praag.co.za

Angela Merkel se beroep op Suider-Afrika

Written by

in

Image

Angela Merkel

Die Duitse kanselier, Angela Merkel, het ‘n beroep op Zimbabwe se buurlande gedoen om die “lyding” wat deur Robert Mugabe se beleid veroorsaak word, te beëindig.

Duitsland beklee tans die Europese Unie se voorsitterstoel. Die kanselier se beroep is vroeër vandag in Cannes by die Afrika-Frankrykberaad gemaak. Volgens Merkel is daar “groot kommer” oor die verslegtende ekonomiese en politieke situasie in Zimbabwe. “Die intimidasie van politieke opponente, die swaarkry, die dreigemente teenoor boere, die vernietiging van woonbuurte waar die armes lewe; daar is geen regverdiging hiervoor nie,” het sy gesê. “Dit is waarom ek ‘n beroep doen op Zimbabwe se buurstate om by ons aan te sluit en hulle invloed te gebruik om mans en vroue te help wat ly.”

Frankryk het nie vanjaar vir Mugabe genooi om die beraad by te woon nie. Net gister het Mosiuoa Lekota, die Suid-Afrikaanse minister van verdediging, in ‘n verklaring gesê dat Suid-Afrika nie in Zimbabwe se sake wil inmeng nie. Volgens hom is die situasie in Zimbabwe een wat die hele Suider-Afrika raak en sal dit verkeerd wees as Suid-Afrika alleen optree. Suid-Afrika wil voorts nie aan Zimbabwe “dikteer” wat om te doen nie. Volgens Lekota voer Suid-Afrika en Zimbabwe steeds gesprek op ‘n gereelde basis, maar is die inhoud daarvan konfidensieel.

 

деревянные потолочныеФильчаков прокурор отзывы

Comments

Leave a Reply