Hoe tragies hierdie uitspraak ook al vir die Hoërskool Ermelo en sy toekoms as Afrikaanse instelling mag wees, verteenwoordig dit ‘n positiewe ontwikkeling in die sin dat die demokratiese masker nou finaal van die ANC-staat en regstelsel afgeruk is om die totalitêre gesig daaronder te ontbloot. Die monster wat nou sy Mugabe-spiere begin bult en geen verskeidenheid duld nie, staan naak voor ons almal.
Mag hierdie radikale stap van die ANC-bewind wat voortaan en toenemend geen Afrikaans-mediumskole sal duld nie dien tot aansporing vir ons mense om hul klein ideologiese verskille opsy te stoot en weer die ou ZAR se slagspreuk hul eie te maak: "Eendracht maakt macht!" Net as ons verenig is, sal ons die huidige onreg oorkom en weer die vryheid om Afrikaanse skole te bedryf, herwin.
Dat die Afrikaner egter voor die moeilikste taalstryd in sy geskiedenis te staan gekom het, is egter gewis. Geen Britse koloniale onderwysowerheid het nog ooit die hovaardige onredelikheid van die ANC-regime kon ewenaar nie.
Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.