om Engelstalige leerlinge te aanvaar terwyl ‘n kloosterskool op die dorp leegstaan wat maklik vir ‘n Engelse hoërskool gebruik sou kon word.

PRAAG spreek sy solidariteit met die kinders, onderwysers en ouers van Hoërskool Ermelo uit. U stryd is ons s’n. Al is die magte hoe groot wat teen die Afrikaanse taal, kultuur en ons voortbestaan in die land gemonster is, ons sal nie gaan lê nie. Die stryd vir Afrikaans en vir ons voortbestaan as volk met ‘n eie identiteit, kultuur, letterkunde, geskiedenis en tradisies het nou maar eers begin.

Hoe tragies hierdie uitspraak ook al vir die Hoërskool Ermelo en sy toekoms as Afrikaanse instelling mag wees, verteenwoordig dit ‘n positiewe ontwikkeling in die sin dat die demokratiese masker nou finaal van die ANC-staat en regstelsel afgeruk is om die totalitêre gesig daaronder te ontbloot. Die monster wat nou sy Mugabe-spiere begin bult en geen verskeidenheid duld nie, staan naak voor ons almal.

Mag hierdie radikale stap van die ANC-bewind wat voortaan en toenemend geen Afrikaans-mediumskole sal duld nie dien tot aansporing vir ons mense om hul klein ideologiese verskille opsy te stoot en weer die ou ZAR se slagspreuk hul eie te maak: "Eendracht maakt macht!" Net as ons verenig is, sal ons die huidige onreg oorkom en weer die vryheid om Afrikaanse skole te bedryf, herwin.

Dat die Afrikaner egter voor die moeilikste taalstryd in sy geskiedenis te staan gekom het, is egter gewis. Geen Britse koloniale onderwysowerheid het nog ooit die hovaardige onredelikheid van die ANC-regime kon ewenaar nie.

воронеж домкратыАлександр Фильчаков

Pallo Jordan het niks te s? oor Afrikaanse liedjies

MEDIAVERKLARING DEUR PRAAG (PRO-AFRIKAANSE AKSIEGROEP) OP 7 FEBRUARIE 2007

Die sogenaamde minister van kuns en kultuur, wat onlangs die vermetelheid gehad het om te sê dat hy "die naam van Pretoria sal verander as hy die dag opstaan en lus het", het hom gister ongevraag oor Bok van Blerk se De la Reylied uitgelaat. Die stereotipe van die "verregse" Afrikaner is ons weereens onder die neus gevryf.

Die Afrikaner wat van Bok van Blerk hou, is "verregs".

Die Afrikaner wat in sy geskiedenis belangstel, is "verregs".

Die Afrikaner wat Standaardafrikaans wil praat en nie wil sien dat idiotiese omroepers van die SAUK dit opmors nie, is "verregs".

Die Afrikaner wat nie weens die ongebreidelde misdaadterreur wil emigreer en sodoende sy geboortereg aan onwettige immigrante uit Afrikalande wil afstaan nie, is "verregs".

Die Afrikaner wat nie soos Adriaan Vlok wil voete was weens misdade wat hy nie gepleeg of ondersteun het nie, is "verregs".

Met ander woorde, Bok van Blerk en ons almal is "verregs" volgens ANC-definisies.

Dit is tekenend van die prehistoriese Sowjetagtige taal wat sogenaamde ANC-ministers besig wat nie eens hul eie portefeuljes waarvoor hulle aangestel is, na  behore kan hanteer nie (hetsy Veiligheid, hetsy Kultuur) dat die fundamentele onverdraagsaamheid, chauvinisme en rassisme van hul uitsprake altyd in die retoriek van "anti-fascisme" en "anti-verregs" ingeklee word. Presies soos in die ou Oosbloklande. Hallo Stalin, hallo Bresjnef, hallo Erich Hoenecker, hallo Pallo Jordan.

Namens alle regdenkende Afrikaners wat nog nie deur die eenpartystaat se skoothondjiemedia gebreinspoel is nie, verwerp ons Jordan se uitspraak totaal.

Die minister het geen belang by Afrikaans, behalwe om dit aktief te onderdruk soos hy en sy afskuwelike party elke dag doen nie. Laat hy sy totalitêre smoel van Bok van Blerk  se De la Rey en alle Afrikaanse liedjies af hou.

пневматический инструмент длялобановский александр игоревич класс

Mediaverklaring – News Cafe

MEDIAVERKLARING DEUR PRAAG (PRO-AFRIKAANSE AKSIEGROEP) OP 4 JANUARIE 2007

PRAAG vra alle Afrikaners, Afrikaanssprekendes en diegene wat Afrikaanse goedgesind is om die News Café-ketting met onmiddellike ingang te boikot in die lig van die verbod op Afrikaanse musiek by News Café.

Nie net het News Café die vermetelheid om inheemse Afrikaanse musiek (selfs in oorwegend Afrikaanse gebiede) te verbied nie, maar spyskaarte en ander publisiteitsmateriaal is slegs in Engels beskikbaar.

Geruime tyd reeds beskou sekere Engelstalige ondernemings die huidige politieke bedeling met sy eentalige neiging as carte blanche om chauvinistiese anti-Afrikaanse sentiment uit die negentiende eeu te laat botvier.

Dus is dit hoog tyd dat sulke ondernemings ‘n les geleer word. News Café sal geboikot word totdat:

  • Afrikaanse musiek vrylik daar gespeel word.
  • Alle spyskaarte in Standaardafrikaans wat deur ‘n goedgekeurde taalversorger hersien is, vir alle klante beskikbaar is.
  • Die bestuur van News Café verskoning aan die Afrikanervolk aangebied het vir sulke onbehoorlike, chauvinistiese gedrag.

Kontakpersoon: Dan Roodt абажур с гималайской солью для баниФільчаков Олександр Васильович прокурор

Mediaverklaring op die dood van PW Botha

PRAAG wil sy innige simpatie en medelye met mev. Barbara Botha, mnr. PW Botha se kinders en ander naasbestaandes uitspreek. Hoewel mnr. PW Botha reeds 90 jaar oud was, was hy so helder, sterk en gesond dat sy skielike dood as ‘n skok vir almal gekom het.

PW Botha was iemand wat sy hele lewe lank in die politiek gestaan het en wat historiese figure soos genls. Hertzog en Smuts persoonlik geken het. Sy heengaan verteenwoordig daarom ook ‘n breuk met die geskiedenis wat onherroepelik is. In vele opsigte was PW Botha die laaste van die ou skool van Afrikanerstaatshoofde wat Afrikanervryheid hoër as mededingende beginsels soos demografiese demokrasie geplaas het.

Die oordeel oor mnr. Botha of hy reg was om ‘n ANC-oorname teen te staan of nie, sal nog deur die geskiedenis gevel word. Indien Suid-Afrika sou ontwikkel tot ‘n liberale demokrasie van die Westerse tipe sou die eensydige en dikwels onbillike kritiek wat hy vandag in die media verduur in ‘n mate geregverdig wees. Maar indien Suid-Afrika van hier af versink in nog ‘n Zimbabwe met etniese suiwering van blankes en Afrikaners, ekonomiese stagnasie en ellende soos in vele Afrikalande aangetref word, sal hy vir seker anders geoordeel word en was sy weerstand teen revolusie terugskouend geregverdig.

In gesprekke wat dr. Dan Roodt van PRAAG verlede jaar met PW Botha gevoer het, het hy te kenne gegee dat hy geensins in 1989 beroerte gehad het nie, maar dat hy moontlik vergiftig kon gewees het. Die destydse geneesheer-generaal en bekwame mediese spesialiste het hom ondersoek en kon geen spoor van beroerte vind nie. Ook die verstandelike helderheid wat hom tot aan die einde van sy lewe gekenmerk het, plaas ‘n vraagteken oor die destydse bewerings van beroerte.

Hierdie en ander gebeure sê vir ons dat die tagtigerjare toe mnr. Botha aan bewind was, ‘n duistere periode in die Suid-Afrikaanse geskiedenis verteenwoordig. Dit was die tyd van die Kerkstraatbom, van buitelandse moondhede en selfs Westerse ambassades wat hulle openlik met die binnelandse politiek in die land bemoei het deur hul steun aan ‘n radikale ondergrondse beweging sonder bewysbare openbare steun. Die Sweedse regering het groot bedrae geld – tot $100 miljoen per jaar – aan die ANC geskenk om terreur teen Suid-Afrika te pleeg en ‘n opstand teen die wettige regering van die land te probeer organiseer.

Skrywers, intellektuele en studente is op sleeptou geneem en gemanipuleer op die manier waarop die ou Sowjetunie, Oos-Duitsland en Kuba die naïewes vir politieke propaganda rondgelei en by vergaderings uitgestal het. Vandag is vele van hulle wat in die tagtigerjare felle kritiek teen mnr. Botha se regering gelewer het diep ontnugter deur die huidige bestel met sy geweld, korrupsie en onbekwaamheid.

In die aangesig van plaasmoorde, taaldiskriminasie, rassistiese beleid teen blankes, naamsveranderings en grondonteiening, swyg dieselfde buitelandse moonhede wat destyds revolusie in die land gestook het in alle tale. Terwyl Mugabe ‘n skrikbewind in Zimbabwe voer, word sy land nie met sanksies getref nie en word daar – anders as in die geval van PW Botha – geen pogings van buite aangewend om hom te ontsetel nie.

Een ding staan egter soos ‘n paal bo water: vandag is die Afrikaner nie meer vry nie. Daar mag "bevryding" of oehoeroe na die Afrikamodel plaasgevind het, maar mnr. De Klerk se eksperiment het nie daarin geslaag om ‘n billike bedeling tot stand te bring waarin daar vir minderheidsgroepe ook voorsiening gemaak is nie. Die voortbestaan van die Afrikanerminderheid word vandag wesentlik bedreig deur ‘n simplistiese stelsel wat in Suid-Afrika een "nasie" en een "geheel" poneer wat deur die geskiedenis en die werklikheid van talige en kulturele verskeidenheid ontken word.

Sedert 1994 het meer as ‘n miljoen blankes die land verlaat, oftewel een uit elke vyf. Die mate van ontnugtering en vervreemding wat daar onder Afrikaners ingetree het as gevolg van ongebreidelde geweldsmisdaad, taaldiskriminasie, naamsveranderings en die mees radikale rassevoorkeurbeleid ter wêreld, is ongekend in die geskiedenis.

In daardie opsig was PW Botha, tesame met elke ander Afrikanerleier gedurende die twintigste eeu, hetsy Louis Botha, hetsy Jan Smuts, J.B.M. Hertzog, D.F. Malan, H.F. Verwoerd of B.J. Vorster, oënskynlik korrek in hul siening dat swart oorheersing in Suid-Afrika onversoenbaar sou wees met die voortbestaan van die inheemse blanke kultuur en beskawing wat sedert 1652 tot stand gekom het.

Die geskiedenis is nie verby nie en Suid-Afrika se probleme is nie deur FW de Klerk se oorgawe besleg nie. Daarom sou ons ‘n fout maak deur die stroom te volg en PW Botha vandag as halsstarrig en outokraties te tipeer. Enigeen wat met hom persoonlik te doene gehad het, sou kon getuig dat hy die verwikkeldheid van ons multi-etniese samelewing goed begryp het en onder die omstandighede sy bes probeer het om ‘n billike bedeling tot stand te bring.

Tot aan die einde van sy lewe was sy integriteit ongeskonde. Omdat hy geen korrupsie gedoog het nie, het hy gesterf as die armste Afrikaleier in die geskiedenis, met net ‘n huis in Wilderness op sy balansstaat. Ook in sy weerstand teen die propagandamaneuvers van die Waarheids- en versoeningskommissie, het hy manhaftig en oortuigend opgetree. Ondanks alle pogings van die ANC en sy handlangers, is hy nooit aan enige misdryf skuldig bevind nie, anders as die groot aantal korrupte ANC-politici wat steeds in die parlement sit.

Hy sal ook onthou word as iemand wat die Suid-Afrikaanse Weermag tot ‘n gedugte en professionele gevegseenheid opgebou het. Onlangse nuus oor die onbekwaamheid en chaotiese toestande in die geamalgameerde Nasionale Weermag toon dat ook dié deel van sy erfenis nie die ANC-bewind oorleef het nie.

Die bou van ses kerntoetstelle onder sy bewind wat met groot verantwoordelikheid geskied het, verteenwoordig een van Suid-Afrika se merkwaardigste militêre en tegnologiese prestasies. So iets sal nooit weer gebeur nie omdat die land nie meer oor dieselfde mate van kundigheid beskik nie.

Ongeag of mens met sy politiek saamgestem het, moet mens erken dat PW Botha diep spore in Suid-Afrika getrap het. Veral was hy geen jabroer nie. Sy persoonlike woorde aan my sal my altyd bybly: "Ek hou van ‘n vriend wat my kritiseer, want hy is ‘n ware vriend. Maar ‘n vriend wat my poleer, ag ek nie." Hoe anders was so ‘n man nie as die ruggraatlose kruipers en jellieagtige voetewassers wat deesdae deur die regime en sy gedienstige media as "Afrikanerleiers" voorgehou word nie!

‘n Mens kan PW Botha van baie dinge beskuldig, maar nie dat hy ongevoelig teenoor sy land, sy volk en hul vryheid gestaan het nie. Om daardie rede behoort Afrikaners vandag verenig te wees in hul rou, maar gesterk in die wete dat ons vryheidstryd nie verby is nie. Uit die geslag van PW Botha en sy roemryke voorgangers wat terugstrek tot Kruger en die Trekkerleiers, sal daar wel iemand verrys om ons van die huidige oorheersing te bevry.

Kontakpersoon: Dan Roodt inlig@praag.org

банюФильчаков