praag.co.za

Guinee in ‘n gemors

Written by

in

Lansana Conté, president van Guinee, het Maandagaand ’n noodtoestand in sy land afgekondig. Meer as ’n honderd mense is al sedert die begin van Januarie dood in gevegte tussen betogers en soldate.

Conté is tans 72 jaar oud en vir die afgelope 23 jaar reeds aan bewind ná ’n militêre staatsgreep in 1984. Hy het die weermag beveel om “alle nodige stappe te doen” om ’n burgeroorlog te verhoed.  Die opposisie (bestaande uit veertien politieke partye) het verlede week ’n staking uitgeroep om teen die aanstelling van Eugene Camara as die nuwe eerste minister te protesteer (hy is een van Conté se vertrouelinge). Die geweld in die strate het egter hand uitgeruk en jeugdiges met kapmesse het begin om winkels te plunder en ampswonings van politici aan te val. “Ons is honger, ons is honger, ons soek verandering,  hy (Conté) moet waai!” het hulle geskreeu.

Hierdie arm Wes-Afrikaland het 9.4 miljoen inwoners. Op 12 Februarie is agtien mense in onluste dood. Op dieselfde dag het die eerste onmin in die weermag, op wie Conté soveel staatmaak, kop uitgesteek. Van die jonger soldate is ontevrede oor die onlangse aankoms van gewapende soldate uit Liberië en die feit dat hulle nie onlangs bevorder is soos verwag nie. Air France en ander lugrederye het intussen hulle vlugte na Conakry opgeskort. Soldate van die presidensiële wag het gister die kantore van ’n privaat radiostasie, wat krities teen die regering staan, verwoes. Ander radiostasies het anonieme dreigemente ontvang.

Tot dusver is Guinee die geweld gespaar wat sy buurlande (Ivoorkus, Liberië en Sierra-Leone) getref het. Die land beskik oor twee derdes van die wêreld se bouksiet, maar net ’n klein groepie, na aan die president, trek hieruit voordeel. In 2006 het inflasie die prys van die land se stapelvoedsel, ’n sak rys, laat styg tot twee maal die gemiddelde salaris van ‘n Guinese amptenaar.

thunderstruck full movie online freeлобановский обыск

Comments

Leave a Reply