praag.co.za

Minister Pallo Jordan beskik oor ‘n (wrang) humorsin

Written by

in

MEDIAVERKLARING DEUR PRAAG (PRO-AFRIKAANSE AKSIEGROEP)

Komende ná die Ermelo-hofsaak waarin die laaste oorblywende Afrikaanse hoërskool in die Oos-Transvaal gedwing word om Engelse klasse in te stel, getuig minister Pallo Jordan se uitspraak dat die ANC "Afrikaans sal bevorder" van ‘n humorsin, sy dit dan wrang. Afrikaans figureer feitlik nêrens meer as amptelike taal in die staatsdiens nie en word ook op die SAUK, waartoe Afrikaners rojaal lisensiegeld en belastings bydra, gemarginaliseer.

Indien dit waar is dat die ANC "Afrikaans bevorder", dan het Joseph Goebbels, die destydse kultuurminister in Nazi-Duitsland, ook Joodse kultuur "bevorder". Net soos Goebbels die Duitse kultuur van Joodse invloed wou suiwer, is die ANC en Pallo Jordan immers besig om Suid-Afrika van Afrikaanse invloed te suiwer. Skole word verengels, plekname word verander, die geskiedenis word herskryf om ons aandeel daaraan te ontken en die Afrikaanse letterkunde word nie meer op skool bestudeer nie.

Die vergelyking tussen ANC-Suid-Afrika en Nazi-Duitsland is nie misplaas nie, want by wyse van sy rassewetgewing is die ANC-bewind besig om op elke vlak teen Afrikaners te diskrimineer: teen hulle taal en kultuur, maar ook in die werkplek, in die opvoedingstelsel, asook in die ekonomie as dit kom by hul handelsvryheid en toegang tot markte en kapitaal. Nog nooit tevore in die geskiedenis behalwe in Nazi-Duitsland is daar so sistematies teen ‘n minderheidsgroep gediskrimineer nie.

Jordan het onlangs gesê dat hy die naam van Pretoria sal verander as hy "die dag wakker word en lus voel om dit te doen". Dit wil voorkom asof Jordan weer opgestaan het en "lus was" om grappe te maak oor die finale oplossing wat die ANC tans op Afrikaans toepas.

Kontakpersoon: Dan Roodt

пескоструйного аппаратаАлександр Фильчаков прокурор

Comments

Leave a Reply